Join the most popular community of South African swingers now
Login

Mary Ann en Jeff leef hul geil begeertes uit

"Deel 2: Die swiengerpaar Suzie en Danny arriveer in die woonwapark"

6
1 Comment 1
458 Views 458
2.1k words 2.1k words

Dis Saterdagmiddag en Mary Ann en Jeff sit op die hout-dekstoele op die sydek van hul motorwoonwa. Hulle is gemaklik. Die stoele het los kussings, wat redelike sagtheid aan mens se boude bied.

Die dek is tussen die woonwa en die rand van 'n woud wat deel uitmaak van ‘n natuurpark. Dis baie privaat. Sy en haar skralerige man is gewoonlik kaal wanneer hulle op die dek sit. Maar uit respek vir die moontlike voorkeure van die nuwe swiengers, het hulle besluit om hulle aanvanklik met klere aan te ontvang.

Mary-Ann het haar beige bloes en kort groen rompie aan. Sy voel gemaklik om sonder ‘n pêntie te wees.

Jeff sit daar met ligblou jeans met ‘n beesleer-belt en ‘n gestreepte bruinerige hemp.

“Ek hoop nie daai belt van jou se gespe gaan sukkel om los te kom soos laas keer nie. Toe daai jagse vroutjie jou moes help.” Mary Ann wil seker maak dat hy nie weer die belt onderstebo aan het nie. Sy onthou dit was ‘n ding gewees om Jeff se vool te bevry. Die dame was uiters dankbaar toe sy hom uiteindelik in haar hand kon hou.

Jeff sê niks. Hy kyk na ‘n paar voëls wat hoog bo in ‘n boom sit en kwetter.

Sy sien Jeff kyk kort-kort na haar slanke bene, wat hy sê vir hom die mooiste in die wêreld is.

Mary Ann kyk na Jeff se welige bos steil swart hare wat tot by sy ore hang en agter laag af, tot amper die onderkant van sy nek strek.

“Jy’t hulle netjies gekam Jeff. En kyk net daai kuif van jou – sexy, dink sy. Jy wil indruk maak op ons gaste. En onthou, daai diep vertikale plooie in jou wange wat tot amper by jou ken strek is ook ‘n aantrekking vir die dames.”

“Hulle gaan mal oor jou ook wees, Mary Ann. Jou boudjies, tieties en jou hare ook. Dit gaan beslis Danny se oog vang.”

Mary Ann gaan verder: “O, en Jeff, hulle gaan nie jou donkerbruin oë en daai diep stem van jou oor die hoof sien nie. Dis alles goed wat die dames na jou toe aantrek. Suzie gaan mal oor jou wees.”  

Hulle gesels oor hul vurige seks vandat Jeff Woensdagaand van sy sakereis teruggekom het. Behalwe daai nag, het hulle hul ook die Donderdagnag gate uit geniet.

Mary Ann kyk na Jeff as sy sê: “Ek dink jy moet meer sakereise doen Jeff. Na daai rustyd wat jy gehad het, was jy soos ‘n jong hings! Jou vool was nie vir een oomblik slap nie!”

Sy sien op Jeff se gesig hy lyk trots oor haar waardering van sy manlikheid.

As hulle praat oor die lekker swiengerservarings wat hulle voorheen in hierdie einste woonwapark gehad het, voel Mary Ann hoe sy vogtig word.

Die gesprek gaan dan na Danny en Suzie. Die twee het met hul ontmoeting by die koffiewinkel nogal 'n indruk op hulle gemaak. Hulle is gewone werkerklasmense in hul vyftigs, met Suzie wat 'n bietjie ouer lyk as Danny. Die twee pare het gou gekliek.

Omdat die twee van die deelstaat langsaan hulle s'n is, het dit gelyk asof die afstand dalk 'n probleem kan wees. Maar Danny het hulle laat verstaan dat hulle dikwels buite hul eie staat swieng en dat dit nie vir hulle 'n probleem sal wees om oor te kom nie. Dis die soort entoesiasme wat sy uit nuwe swiengers se mond wil hoor, het sy vir Jeff gesê toe hulle in die kar klim vir hul huis-toe-rit.

“Laat ek sien watter klitversiering jy vandag aanhet,” sê Jeff uit die bloute. Sy is ietwat verbaas, maar sit vorentoe op die dekstoel en trek haar rompie op. Sy sprei haar bene wyd oop en wys vir Jeff die hangertjie aan haar klitorisring. Dit hang omtrent halfpad oor haar vulva. Sy lig dit met die punt van haar voorvinger op sodat Jeff die res van haar poes mooi kan sien.

“A-ha, ek sien jy’s reg vir aksie met Danny!” Sy waardeer die toon in Jeff se stem. Want hy het gemerk dat sy die piel-en-ballas-hangertjie aanhet. “Inderdaad,” antwoord sy en gee hom ‘n betekenisvolle kyk. Sy weet hy sien die geilheid in haar oë. Jeff is mal daaroor as sy dié besondere hangertjie aanhet vir ‘n swiengbyeenkoms.

Mary Ann stap binne toe om vir haar en Jeff vrugtesap te kry. As sy weer op die dekstoel plaasneem, gaan haar gedagtes weer na die hangertjie. Dis een wat Jeff gebring het toe hy op ‘n keer vir ongeveer 20 dae op ‘n besigheidsreis was. Jeff wou seker maak dat sy weet hy het haar gemis – ook haar lyf. Hy het die juweelboksie kort na sy aankoms, toe hulle in die sitkamer sit, in haar hand gedruk. Toe sy dit oopklap – nadat Jeff gaan sit het – sien sy die mooi skulptuur van ‘n goue stywe pieletjie van omtrent 12 mm lank en so 3 mm dik. En daarby is daar die ewe oulike ballas met sy twee prominente balletjies. Dis aan die pieletjie se basis vas. Die balletjies is ‘n bietjie kleiner as vuurhoutjiekoppe. Daar is ‘n klein x’ie onder elke balletjie en ook die basis van die pielskag gegrafeer. Die x’e is so gerangskik dat dit ‘n duidelike “xxx” in ‘n sekelvorm uitmaak.

Haar oë blinkend van die geskenkie, het sy opgestaan van die rusbank en oorgestap na Jeff toe. Sy het oorgeleun en hom ‘n klapsoen gegee – en ook ‘n drukkie aan sy vool in sy broek.

“Jy’s darem lekker geil om vir my so ‘n oulike geskenkie te gee Jeff,” het sy hom gekomplimenteer.

Sy wou die hangertjie dadelik aan haar klitring sit toe sy die boksie leeg toeklap. Jeff het haar gehelp, sommer daar in die sitkamer. Hulle is slaapkamer toe en vir die eerste keer in ‘n lang tyd, het hulle gedeurnag. Soos konyne het hulle genaai tot die son opkom!

Die hangertjie, wat Mary Ann ook haar gelukbringertjie noem, is ‘n regte terger vir enige swiengerman. Gewoonlik, as hy die sieraadjie met die “xxx” raaksien word hy baie jags. Jeff sê altyd hy weet as sy daai hangertjie aanhet gaan die vonke spat. Hy is vandag nuuskiering om te weet hoe sy die naaipotensiaal van hul nuutgevonde swiengerkennisse gaan ontgin.

“Onthou net om die pieletjie na jou skaamheuwel oor te klap as jy en Danny missionêr naai,” herinner Jeff haar half spottend. Sy weet hy wil beslis nie sien dat dit in die pad van die man se vool kom en met ‘n gebreekte kettinkie opeindig nie.

“Toemaar,” terg sy Jeff, “ek gaan hom nie toelaat om my vandag al by te kom nie.” Jeff gee haar ‘n vuil kyk. Sy weet hy het nie tyd om te mors nie. Hy wil dat hulle hul gate uit geniet met die nuwe swiengers.

As Mary Ann haar rompie weer in posisie laat val, verlustig sy haar daaraan hoe Jeff steeds vir haar bene, en dan haar borste, kyk. “Danny gaan hom verlustig aan jou,” sê hy saaklik as hy van die dekstoel opstaan.

Hy stap na haar toe. Hy trek haar bloesie uit haar rompie. Hy bevoel haar maag. As sy na sy gesig opkyk, sien sy dat hy afkyk na die goue tweeknopstafie. Dis aan die bokant van haar naeltjie gemonteer – ook deur ‘n priemgaatjie gesteek. Hy buk en gee haar ‘n soentjie op haar maag en dan haar mond. Hy kyk haar betekenisvol aan.

“Ek sien jy het ook jou trouring en daai ander ring aan wat ek jou gegee het. En ook jou goue armband aan jou regterpols. En daarby ook jou goue polshorlosie aan jou linkerarm. Jy wil weer kyk hoe lank ek die vrou naai, nè. Ek hoop dis sodat jy met my by jou vriendinne kan spog.” Jeff lyk trots.

Mary Ann gee vir Jeff ‘n jy-maak-my-jags-glimlag. Dis nogal waar wat hy sê. Sy sal soms op ‘n onregstreekse manier die vriendinne wat nuuskierig is laat verstaan dat Jeff baie viriel is. En op die oomblik het sy juis een geskeide vriendin wat sy wil hê Jeff op haar plek moet sit. Sy’s gans te neulerig oor haar geskeide status. Sy kort piel.

“Jy gaan met jou juweeltjies Danny se voete onder hom uitslaan,” merk Jeff op. En sy weet dit pas hom; hy is mal daaroor as sy haar ten volle geniet . Sy weet dis wat hy haar op sy stil manier toewens.

As Jeff weer gaan sit en stip na haar kyk, gaan Mary Ann se gedagtes terug na vanoggend. Jeff het die klitringetjie, wat sy soms afhaal, vir haar aangesit. Hy is heel vaardig om dit deur die priemgaatjie te steek en die opening dan met die skroefballetjie te sluit. Maar die keuse van watter hangertjie sy vir die event sou dra was hare. Hy het weggestap om haar haar ding te laat doen. En nou is Jeff doodgelukkig! kan sy duidelik sien.

"A, hier's ons gaste," sê Mary Ann vir Jeff toe Danny-hulle se kar aan die koppenent van die dek, naby die stuurkajuit van die motorwoning, stilhou.

"Welkom," groet Mary Ann met 'n wuif toe sy naderstap as die kardeure oopgaan en hulle uitklim. "Ons het al begin dink julle het besluit om nie te kom nie – dalk liewer na jul geliefkoosde swiengersklub toe te gaan."

“Dit sal die dag wees!” skerts Suzie. “Ons sal nie sexy mense soos julle wil misloop nie.”

Danny se voorkoms is tipies van ‘n man van 54 jaar, die ouderdom wat hulle genoem het tydens die e-pos-kommunikasie die afgelope paar weke. Hy het ‘n blou denim en ‘n effekleurige geel hemp aan. Die boonste knope is los. Mary Ann kyk na Danny se lig behaarde bors wat by die hemp uitsteek toe sy naderstap om hom 'n wangdruk te gee. Sy ruik die varsheid van sy lyf toe hy sy arms om haar lyf sit en haar hard teen hom vasdruk. As sy opkyk na Danny se gesig, sien sy die mooi getrimde swart snor. Dit strek van mondhoek tot mondhoek as hy glimlag. Hy het ook donkerige, byna swart, steil hare wat by sy snorretjie pas. Die hare is kort. H’m, daai hare  gaan sy nog lekker deurmekaar krap, dink sy stout.

In die geheel het Danny 'n baie aantreklike gesig met sy sexy ouderdomsplooie aan sy wange. Sy wonder vir ‘n oomblik hoe die gesig gaan lyk as sy die glimlag met haar erotiese attensies laat verdwyn. En hoe die gesig lyk as hy kom. Sy hou daarvan om ‘n man se gesig te sien as hy orgasmeer. Baie van jou om nog vandag te ontdek Danny, is haar vaste voorneme as sy haar uit sy arms losmaak.

As Mary Ann na die anderkant van die kar kyk, sien sy Jeff en Suzie het mekaar ook glimlaggend om die lyf beet. Jeff is maar 'n stillerige ou en maak soms eers veel later in 'n gesprek oop. So nou is sy baie bly. Want sy sien Jeff voel gemaklik en is sover joviaal teenoor die ouerige vrou – al 58 volgens die e-posse. Sy het kort krullerige bruin hare wat by haar ronde, effens plooierige gesig pas. Die oranje blommetjiesrok wat sy aanhet, sit losserig om haar kort, effens mollige lyfie. Soos Danny, het sy tekkies aan, hare net meer helderkleurig.  

As Mary Ann naby aan Suzie kom om haar ook ‘n verwelkomingsdrukkie te gee, sien sy die effens bejaarde gesig met sy plooitjies. Dis ‘n regte ouma-gesiggie, dink Mary Ann. Dis net lig gegrimeer. Die lippe is met ‘n ligrooi lipstiffie gedoen en die wenkbroue het net ‘n bietjie maskara aan. Die gesig is baie vriendelik en sy klink baie opreg as sy vertel hoe opgewonde hulle langs die pad met Jeff en Mary Ann was.

“Dis ‘n lieflike park hierdie,” merk Danny op toe Suzie sy hand vat.

“Nou kom ons gaan sit,” hoor Mary Ann Jeff sê terwyl hy Suzie gemoedelik met sy regterhand aan haar agterlyf in die rigting van die dek stuur. Mary Ann weet nie of sy haar verbeel nie, maar sy meen Jeff se hand druk baie laag aan haar agterlyf. Dis sweerlik op Suzie se boboude, dalk nog laer. Sy sien Danny, wat Suzie aan die hand agter haar aan trek, se oë gaan ook laag af met Suzie se rug. Hy glimlag skielik as sy oë heelwat laer as haar stuitjie gaan. O so, dink sy, dan is Jeff se hand op daai gatjie. Haar hart jubel. Haar konserwatiewe en terughoudende man is besig om spoed op te tel.

Mary Ann het vooraf die vier hout-dekstoele in twee pare gerangskik. "Suzie, jy sit daar, links van Jeff. Danny, jy sit hier, langs my. Dis net sodat Jeff nie dink hy is die baas van die plaas en my monopoliseer nie," skerts sy.

(word vervolg)

Published 
Written by Lulman

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments