Join the most popular community of South African swingers now
Login

Mary Ann en Jeff leef hul geil begeertes uit

"Deel 3: Die pare deel hul swieng-ervarings en Suzie en Danny vertel van hul kienk oor swiengergroentjies"

6
0 Comments 0
390 Views 390
2.2k words 2.2k words

Die weer is heerlik in die vroeë middag. Dis wolkloos en die voëls kwetter. Die temperatuur is heel skaflik hier op die motorwoning se dek.

Die geselskap vlot heerlik. Almal praat eers oor ditjies en datjies – of die volgende paar dae ook warm gaan wees en vir wanneer reën voorspel word. Almal vra almal uit – wil mekaar beter leer ken. Dit staan Mary Ann aan, en sy weet Jeff ook. Sy en Jeff meen mense moet darem ‘n basiese kennis van mekaar hê voordat daar met ‘n gespeel begin word.

Mary Ann dra proviand aan vir die koffietafeltjie. Daar’s klein glasies en grotes. Sy sit twee koelbokse eenkant neer – een met bier en die ander met pynappelsap. Ook op die tafel sit sy ‘n bottel tequila neer. Mary Ann het gesê elkeen moet hom/haarself help.

Mary Ann sê Danny en Jeff moet hul stoele so draai dat almal mekaar se gesigte beter kan sien. Dit eindig met ‘n soort sirkel om die tafeltjie.

Hoe meer die swiengergaste praat van hul swieng-ervarings hoe gemakliker word Mary Ann – en sy glo Jeff ook. By die koffiewinkel het hulle gehoor dat die twee nie kondome gebruik nie en dis nogal iets waaroor hulle bekommerd was. Sy, en sy weet Jeff ook, is in hul noppies toe Suzie sê: “Ons gaan elke maand vir toetse om te kyk of ons skoon is. Ons hou niks van kondome nie.”

“Ek en Jeff gebruik dieselfde metode om ons vry van seksueel oordraagbare siektes te hou,” sê Mary Ann om hul gaste gerus te stel.

“Beslis ‘n belangrike saak,” beaam Jeff wat Mary Ann sê, “die laaste ding wat jy wil hê wanneer jy besig is om lekker te speel is om bekommerd te wees oor siektes.”

Danny en Suzie vertel dat hulle die meeste van die tyd met ervare swiengpare van hul ouderdomsgroep speel. “So 50 tot 65 jaar oud is vir ons oukei,” sê Suzie as sy vir Danny kyk. Hy knik.

“Ja, maar dan moet die ouderdomsverskil tussen die man en die vrou ook darem nie meer as omtrent vyf jaar wees nie,” kwalifiseer Danny Suzie se stelling. “Ons hou van pare wat ‘n hegte verhouding het. En dit kry jy net as die ouderdomme nie te ver uitmekaar is nie.”

“Ons volg omtrent dieselfde riglyne as julle,” sê Mary Ann. Sy is bly daar is nog ‘n punt van ooreenkoms tussen hulle.

Maar dan gaan die gesprek in ‘n bietjie van ‘n vreemde rigting vir Mary Ann.

“Ons weet nie van julle nie, maar ons het ‘n voorliefde vir swiengergroentjies. Dis by wyse van afwisseling. Paartjies so 20 tot 30 jaar,” sê Suzie as sy vinnig na Danny kyk. Mary Ann weet nie of sy haar verbeel nie, maar daar is ‘n soort grynslag op Suzie se gesig.

“Ek dog julle soek juis pare van 50-plus.” Jeff klink asof hy hulle nou glad nie verstaan nie. Mary Ann knik haar kop. Sy stem met Jeff saam as sy na hom kyk. Dan draai sy haar gesig na Suzie in die hoop dat sy die saak sal opklaar.

“Ja, maar net as hulle ingewyde swiengers is verkies ons die bo 50. En hoe meer ervare hoe beter,” sê Suzie. Haar oë gaan na Danny. “Ek en Danny is dit daaroor eens.” Danny gee ‘n diep kopknik.

“Ja? Nou vertel ‘n bietjie, Suzie.” Mary Ann is nou regtig nuuskierig. Sy staan op en stap na die tafel. “Nog ‘n drankie?” vra sy terwyl sy die bottel omhoog rondwys. Almal skud hul kop. Haar glasie is half gevul toe sy weer gaan sit. Sy’s gretig om te hoor wat Suzie sê.

“Ja, ons het hierdie kienk – dis soos sommige dit sal noem. Ander sê dis ‘n fetisj. Hoe dit ook al sy, ons is mal daaroor. Ons hou daarvan om groentjies in die wêreld van swieng in te wy – hulle te inisieer, soos sommige sal sê. Ons sê sommer kortweg: hulle te ontgroen.

“So, julle speel nog dieselfde aand met hulle?” sê Mary Aan en vat ‘n slukkie van haar drankie.

“Beslis, hulle het hulp nodig . . . en jy help hulle.” Suzie grinnik weer.

“En hoe jonger, hoe beter,” voeg Danny by. Mary Ann sien hoe Suzie haar lippe aflek as sy met ‘n kopknik beaam wat Danny sê.

“Suzie is die een wat die groentjies lekker kan verlei. Sy het ‘n slag met nuwelinge,” sê Danny. Hy klink erg in sy skik met sy wederhelf.

Mary Ann merk Danny se regterhand is half in sy lies as hy vertel: “Dis pateties hoe sommige jong paartjies sukkel: Jy kry dit dat ‘n paartjie al drie of vier keer by die klub was en nog nie die stap geneem het om te speel nie. Suzie het net die vermoë om sulke paartjies saam met ons in ‘n kamer te kry.”

“En help die kamer enigsins? En help jy dan vir Suzie, Danny? Of hoe werk dit?” vra Mary Ann half sarkasties. Sy weet goed dat as jy eers in ‘n kamer met ‘n paartjie is, het die speelveld drasties gelyker geword. Maar eintlik weet sy ook maar nie hoe dit is met ‘n paartjie 30 jaar jonger as jy nie.

“Ja, ek help vir Suzie. Maar laat sy vertel.” Danny lyk trots op Suzie as hy glimlaggend na haar kyk.

Jeff lyk ook nuuskierig as hy van hom laat hoor: “Nou toe Suzie, ons wil eers weet hoe kry julle die jongetjies in die kamer.” Mary Ann kan sien die onderwerp tiekel hom nogal.

In die agt jaar wat sy en Jeff swieng het hulle nog nooit met sulke jong groentjies probeer speel nie. Wel van tyd tot tyd hul vrae probeer beantwoord. Jeff sê altyd hulle moet oop wees vir nuwe ervarings. Dis seker wat hom nou interesseer, dink sy as sy hom stip aankyk.

Mary Ann draai gesig na Suzie as dié praat: “Dis baiekeer eers laat in die aand voor ons by daai kamer uitkom. Dit kos soms baie uitvra en gesels, oor drankies en ook aan die etenstafel,” laat Suzie blyk. “Jy moet hul vertroue wen en laat voel dat jy empatie met hulle het. Ek vertel hulle altyd ons was ook op ‘n tyd nuwelinge in die leefstyl. En dat mens dinge stadig moet vat. Dis dan wanneer hulle die ore begin spits.”

“Ja, dis interessant,” merk Mary Ann op. “Ek en Jeff het ook al agtergekom dat swiengers wat nie baie ervaring het nie, daarvan hou as jy hulle touwys maak – net geduldig hul vrae beantwoord en wenke gee. Maar ek praat nou van ingewyde swiengers van ons portuurgroep, nie erg jongeres nie.”

Jeff voeg by: “En daai touwys maak geld ook swiengersetiket en gewoontes – ook van die spesifieke klub. En hoe jy besluit om met ‘n ander paar te speel – en soms hoe jy moet speel. Dis verbasend hoe ‘n paartjie wat al lank swieng van die basiese goed soms nie kennis dra nie.”

Mary Ann vul aan: “Ook die reël dat die vrouens die pas moet aangee by swieng. Dis verskriklik belangrik dat swienger-nuwelinge dit verstaan.”  

“En dat ‘n vrou se ‘nee’ altyd ‘n besliste ‘nee’ is,” kom Jeff weer tussenbeide. Mary Ann weet aan sy stemtoon dat hy nou ook probeer om Suzie gerus te stel vir later in die dag. Jou uitgeslape kalant, jy wil nie sukkel om jou hande op daai boudjies te kry nie, nè Jeff! dink sy.

“Ja, ek en Jeff voel ook sterk daaroor dat om met iemand te swieng nie sommer in jou skoot moet val nie. Jy moet enige nuwe paar met geselsery eers goed opgeil voordat jy verder gaan. Jy moet jou speelsessie verdien, sal Jeff altyd sê.” Mary Ann en Jeff se oë ontmoet mekaar. Sy voel so in haar skik met haar stillerige, maar wyse man. En veral omdat hy so spuls kan word.

Suzie en Danny, wat aandagtig geluister het na haar en Jeff, lyk asof hulle saamstem. Ag dankie tog! Mary Ann is verlig dat hulle in die breë nie met haar en Jeff verskil oor swieng as ‘n leefstyl nie.

Suzie sit effens regopper as sy sê: “So, julle verkies, net soos ons, om dinge met nuut ontmoete swiengers van jou ouderdom stadig te vat. Wat ons en die groentjies betref, is die benadering net ‘n bietjie anders. Dis ‘n kwessie van kom ons maak dit vir julle maklik: Ons vertel julle alles wat julle wil weet in een klubbesoek en gee julle ‘n voorsprong - ons gee julle ‘n hupstoot in die leefstyl in.”

“En dis ‘n helse lekker hupstoot. Jy stoot iemand van die jonger geslag vir volk en vaderland! Nè my lief,” voeg Danny grinnikend by terwyl hy uit sy stoel uit opstaan en na Suzie toe stap. Hy buk en gee haar ‘n volmondsoen, sy regterhand op haar linkertiet.

“Dis alles in een pakket,” vul Suzie aan as Danny terugdraai na sy stoel en sy tot verhaal van die soen gekom het. “As hulle laat daai aand by die klubhuis uitstap, is julle swiengwys . . . en ingeoefen vir swieng!” Sy lê groot klem op die laaste deel van die sin.

Mary Ann voel sy moet dit darem laat blyk dat hulle nie ongeneë is om onervarenes te help nie. “Ons het dit al baie gekry dat onervare swiengers – ek praat nou van reeds ingewyde swiengers – van ons ouderdom ook wil weet hoe om op ‘n beskaafde manier te speel. Want hulle is bekommerd dat die ruilmaats met die eerste speel belangstelling kan verloor.

“En wat belangrik is,” voeg Jeff by, “as jy eerlik is en hulle vertroue gewen het, dan is jou pad vorentoe met hulle gewoonlik oop.”

“Mary Ann,” sê Danny, “jy het netnou die regte term gebruik – touwys maak. Dit gaan alles oor touwys maak. Jy moet hul vertroue daardeur wen. En dis juis waarmee Suzie so goed is. Sy het net die vermoë om vrae uit te lok en hulle dan so te beantwoord dat die paartjie begin dink hulle kan nie sonder ons nie.”

Suzie vul aan: “Jy wil hê hulle moenie afwysend wees nie as jy sê: ‘Kom ons gaan gesels verder in ‘n speelkamer.’ En jy moet dan daai uitdrukking op Danny se gesig sien as hulle die koppe knik.”

“Wat julle sê maak sin,” merk Mary Ann op. Sy’s nou baie nuuskierig oor hoe dinge verder verloop. “En verder, Suzie?”

“Jy moet hulle ook laat voel dat jy nie druk op hulle uitoefen nie. Jy moet hulle oortuig dat jy bereid is om vir eers net sag te speel – en hulle kan enige tyd briek aandraai. Die kamer verlaat as hulle wil.”

“En as hulle nie weet wat sagspeel beteken nie?” wil Mary Ann weet.

Suzie is gou om te antwoord: “Dan verduidelik jy dat dit verskeie dinge kan wees, alles behalwe volle seks. ‘Ons vroetel en vat maar net so ‘n bietjie,’ sal Danny vir hulle sê. Ja en dan, om seker te maak dat hulle behoorlik verstaan, sal ek sê: ‘Julle vat aan ons, en ons vat aan julle, maar net as julle dit wil hê. En ons kan mekaar ook oraal gee as julle oukei is daarmee.’”

Danny kom nou weer tussenbeide. “Ons het een paartjie gehad wat nie weet wat oraal is nie. Toe verduidelik ons dis om die penis en die vulva met jou mond by te kom.”

“Danny sal sy tong uitsteek en dit heen en weer laat kwispel, dan kry hulle die boodskap.”

“Sê julle hierdie goed vir hulle in die kamer, of voor die tyd?” will Jeff weet. Dis vir Mary Ann duidelik dat Jeff sy kennis op die gebied van die ontgroening van jong paartjies wil uitbrei. Jy’t al weer ‘n idee in jou kop Jeff, dink sy by haarself.

“Dit hang af van hulle vrae en wanneer dit kom, Jeff,” sê Suzie. “Óf dit nou by die ete is óf in die kroeg, óf in die kamer, jy moet die vraag dadelik beantwoord. As jy enige vraag in die lug laat hang, skep dit by hulle net onsekerheid. 

“H’m ek sien,” antwoord Jeff, “nog iets wat ons in gedagte sal moet hou, Mary Ann.” Sy weet nou Jeff se kop staan in ‘n sekere rigting. 

Danny merk op: “En dis vir groentjies ook belangrik dat ek altyd beaam wat Suzie sê en . . .” 

“Dis reg,” val Suzie hom in die rede, “Danny moet kort-kort ‘n kopknik gee of uitdruklik sê hy stem saam met my. Jy wil nie hê hulle moet dink ons verskil oor goed wat met swieng te doen het nie.”

“Nee wat,” vervolg Danny, “as daai jong paartjie eers saam met ons in die kamer is, is die stryd half gewonne. Suzie is meesterlik om groentjies te verlei. En kamer toe is stap een, nè Suzie.” Hierdie keer is dit Danny wat breed glimlag en Suzie wat ‘n diep kopknik gee. 

“Maar selfs dan moet mens dinge nie probeer aanjaag nie, nè Danny.” Suzie kyk na hom asof hy hom soms nie in toom kan hou nie.

“Jy dink aan daai paartjie van drie weke terug, Suzie. Hulle was ‘n uitsondering.”

(word vervolg)

Published 
Written by Lulman

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery