Join the most popular community of South African swingers now
Login

Op pad na ‘n swieng-ervaring – deel 1

8
2 Comments 2
3.1k Views 3.1k
4.6k words 4.6k words
Dis amper ‘n jaar lank dat Marie voel sy wil aan haar man Pieter voorstel het dat hulle swieng moet probeer. Hulle 17 jaar van getroude lewe het haar by ‘n punt gebring waar sy voel hulle het ‘n verandering in hul sekslewe nodig. Alhoewel hul huwelik, soos die meeste huwelike, maar sy ops en afs gehad het, kan sy nie sê daar is regtig iets mee verkeerd nie. Ook met hul sekslewe skort daar nie veel nie; dis deesdae net so rasend eentonig. Dis nie asof hulle onkundig of onwillig is om verskillende seksposisies te gebruik nie. Sy en Pieter is nog jonk genoeg om in omtrent al die posisies in die huwelikshandleiding wat sy kort voor hul troue gekoop het, te verkeer. Alhoewel sy gewoonlik die leiding moet neem met afwisseling van posisie – en sy het ook al ‘n paar uitgedink wat nie in die boek is nie – is dit nooit asof Pieter nie wil saamspeel nie. Net verlede week nog het sy hom gekry om met haar omgang in ‘n nuwe variasie van die omgedraaidecowgirl-posisie te probeer. En hy was na die tyd tog so komplimenterend. Terwyl sy besig was om deur sy blonde krulhare te veeg, daar waar hy regs van haar in die bed gelê het, het hy met die agterkant van sy hand oor haar wang gestryk. Hy het haar vertel hoe wonderlik avontuurlik sy is en hoe lief hy haar het. Sy helder blou oë het gestraal toe hy sielvol in hare gekyk het en sy regterhand hoog teen haar bobeen laat opgly het. Die rand van sy hand het teen haar gebruikte koekie tot rus kom terwyl hy sê: “Ons het lanklaas so lekker gekafoefel.” “Ja, danksy ‘n vaardige man,” het sy hom terug gekomplimenteer terwyl sy haar regterhand liefderik op sy sy effens taaierige slap penis sit. Sy sou eintlik wou byvoeg “en wat so lekker kan naai,” maar sy weerhou haar van wat sommige sê vuil taal is. Dis ook een van hul probleme: sy wens hy wil ‘n bietjie meer eksplisiet praat; sy sal dit met graagte doen, maar is huiwerig - weet nie hoe hy gaan reageer nie. Wat is nou kamtig in ‘n huwelik verkeerd met meer eksplisiete woorde as kafoefel, woeps, vagina en penis? Daar is mos goeie ou boerewoorde in dit kan mos die verveling breek as jy hulle gebruik, het sy op daai oomblik gedink. Maar Pieter is tog so preuts. En dis haar skuld ook; hoekom praat sy nie met hom daaroor of begin die woorde sommer gebruik nie? Daar is baie ander dinge wat haar lewe – dalk Pieter s’n ook – eentonig en saai maak dink sy, terwyl sy hier by haar naaimasjien sit en die kinders se klere heelmaak. Dis die verveling met die dodelike reëlmaat van hul lewe: die elke dag se werk toe gaan, gevolg deur een of twee sekssessies per week na werk en dan Sondagaand die week dalk met nog een afsluit. Dis ook asof hulle nie openlik met mekaar oor hul begeertes kommunikeer nie. Sy is seker Pieter het al vroue teëgekom wat hy graag sal wil plattrek. Nie dat sy wil hê hy moet dit doen nie, maar hy kan ten minste sy begeertes met haar deel. En sy is ook skuldig: Net die ander dag het sy ‘n man by die supermark gesien met wie sy in die bed sou kon klim. Sy het egter nie die moed gehad om Pieter daarvan te vertel nie. Verder, dis asof hul seksbeoefening te geslote is, hulle deel niks daarvan met iemand anders nie. Dis die frustrasie om al jou genotservarings vir jouself te moet hou. Dit, terwyl veral sy, maar Pieter ook, betreklik sosiaal van geaardheid is. Maar dis asof seks ‘n taboe onderwerp tussen hulle en hul vriende is. Die kere wat sy met haar beste vriendin gedagtes wou ruil oor hul slaapkamer-ervarings – net wou hoor of sy en haar man ook dinge soos sy en Pieter ervaar – het sy maar ‘n koue skouer gekry. Ek en Pieter het iets nodig om ons sekslewe op te kikker, dink sy toe sy die naaimasjien se klap toemaak en kombuis toe stap om die kinders se toebroodjies te gaan maak. Die volgende Saterdag, toe Pieter gaan gholf speel het, besluit Marie om bietjie op die internet te gaan. Sy tik woorde in soos huweliksgeluk, seksuele verligtheid, seksuele vryheid en seksuele verkeer. Wat is haar verbasing groot toe sy op ‘n webwerf afkom waar sogenaamde swiengers hul ervarings met mekaar deel. Hoe meer sy lees, hoe interessanter lyk swieng vir haar. Want hier het jy mense in huwelike wat openlik met mekaar praat oor hul seksuele behoeftes, wat fantasieë het en, wat meer is, wat hul fantasieë uitleef. Meer nog, hulle betrek ander huwelikspare by hul fantasieë – ja hulle ruil hul huweliksmaats vir seks! Sy het die kere wat sy terloops oor swieng in ‘n tydskrif gelees het, dit afgemaak as onkuis en ‘n soort pornografie – en nie vir beskaafde mense nie. Maar hier kry sy nou ‘n ander perspektief op die saak. Veral die feit dat die man en vrou van die een swiengpaar wat daar skryf alles saam doen – van die verkeer met ander pare tot die bespreking daaroor agterna – lyk vir haar amper te goed om waar te wees. In die dae wat volg besoek sy nog ander webwerwe met swieng as tema. Sy doen dit sonder om Pieter daarvan te sê, wat haar op ‘n manier weer laat skuldig voel. Maar sy maak ‘n wilsbesluit. Met ‘n arsenaal van kennis oor die onderwerp, besluit sy sy gaan eerskomende naweek met Pieter oor die ding praat. Dis Saterdag. Hulle het laterig wakker geword. Marie lê links van Pieter in die bed, haar normale posisie. Sy het gereël dat die kinders vir die naweek by maats is. “Ja,” sê hy, nadat sy hom ‘n kort inleiding oor die onderwerp van swieng gegee het, “ons weet mos daar is mense wat nie kuis lewe nie, wat daarvan?” Sy trek haar skootrekenaar nader en wys hom van die kommentaar van swiengers en ook sommige huweliksberaders. Die menings is volop dat swieng die huwelik meer interessant en heg maak, dat dit verhoed dat een of meer lede van die huwelikspaar rondloop en dit in die algemeen jou meer openlik teenoor jou huweliksmaat maak. Maar, waarsku sy ook vir Pieter op grond van die advies: swiengery is nie vir die regmaak van ‘n erg stukkende huwelik nie. “Kyk hier wat skryf hierdie vrou,” wys sy hom op ‘n stukkie teks op die skerm: “Ons lekkerste spyker is gewoonlik wanneer ons van ‘n swiengerpartytjie af tuiskom. Want dan besef ons hoe spesiaal is ons verhouding.” Pieter kyk haar vinnig met ‘n “Hmmf” aan en staan op en gaan kombuis toe. O hel, dink sy, nou is ek in die moeilikheid! Sy maak haar oë toe. “En nou, het jy nou die laptop afgesit?” hoor sy hom sê. Hy staan met die skinkbord en twee bekers koffie langs die bed. Sy weet nie of sy haar verbeel nie, maar die knop voor in sy bokserbroek lyk effens groter as met sy normale, slap penis. “Ja ek het,” antwoord Marie, ”ek was sommer laf – vergeet dit.” Hy gee haar koffie aan en sit syne op die bedkassie neer en klim weer in die bed langs haar. “Ek sal graag meer wil weet van swieng,” verbaas hy haar skielik. “En dan wil ek sommer ook bietjie na die foto’s op daai werf met die galery kyk.” A, dis vir haar ‘n goeie teken! Sy weet hy het gesien dis nogal eksplisiete foto’s. Half ongelowig en met ‘n gewaarwording soos dié van ‘n skuldige, stout kind skakel sy die rekenaar aan. Terwyl sy Pieter tersluiks dophou, blaai sy skerm vir skerm deur die baie swiengerskommentare op die swiengerblogs. Sy wys hom ook werwe net vir kennismaak, waar pare hul profiele registreer en waar geïnteresseerde pare met hulle in kontak kan kom. Daar is ook ‘n werf of drie van swiengerklubs met venues waar mense vir swieng-aande byeenkom. Pieter is nogal beïndruk met die reëls en riglyne vir bywoning van ‘n paar van die klubs: “Hmmm, nogal baie etiket betrokke by swiengery, lyk dit my. Dit lyk na ‘n heel beskaafde aktiwiteit,” kom dit positief van Pieter. Marie laat nie na om Pieter ‘n hele aantal foto’s van kaal, swiengende ruilpare te wys nie. Sy wens sy weet of dit hom aanjaag, maar is nog te skaam oor haar voorbarigheid – wil nie onder die kombers voel of hom vra nie. Na so ‘n halfuur van surf maak Pieter die rekenaar se klap toe, sit dit op die vloer neer en draai na Marie. Sy slaak ‘n sug van verligting toe sy regterhand vinnig op haar regterbors te lande kom. ‘n Rukkie later, nadat hy ook haar linkerbors soenend liefkoos het, is sy regterhand in haar klam mikkie. Terwyl hy sy hand oor haar buitelippe, wat teen hierdie tyd erg opgeswel is, skulp, vertel hy hoe hy dit waardeer dat sy eerlik met hom was – hom van swiengery vertel het. “En,” voeg hy by: “Jy het dit nie vir my weggesteek dat jy daarin belangstel nie.” Marie se hart gaan amper staan toe, terwyl sy vinger die natheid in haar spleet opsoek, dit heel plegtig van hom kom: “Dis dalk iets wat ons moet probeer.” Die koppeling wat ‘n paar minute later volg is van die vurigste wat hulle in ‘n lang tyd gehad het. Vir Marie voel dit asof die byna gelyktydige orgasme-uitkreting aan die einde van die koppelsessie die wegspring in hul swiengreis aankondig. Maar, in die dae wat volg besef Marie dit gaan nie ‘n maklike proses wees nie. Dis hiernatoe en daarnatoe – hulle kan net nie besluit hoe, waar en wanneer nie. En daar is ook die twyfel of hulle hul hoegenaamd aan swieng moet blootstel en indien wel, op watter voorwaardes. Die vrae is velerlei: Watter reëls moet jy vir jouself in plek sit? Hoe ontmoet jy iemand waarvan jy hou? Hoe ver gaan jy op jou eerste afspraak met hulle? Sulke vrae vermeerder by die dag. Dis omtrent drie weke later wat Marie en Pieter vir Deon en Adri op ‘n swiengerskontak-webwerf raakteks. Dis nadat Pieter en Marie hul profiel geplaas het: Hy: 39 jaar, 1.85m, blonde hare, blou oë, 85kg; Sy: 37 jaar, 1.75m, kort ligbruin hare, fynbesnaarde gesig met skerp neus en ligbruin oë, 69kg. Volgens Deon en Adri se profiel was die twee lengte- en massagewys nie veel verskillend van hulle nie. Net ‘n bietjie ouer, in hul vroeë veertigs. Na amper twee weke se heen en weer teksery besluit Pieter en Marie om dié twee by ‘n koffiewinkel te ontmoet. Dis ongeveer drie-uur Saterdagmiddag toe Marie en Pieter afsit na die koffiewinkel. Sy het haar kortste geblomde perskekleurige somersrokkie en haar kleinste swart pêntietjie – darem nie ‘n deurtrekkertjie nie – aan. Die pêntie was Pieter se keuse. “Jy moet jou darem behoorlik vir die geleentheid klee,” het hy gesê. Self het hy ‘n geel bont hemp, wat hy gedurende die week spesiaal gaan koop het, en noupassende jeans aan. Marie het ‘n half benouende gevoel toe hulle die winkelsentrum nader. “Hoor hier, my man, is ons nie ‘n bietjie gek om te doen wat ons nou doen nie?” Haar hand klem om Pieter se voorarm. “Ek het gisteraand ook ‘n bietjie getwyfel, maar wou jou nie teleurstel nie. Vanoggend het ek besluit ons moet deurdruk. So hier is ons nou,” en hy swaai die neus van die kar by die parkeerterrein in terwyl hy haar ‘n gerusstellende drukkie aan haar kaal bobeen bokant die knie gee. Marie voel verlig; dis asof Pieter die leiding begin neem het . Sy’s nie meer alleen verantwoordelik vir hul stoutigheid – ja hul onbesonnenheid – nie. Marie se hart bons toe hulle die koffiewinkel binnestap. Sy het Pieter se hand styf vas. Haar oë soek vir die man met die blou gestreepte hemp en die vrou met die wit bloes en groen broek. Haar gesig helder op toe sy Deon en Adri by ‘n hoektafel sien staan en waai. Marie steek haar hand uit om vir Adri te groet toe hul aangestap kom. Deon staan nader en kyk haar met deurdringende ligbruin oë aan terwyl sy hom ook met die hand groet. Sy sien uit die hoek van haar oog hoe Adri vir Pieter trompop loop. Hy steek ook sy hand uit, maar Marie kry die indruk dat sy hom eerder met ‘n soen sou wou groet. Marie is beindruk met Deon en Adri se voorkoms en sy weet Pieter ook. Adri het die mooiste blou oë en haar lang swart hare hang deels oor die voorkant van haar wit bloes. Dis een wat effens deurskyn. Dis van die laehals-tipe en daarby is die boonste knoop los. ‘n Mollige, diep klowasie pryk tussen haar stewige borste. Adri se tepels maak sexy puntjies. Dit lyk of sy ‘n swart bra aan het, wat Marie dink D-grootte kan wees en wat die groterige tiete onderlangs ondersteun. Hmmm, die swart pas by my pêntie, dink Marie stout. Sy loer na Pieter en dis vir haar duidelik dat hy beïndruk is met die klowasie. Deon sprankel met sy gestreepte ligblou hemp. Dit pas by sy skoongeskeerde gesig en kort geskeerde ligbruin hare wat amper nie ‘n kam nodig het nie. Hy het die sexyste kuifie. Die borshare wat by die oopgeknoopte deel van sy hemp uitpeul, tesame met die wete dat Deon vreemde vrouehande toelaat om oor daai hare te streel, gee Marie ‘n tinteling op ‘n plek waar sy dit nie verwag het nie. Deon se ligbruin oë pas by sy hare, dink Marie. Hulle is aangenaam verras deur Deon en Adri se sprankelende geaardheid. Die twee is ook baie liefies met mekaar en kyk kort-kort glimlaggend vir mekaar terwyl hulle die meeste van die tyd handjies vashou. Dat hulle soos twee duifies koer het haar, en sy dink Pieter ook, sommer dadelik beter laat voel. Dis gerusstellend dat swieng darem nie noodwendig jou huwelik opfoeter nie, dink sy. Die geselsery vlot vanuit die staanspoor. Na die uitruil van gemoedelikhede oor die weer, die kinders wat by vriende afgelaai moes word, ens., gaan die gesprek in die rigting van die gesamentlike belangstelling. Gelukkig is dit stil in die koffiewinkel; niemand sit naby wat kan hoor nie. Adri praat land en sand. Sy vertel dat hulle al twee jaar lank swieng. Behalwe ‘n paar pare met wie hulle gereeld verkeer, kyk hulle altyd uit vir nuwe speelmaats, sê sy. “Ons is avontuurlik en hou daarvan om nuwe mense te ontmoet – nuwe ervarings te hê sodat dinge nie eentonig word nie. Seks is vir ons belangrik en ons probeer die beste daarvan maak.” Adri sit haar hand vir ‘n paar sekondes op Marie s’n toe sy dit sê. Adri se oë rus vir lang tye op Marie se borste as sy haar oë elke keer van Pieter, wie se lyf en gesig sy kort-kort opsommend bekyk, wend. Marie is effens teleurgesteld in haarself want vir ‘n oomblik wens sy sy het ook iets met ‘n lae hals aangetrek. Is sy dalk bi-skierig dat sy haar borste aan Adri wil blootstel? dink sy. Sy dink daaraan dat sy op een webwerf gelees het dat omtrent 25% van vroue biseksueel is. En ja, noudat sy vir Deon ontmoet het, sou sy ook nie omgegee het dat hy meer van haar buuste sien nie. Sy wens sommer sy hoef haar kaal bene, wat Pieter altyd sê pragtige bene is, nie onder die tafel weggesteek te hou nie. Adri deel hulle allerhande interessanthede oor swieng mee. Sy vertel hoe belangrik diskreetheid in die swiengwêreld is. Verder, hoe hulle hul eie sekslewe deur swieng kon verbeter. “Jy leer baie dinge as jy in die voyeurkamer sit,” maak sy die deugde van dié vertrek bekend, “en ook in die ander speelkamers.” Tydens die gesprek raak Marie al hoe meer tevrede daarmee dat hulle voelers uitgesteek het na swieng en dat hulle hierdie mense ontmoet het. Sy weet Pieter voel dieselfde. Waar hy aanvanklik ‘n bietjie stroef was met hul aankoms, glimlag hy al breër. Hy het sy hand intussen hoog op Marie se kaal bobeen onder die rokkie gesit. Het hy dalk jags geword vir Adri? wonder sy stout. Met mense soos Deon en Adri kan jy dalk ‘n pad loop, dink Marie. Hulle het gelees van pare wat mekaar in die openbaar ontmoet en dan glad nie kliek nie. En so ver is daar nie probleme met Adri-hulle nie, dink sy. Maar hulle is steeds versigtig en ook heel eerlik met die twee. Dis Marie wat die leiding neem en hulle meer van haar en Pieter vertel. “Ons het gewonder hoe julle sou reageer toe ons julle meedeel – nadat julle gesê het jul huis is oop vir ‘n aand saam met ons – dat ons eintlik swiengergroentjies is. En dat dat ons nog huiwerig was oor swieng en nog nie ‘n besluit geneem het om voluit geruil met ‘n ander paar te gaan nie,” voeg sy by. “Ons moet eerlik met julle wees,” gaan sy voort, “ons was bang dat, sou ons alleen met julle bymekaarkom – by julle huis – daar te veel druk op ons sou wees om dalk teen ons sin voluit te gaan. So dis hoekom ons hierdie plek vir ‘n eerste ontmoeting voorgestel het.” Deon en Adri lyk ietwat teleurgesteld, maar laat blyk dat hulle verstaan: “Ons het ook deur so ‘n fase gegaan,” sê Deon. “Mens moet dit aan die begin maar stadig vat.” Dis toe dat Adri voorstel dat, eerder as om na hulle huis te kom, Marie en Pieter saam met hulle ‘n swiengersklub besoek. Hulle vertel dat hulle al heelwat lekker tye by 'n spesifieke klub gehad het en dat hulle nog nooit enige druk van iemand daar ervaar het nie. “Dan kan julle mos die kat goed uit die boom kyk, en besluit of julle met iemand wil gaan,” sê Adri. “Dit klink billik,” kom dit van Pieter. Marie is heel in haar skik met haar man toe hy ewe kontant byvoeg: “Dan kan julle mos sorg dat ons oukei is. Is dit hoe julle begin het – by ‘n klub?” “Ja,” antwoord Deon, "die eerste aand het ons net rondgekyk. Was ook maar huiwerig om met iemand in die speelkamer op te eindig. Toe het ons ons voorgeneem dat die eerste keer wat ons met iemand kamer toe gaan, dit net sagswieng sal wees.” “Wat is sagswieng?” vra Pieter. “Onthou jy nie, ek het jou op daai werf gewys,” se Marie. “Dis soos daai paar wat geskryf het jy speel met die ander paar sonder dat julle al die pad gaan. Jy vat net aan mekaar en gebruik verder jou mond.” “Dis wat sommige orale seks noem,” tjip Adri in. “Jy ruil maats, dan suig die vrouens die manne en na ‘n ruk suig en lek die mans weer die vrouens. Jy kan dit natuurlik ook in ‘n 69 gelyk doen. Ons gebruik sagswieng deesdae net vir voorspel.” “Maar ‘n ding wat belangrik is, is dat jy die paar met wie jy kamer toe gaan, vooraf sê julle ruil net sag. Want sommige raak onsteld as jy hulle eers wanneer julle lekker besig is, daarvan vertel,” voeg Adri by. “Dis die een ding van swieng wat ons geleer het wat baie belangrik is, jy moet eerlik wees en swiengers nie mislei nie.” “So ons het toe daai aand met ‘n oulike paar gesagswieng. Dit was lekker, ons eerste lyfkontak-ervaring,” sê Deon. “Maar dieselfde aand het hulle ons gevra om vir ‘n tweede keer met hulle kamers toe te gaan. Dis toe dat ons gesê het 'Gee ons net ‘n bietjie tyd'. Ons het dit met mekaar bespreek en toe besluit ons gaan voluit as hulle dit wil hê,” voeg hy by. “En het dit toe uitgewerk?” vra Marie nuuskierig. “Ja, behalwe dat die ou ‘n bietjie gou gekom het, natuurlik weens hierdie mooi sexy vrou van my,” en daarmee gee hy Adri ‘n betekenisvolle kyk. “Sy was maar ‘n bietjie gefrusteerd.” “Want toe’s dit net jy en die ander vrou wat die vonke laat spat . . . en Adri kon net kyk,” sê Pieter. “Jip,” antwoord Deon. “Maar ons het mekaar vooraf belowe ons gaan nie jaloers wees nie – nog ‘n goue reël vir swiengers.” “En toe buit jy die situasie lekker uit, nè,” spot Marie vir Deon en kyk met ‘n grynslag na Adri. “Nee jong, as jy wil swieng moet jy maar oopkop wees en elke diertjie sy plesiertjie gun,” kom dit filosofies van Adri. Van sagswieng gepraat,” sê Deon, “dis nou een ding van swieng wat jy vinnig moet leer: daar’s terme wat in die swiengersgemeenskap gebruik word wat gewone mense nie eintlik ken nie. Mens moet maar moeite doen om die goed onder die knie te kry. Dan is daar minder misverstande en kom jy vinniger oor die weg.” “Ons weet al van so ‘n paar,” laat weet Marie, “het egter nie van sagswieng geweet nie. Ons weet byvoorbeeld julle praat van ons as vanillas – mense wat nog nie geswieng het nie of niks van swieng wil weet nie. Gelukkig val ons darem nie in laasgenoemde groep nie,” lag Marie uitbundig. Pieter verbaas Marie al hoe meer oor sy nuuskierigheid oor swieng. Sy kan sien hy kry die waaibs, soos sy. Hy wil by Deon weet wat ‘n voyeurkamer nou eintlik is. Dié verduidelik dat dit ‘n groot kamer is waarvan die vloer muur tot muur bedek is met matrasse. Terwyl die swiengers speel, sit ander pare, en hier en daar miskien ‘n enkeling, en toekyk. “Dalk is dit die verste wat ons sal kan vorder,” se Pieter half mistroostig. Marie, en sy weet Pieter ook, is ietwat geskok toe Deon, met sy hand langs sy mond, sodat die mense wat intussen twee tafels weg van ons kom sit het nie kan hoor nie, lostrek met “So in die voyeurkamer, as julle besluit om saam met ons te kom, kan julle self sien hoe lekker die swiengers naai!” “Kom nou, Deon!” gee Adri hom gemaak geskok oor sy eksplisiete woordgebruik ‘n hou met haar vuisie teen sy bo-arm, “die mense het nog nooit geswieng nie en jy maak asof hulle al alles gewoond is.” Haar oë beweeg vinnig van Marie na Pieter, ooglopend om te kyk wat hul reaksie is. Want dis die eerste keer dat iemand so ‘n eksplisiete woord hier oor die koppie koffie gebruik. Adri is ooglopend verlig oor die glimlagge op Marie en Pieter se gesigte. Want op ‘n manier is hulle half verlig dat Deon dié soort openheid teenoor hulle gedemonstreer het. Dit wys hulle stel belang, dink Marie. Sy was die hele tyd bang – sy het later by Pieter gehoor dat hy ook so gevoel het – dat Adri en Deon belangstelling in hulle sou verloor weens hul onervarenheid. Deon se nonchalante reaksie teenoor Adri van “Ons wil mos nie hê hulle moet die skok van hul lewe by die swiengersklub kry as hulle saam met ons gaan nie,” maak dinge duidelik. Hy hou van ons, dink Marie. Die gesprek lei tot nog ‘n hele paar ‘swieng-ontdekkings’ vir Marie en Pieter voordat dit weer na gewone, alledaagse onderwerpe verander. Deon en Adri lyk half teleurgesteld toe Marie op ‘n stadium sê: “Haai, die son is amper onder, ons moet die kinders gaan haal. Maar hul gesigte helder op toe Marie, terwyl sy vir haar handsak onder die tafel vroetel, prontuit hul toegeneentheid teenoor Deon en Adri erken: “Julle weet, met mense soos julle,” sê sy terwyl sy Pieter se oog vang, “is die versoeking nogal groot om nie pens en pootjies in ‘n swiengery in te duik nie.” Terselfdertyd kyk sy vinnig na Adri en toe na Deon. Sy kyk diep en ondersoekend in Deon se oë, voordat haar oë na sy borshare dwaal en vir ‘n paar sekondes daar gefokus bly. Sy hoop Deon kry die boodskap dat sy hom seksueel aantreklik vind. En sy weet Adri sal nie die minste eksepsie neem as sy Deon aanleiding gee nie. Pieter kry ook haar boodskap dat sy positief voel oor nadere kontak met Deon. Sy hand skuif ‘n fraksie hoër teen haar bobeen op. “Nou dan moet julle ons maar saamsleep swiengerklub toe,” sê Pieter tot Marie se verligting. “Ons hoop net ons stel julle nie teleur nie,” maak Pieter hul intensies duidelik. Die glimlagge op Adri en Deon se gesigte is breër as ooit. “Ek sal jou bel oor die finale reelings, Marie,” kom dit van Adri. Marie is besonder gelukkig en tevrede toe julle van die tafel af opstaan. Hulle neem hartlik van mekaar afskeid op die parkeerterrein. Adri gee Pieter ‘n oopmond soen op die mond. Marie dink egter dit sal nie goed wees as sy dieselfde met Deon doen nie; haar soen is net half-oopmond. “Hmmmm,” sê Marie en kyk in die rigting van die twee waar hulle wegstap “daai lekker, ferm paar boude van Deon – ek voel hulle al onder my hande,” en sy hou haar hande bak voor Pieter en kramp hulle ‘n paar keer oop en toe. “En ek sien al hoe my onderbene kruiselings oor hulle lê.” “En ek sien al hoe jy jou hakke in sy boude inslaan om hom aan te por, soos jy met my maak. Sies vir jou, nie gedink jy het lus om so stout te wees nie!” kom dit van Pieter toe hy vir haar die deur oopmaak. Maar Pieter is ook nie links nie en vee oor sy nat lippe met ‘n “Dêmmit, sy kan lekker soen!" “Toemaar,” reageer Marie, “ek het gesien hoe kyk jy vir daai paar tiete – daai diep klowasie. Jou mond het gewater en jou hande op die tafel het gewriemel van die lus. En jy het natuurlik gedroom hoe jy daai ding van jou tussen daai borste inlê, nè.” terg sy hom. Hulle 40 minute huis toe bestaan uit ‘n opgewekte bespreking van hul nuutgevonde potensiële swiengmaats. Vir die laaste deel van die rit, voordat hulle die kinders oplaai, is daar ‘n stille bevoeling van mekaar. Pieter het sy linkerhand teen haar bobeen op, diep onder haar somersrokkie in, tot teen die eina swart broekie. Marie voel hoe sy sy klammer word – sy was reeds by die koffiewinkel effe klam. Haar regterhand gaan instinktief na die voorkant van sy jean. Pieter is so hard soos ‘n keisteen. Marie wonder of dit ‘n resultaat van die koffiewinkel-besoek is, of van die deel van haar lyf wat Pieter deur die pêntie betas. Of dalk was dit haar stadig naderkruipende hand wat hom opgewerk het. Sy kry so half lekker by die gedagte dat hy sy styfheid dalk aan die koffiesessie te danke het. Dat Pieter, wat so begaan oor die voyeurkamer was, dalk in sy verbeelding gesien het hoe hy met Adri daar verkeer. Hoe hy daai tiete goed karnuffel, voordat hy haar passievol op een van daai matrasse plattrek. Haar preutse man -- sy wil hom eers uitvra, maar bedink haar. Dit sal dalk nie bedagsaam wees nie. Hulle is nog te groen as swiengers. Die detail kan later kom, dink sy. “Trek jou rokkie reg,” kom dit van Pieter toe hulle die straat binnegaan waar die kinders is. “Ja, en ek dink jy moet stilhou sodat daai rysing in jou broek eers kan sak,” kom dit van Marie. “Ek wonder wanneer gaan Adri bel?” is Marie se laaste woorde voordat hulle stilhou om die kinders op te laai. (word vervolg)
Published 
Written by Lulman

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments