Join the most popular community of South African swingers now
Login

Mary Ann en Jeff leef hul geil begeertes uit

"Deel 7: Suzie en Danny vertel hoe om te vorder met die inisiasie van ‘n jong paartjie tot waar daar twee nat poese en twee stywe piele is"

4
0 Comments 0
335 Views 335
4.1k words 4.1k words

Mary Ann is absoluut verwonderd oor die tegnieke wat Suzie en Danny aan die dag lê met hul ontgroening van jong swiengergroentjies. Dêmmit, hulle dink net mooi aan alles, dink sy as sy vir almal op die woonwadek nog ‘n glasie pynappelsap skink. Sy wonder hoe sy en Jeff sal vaar as hulle ‘n jong paartjie moet inisieer. Daar was reeds so twee of drie maande gelede ‘n groentjiepaar by die klub. Maar behalwe ‘n kort geselsie – waarin hulle die paartjie die beste met hul pogings om te swieng toegewens het – het sy en Jeff aanbeweeg. Mary Ann wonder nou of hulle nie hul kanse verspeel het om tog ‘n lekker aand met die nuwelinge te hê nie. Sy is nou baie nuuskierig om Suzie en Danny se relaas oor die inwyding van groentjies te hoor. Sy wil so gou as moontlik met Jeff praat oor of hulle dit nie moet probeer nie.

Met elkeen ‘n vol glasie sap in die hand, gaan sit Mary Ann. Sy is gereed met haar vraag: “So Suzie, jou tiete en die vrou s’n is kaal en jy en Danny – ten volle geklee – staan en kyk hoe sy haar man suig. Hoe kom Danny in die prentjie? Wanneer raak hy van sy broek ontslae?

“Dis die maklike deel, Mary Ann. Want terwyl die vrou besig is om haar man te trilsmul, sal ek Danny ontklee. Alhoewel Danny normaalweg sy broek in ‘n oogwink vir ‘n naai sal laat waai, help ek hom kammakastig. ‘Sien julle hoe skaam oom Danny is, hy wil nie self sy broek uittrek nie’ sal ek hardop sê.”

Danny beklemtoon: “Dis weereens ‘n geval van hoe jy die groentjies moet wys dat die vrou altyd die leiding moet neem.” Hy vat ‘n lang teug aan sy pynappelsap.

Suzie vervolg: “En, deur dieselfde broekuittrek-patroon met Danny te volg as sy met haar man, wys ons hulle ons is gelyk met hulle. Ons is nie meerderwaardig en volg ander tegnieke as sy met haar man nie. Sy het háár man uitgetrek en nou trek ek mý man uit. Finish en klaar.”

“Dis die soort speletjies wat jou help om te vorder met die jongetjies,” verduidelik Danny. “Om hulle aanhoudend gemaklik met jou teenwoordigheid te maak.”

“Maar is dit so belangrik dat julle die oningewydes moet wys dat die vrou die leiding moet neem?” vra Mary Ann.

“Ja,” kom dit saaklik van Suzie met ‘n knik van haar kop. “Die vrou weet dan sy kan stop wanneer sy wil. En ‘n man wat vir sy vrou lief is, is ook tevrede; sy vrou is in beheer. En dis belangrik dat hulle so voel. Want dis die maklikste en gouste om vordering te maak na die punt waar jy kan sê hulle is nou ten volle ingewy in swieng.”

“En, Suzie, as jy Danny se onderbroek-borek oor sy vool getrek het – en dit het ook opgewip,” sê Mary Ann tergend, “wat dan?” Sy grinnik, want sy is moedswillig met die veronderstelde viriliteit van Danny – dat sy vool op daai stadium ook superstyf sal wees. Sy kyk beurtelings na Danny en Suzie. Suzie se blik is op Danny se halfstywe vool. Sy het ‘n glimlag op haar gesig. Dit lyk asof sy Mary Ann se subtiele kompliment oor Danny geniet.

Mary Ann voel hoe sy vogtig word as sy in haar verbeelding die kaal Danny met ‘n stywe vool sien. Sy wonder hoe lyk daai slap piel – waarvan sy so ‘n ietsie tussen Danny se bene op die stoel kan sien – as hy ten volle erek is. Hoe gek is sy nie op ‘n man waarvan sy die vool erek gemaak het nie, dink sy.

Dis Suzie wat haar tot die werklikheid terugbring as sy sê: “As Danny se broek uit is, vat ek hom aan sy vool en lei hom na die bed toe. Ek laat hom op die rand van die bed langs daai meneertjie sit – gewoonlik regs van hom.”

“Hoekom regs?” wil Mary Ann weet.

“Die posisie het met my regshandigheid te doen,” antwoord Suzie, “julle sal later sien. En as Danny daar sit en sy piel is nog nie behoorlik styf nie, is dit weldra so. My mond is altyd reg om te help.” Haar kop draai van Mary Ann na Jeff as haar mond oopgaan en sy haar tong sensueel oor haar onderlip stoot.

Mary Ann loer vinnig na Jeff op sy dekstoel. Sy sien sy hoe sy regterhand se vingers oor sy pielkop speel. Sy weet dis van antisipasie vir daai mond van Suzie.

“So, jy sak dan op jou knieë langs die vrou neer en suig vir Danny, hè? Elke vrou het nou haar eie man voor haar op die rand van die bed – en trilsmul hom vir die vale?” Mary Ann voel haar vrae is amper oorbodig. Sy wil egter die indruk skep dat sy die toneel verstaan.

“Presies!” sê Suzie met groot klem.

Danny kom opgewonde tussenbeide: “Suzie sal nie geleentheid laat verbygaan om my vool by te kom nie – nè Suzie?” Mary Ann sien hoe hy hom verlekker. Suzie suig hom waarskynlik baie gulsig, dink sy.   

“Net so, my lief, met daai gedugte meneer van jou in die omtrek kan ‘n vrou nie anders nie,” sê Suzie met ‘n glimlag op daai gesig. Mary Ann is oortuig Suzie probeer nou Danny se hoedanighede aanprys. Sy wil natuurlik hê dat sy, wat Mary Ann is, lus vir Danny moet word.

Mary Ann, nou erg nat as sy aan Danny met sy stywe vool dink, wil meer detail hê: “So nou sit die twee mans langs mekaar op die bed, en hul eie vrouens suig hulle tot hulle kom? Eindig die hele swiengsessie dan so, Suzie – met net ‘n sagspelery?” Sy weet sy’s weer moedswillig met haar vraag.

“Dit sal die dag wees!” Suzie klink half geaffronteerd. “Ek staan nie verniet op my knieë met daai man se linkerbeen hier teen my sy nie. My linkerhand is op sy been is na ‘n rukkie. En nou kan julle sien hoekom ek Danny regs van die man laat sit het. Want ek wou my beter hand – my regterhand – vry hê om met Danny se piel te werk as ek hom suig.”  

“Suzie het haar linkerhand dan op daai mannetjie se bobeen, aan die binnekant – sommer hoog op,” is Danny gou om te sê. Mary Ann hoor die trotsheid op sy vrou se proaktiwiteit in Danny se stem.

As Mary Ann vir Danny kyk, sien sy weer hoe hy trots vir Suzie kyk. En dis ‘n trotsheid met jagsheid. Sy hand is nou stewig om sy halfstywe piel terwyl hy op die dekstoel teruglê.

“Mary Ann, nou kan jy dink waar my linkerhand oor ‘n paar minute is.” Dis Suzie wat haar aandag terugbring na die situasie van die twee knielende vroue wat besig is om die manne oraal te gee.

“Besig om sy binnebeen liggies te vryf?” terg Mary Ann vir Suzie.

“Allesbehalwe! Besig om meneertjie se ballas in die palm van my hand te hou. En as mevroutjie se hand nie ook reeds daar is by Danny nie, dan los ek vir ‘n oomblik die man se ballas. Ek vat haar dan aan haar regterpols en sit die hand teenaan Danny se balsak. En sy waardeer dit, want jy voel sommer aan die beweging van haar gewrig sy begin hom dadelik te bevoel.” Sy kyk betekenisvol na Mary Ann en dan na Jeff. Suzie wil duidelik haar seksuele dryfkrag te kenne gee. Sy draai nie doekies om nie. 

Danny verduidelik die aksie van Suzie verder: “Net so, jy voel dadelik hoe die vingers om jou knaters begin kriewel. Jy voel eintlik in jou skik dat sy aan jou aandag begin gee – vir die eerste keer tydens jul samesyn in die kamer.”

“Oe, lekker!” kom dit van Jeff. “Ek’s mal oor ‘n vrou wat my ballas bevoel.” Mary Ann hoop Suzie kry die boodskap.

Mary Ann is weer moedswillig as sy sê: “So die inwydingsessie eindig met ‘n trilsmullery van elkeen se wederhelf – met die vroue se arms oorkruis en vroetelend aan die ander man se ballas?” 

Suzie beklemtoon: “Aikôna, daai fase van die swiengsessie eindig met geruilde trilsmullery. Want ek sal die vroutjie net ‘n stampie met die elmboog gee, gevolg deur ‘n knipoog . . . en my kop na haar kant toe kantel. Dan verstaan sy ons moet ruil.

“En dan is ons nog lank nie by die punt van volle inwyding nie,” beaam Danny.

Suzie vat ‘n sluk van haar drankie en brei uit: “Nadat die vrouens bietjie oor en weer met die mans se balsakke gespeel het, is dit vir die paartjie nie ‘n te groot stap om met die pielsuigery ook te ruil nie. Elkeen het dan reeds ‘n bietjie intimiteit op ‘n geruilde basis gehad.

“So, dis nou net die monde wat van een vool na die ander moet ruil,” toon Mary Ann haar begrip van die situasie.

Suzie vervolg: “As ons piele ruil, sal ek gewoonlik vir daai vroutjie fluister dat ons verderaan nie die ballas moet afskeep nie. Dis net ons monde wat wat van een vool na die ander ruil. Eenvoudig, sien. Die hande kom weer tereg waar hulle so pas was – op dieselde ballas! So, dis weer net ‘n klein stappie – glad nie moeilik nie.” Suzie lyk of sy lekker kry as almal weer lag.

“Suzie en Danny . . . ek hou daarvan. Julle metode lyk onverbeterlik,” gee Mary Ann haar mening.

“Ja, sien,” voeg Suzie by, “alles, alles gebeur in klein stappies. Dis die geheim van suksesvolle inwyding in swiengery. Dis soos die padda wat uitspring as jy hom in warm water gooi en die een wat stadig doodgaan as jy die water stadig al warmer maak.

“Ons wil laasgenoemde hê – die twee se vanillageid moet stadig doodgaan,” voeg Danny by. Hy kyk betekenisvol vir Suzie. Sy knik.

Jeff merk op: “Gmpf, ‘n parra wat doodgaan – ek hou niks daarvan nie. ‘n Parra moet lewendig bly. Anders kry ek probleme met my vool.” Almal lag vir sy kamtige besorgdheid.

Mary Ann het weer ‘n vraag: “Maar teen daai tyd het die poesies nog geen aandag gekry nie. Want die vrouens het nog hul rokkies en pênties aan. Is dit nou waar die inwyding eindig. Gaan julle met ongelekte poesies huis toe?” Mary Ann hou haar dom.

“Aha, dis waar Suzie weer in die prentjie kom. Vertel Suzie.” Danny is duidelik in sy noppies met hoe sy vrou dinge konstant vorentoe dryf.

Suzie vul gretig aan: “Ek sal bloot, sodat almal dit kan hoor, vir die vroutjie vra: ‘Dink jy nie ons was nou lank genoeg op ons knieë hier tussen die mans se bene nie? Die mans kan mos maar ook bietjie op hul knieë staan.’ En voor die vrou kan antwoord sal ek sê: ‘Toe, af van die bed af, menere’.”

“Ja Suzie, ons manne moet met baie dinge voor julle op ons knieë staan. Dis mos hoe julle vrouens is,” spot Danny, kamtig ontevrede.

“Die ruilpare het gewoonlik geen beswaar om van ‘n trilsmullery na ‘n miksmullery oor te skakel nie,” lig Suzie hulle in. “Almal besef dat die poesies ook hul waardigheid het en ‘n suig- en lekbeurt moet kry. Ja, daai vroutjie ook. Sy het haar ruilmaat – Danny – se piel gesuig en nou moet hy haar poesie uitlek. Dis mos niks minder as reg nie. So, sy sal haar daarin verlustig dat Danny haar gaan miksmul.”

“En jy is opgewonde as daai man jou gaan lek en suig, nè Suzie. Of is dit iets wat jy maar net ter wille van Danny moet verdra?” terg Mary Ann haar.

“Natuurlik!” antwoord Suzie sonder huiwering.

“Suzie se poes drup teen daai tyd!” Hy is duidelik trots op sy vrou jagsheid. “So, al wat dan nog in die pad staan van ‘n miksmullery is die vrouens se rompies en pênties. Hul bolywe is mos teen daai tyd al lankal kaal,” maak Danny dit duidelik. “Ag, daai rompies en pênties waai sommer gou as ons die manne vra om ons uit te trek,” lag Suzie. “Dis sommer gou, dan is daar nie ‘n draad klere aan ons lywe nie.”

“Suzie sal ook die vrou dophou as sy haar onderlyf ontklee, vir leidrade oor hoe sy die sessie so ver ervaar,” sê Danny.

Suzie vul aan: “Ja, as sy haar rug op ons draai as sy haar broekie aftrek, is dit ‘n teken dat sy nog ietwat huiwerig is. Ook die spoed van die ontkleding is belangrik. As die broekie vinnig waai, weet ons sy is gretig om verder te gaan. Maar as sy haar duime by haar broekie ingehaak het en sy begin rondtrap, weet ek en Danny ons moet vorentoe versigtig wees – die gevoelens deeglik in ag neem. Ek sal vir iets sê soos: “Ons weet hoe jy voel. Ek en Danny was ook eens op ‘n tyd skaam.”

“En as jy en die vrou uiteindelik kaalgat is, bevoel julle mekaar onderlangs?” wil Mary Ann weet.

“Nee dit kan bly vir later, want anders verloor jy momentum met die miksmullery deur die manne. Ek sal op die bed gaan lê, met my boude op die rand – sommer daar waar haar man met die voolsuigery gesit het. En ek sal vir haar sê sy moet net so langs my kom lê, soos ek – boude op die rand en die bene wyd oop. “En dan sal ek hulle komplimenteer met: ‘Ek kan nie wag nie jou man se mond nie.’”  

“Ons hou haar gesig dop om te sien of sy haastig is dat ek moet kniel en haar begin lek – dalk nie baie op hierdie stadium nie,” verduidelik Danny.

“As sy skarrel om die lêposisie op daai bed in te neem, weet jy sy wil graag Danny se mond hê – en dit gebeur gewoonlik,” sê Suzie as sy vir Danny kyk en haar lippe saampers. Mary Ann dink dis omdat dit so ‘n kritieke deel van die inwydingsproses is.

“En die manne, verloor hulle nie belangstelling met dié dat hul vole nie meer gesuig word nie?” vra Mary Ann tergend.

Suzie is gou om te antwoord: “Die manne is gulsig en kniel gou om hul verpligtinge na te kom. Danny se kop raak sommer gou weg in daai vrou se mik. Die meneer wie se vool ek gesuig het, weet amper nie waar om te lek nie, so wyd sprei ek my poes oop. Terloops, as ek sien daar is by die vrou ‘n huiwering dat Danny haar uit die staanspoor miksmul, sal ek haar man vra om haar eers te doen. Jy sien soms die teleurstelling op sy gesig, want hy was reg om my te doen en nou moet hy oorskuif na sy eie vrou. Terwyl hy sy vrou miksmul, doen Danny my. As ek sien sy is goed opgewerk, dan sê ek ons  moet ruil. Dis net ‘n minuut of twee van lek en suig van die eie wederhelf, dan is daai monde op die ruilmaat se genitalieë,” verduidelik Suzie.

“So dis dan uiteindelik ruilpartners langs ruilpartners – Danny se mond op haar poes, en die man se mond op jou poes, Suzie – verstaan ek dit reg?” vra Mary Ann.

“Net so.”

“Daai begin met die eie partner het eintlik niks met daai vroutjie te doen nie,” lag Danny. “Dis wanneer Suzie nie haar lag vir ou Danny se mond op haar poesie kan hou nie.” Danny kyk betekenisvol na Suzie en dan na Mary Ann, ooglopend baie trots op sy miksmul-vermoëns.

H’m, dis hoog tyd dat ek Danny se mond probeer, dink Mary Ann wellustig as sy stip na Danny se mond kyk. Daai lippe en tong! En daai snorretjie! Mary Ann voel hoe sy natter word. Haar bene gaan instinktief ‘n bietjie oper.

“As ons dan daai vroutjie hoor kreun en steun, en ek voel hoe gulsig die man my uitlek, dan weet ons ons is op die regte pad met die twee,” sê Suzie, duidelik tevrede met die vordering ná die intervensie met die eie partners.

Mary Ann verkneukel haar aan die toneel van die twee mans wat geruild die vroue se poesies met hul monde karnuffel. In haar gedagtes hoor sy die geslurp en sien sy hoe Danny se snor begin blink van die nattigheid. Sy wonder hoe goed hy werklik is met miksmul – of hy die dele van ‘n poes ken en weet hoe hulle van ‘n gelek reageer. Dêmmit, ek moet vandag nog uitvind hoe goed jy is Danny! dink sy by haarself.

Mary Ann skrik toe Danny weer praat: “Teen die einde van die miksmullery met die ruilmaats is ‘n belangrike fase afgehandel.”

“Ja,” vervolg Suzie. “Want dan het elke groentjie – sy en hy – intieme heteroseksuele orale kontak met ons genitalieë gehad. En ons het orale kontak met hulle s’n gehad. Die vole is styf en die poese is nat. En hulle is jags – en ons ook. Dis helse vordering. Ek en Danny praat van die orale mylpaal wat bereik is.”

Suzie gaan verder: “Laat ons eers net een ding duidelik maak voordat ons by die volseks-fase kom. Die tegniek wat ons so pas beskryf het is nie die alfa en die omega nie. Daar is ander tegnieke ook, afhangende van omstandighede. Soms, in die vroeë fase waar ek en die vroutjie begin uittrek – en ek sien sy is nie juis teësinnig nie – sal ek Danny laat nader staan. Die jonge dame sal haar hand by Danny se hemp insteek en sy maag of bors begin streel. Dis ook ‘n betekenisvolle stap, want dan is dit die eerste liggaamlike aanraking.”

“En soms sal die meneertjie sy hand bo by Suzie se bloes insteek, nè Suzie.” Danny klink baie opgewonde oor hierdie soort vinnige vordering op pad na oorwinning met die ontgroening.

“Ja, dis dan wanneer ons twee ook meer aktief raak. Ek sal my bloes uittrek en die man vra om my bra los te maak. Teen die tyd dat hy dit los het, sal Danny se gulp al oop wees. Julle kan dink wat gebeur dan.”

“Daai mannetjie sal gou sy hande op Suzie se kaal borste hê. En Suzie sal nie sy hande wegdruk nie, nè Suzie,” sê Danny met ‘n breë glimlag.

“Ja, en wat gebeur dan verder met die jongelinge?” wil Mary Ann weet.

Suzie is weer reg met ‘n antwoord: “In responsie op hulle vrymoedigheid sal ons, natuurlik met hulle toestemming, ook begin vat. Maar dan beweeg jy steeds na ‘n punt waar die vroue eers die manne trilsmul – elkeen haar eie man en dan geruild. En dan moet die manne ook hul beurt kry om die vrouens te miksmul, net soos ons netnou verduidelik het. Die besmulling van die genitalieë is ook ‘n belangrike mylpaal.”

“So daai oor en weer kennismaking van monde met die organe is ‘n belangrike fase?” vra Mary Ann.

“Presies, dis die orale fase waardeur jy moet gaan. Jy kry net probleme verderaan as jy dit afskeep,” verduidelik Suzie. Sy klink ferm.

Mary aan soek meer detail: “So, Suzie, wat jy sê is: Daar’s meer as een manier om by stywe vole en nat poese uit te kom. En dis noodsaaklik. Daar is meer as een manier. Jy moet maar net jou kop gebruik.”

“Net so.”

“Hierdie proses neem gewoonlik nie so lank as die een wat ons netnou beskryf het nie. Dis een wat jy kan gebruik as die groentjies meer vertroue in hulself het,” verduidelik Suzie.

“Die punt is,” sê Danny, “watter metode jy ook al gebruik, jy maak vordering in klein stappies, elke keer met toestemming. En dis belangrik dat jy kort-kort vra of hulle oukei is.”

“Tot jy by ‘n punt kom waar jy twee stywe vole en twee nat poese het. En dis van ‘n oor en weer gesuig en gelek. Jy móét deur daai orale fase gaan,” beklemtoon Suzie dit weer.

“So, met hierdie alternatiewe manier van opgeiling is jy nou by dieselfde punt as netnou – die orale mylpaal, Suzie? vra Mary Ann.

“Presies.”

“En daarna, as die mans styf is en die vroue nat is? Wat gebeur dan?” Mary Ann is nou baie nuuskierig.

“Dan is ons nie ver van ‘n naaiery af nie,” sê Suzie saaklik en sluk haar laaste bietjie pynappelsap weg.

“Regtig? Vertel verder.” Mary Ann wil presies weet hoe daar vordering in die rigting van ‘n stekery gemaak word. Want as sy en Jeff ooit ‘n ontgroening doen, sal dit noodwendig tot by ‘n gepomp moet vorder. Jeff sal dit nooit aanvaar om droëpiel huis te te gaan nie. En sy nog minder met ‘n poes wat nie ‘n vool gehad het nie.  

“Ek’s nou terug,” sê Suzie as sy met haar leë glasie opstaan. 

Mary Ann sien hoe Jeff na haar lig swaaiende effens hangende borste kyk as sy omdraai en na die koelbokse toe stap. Hy staar haar agterna, sy oë gevestig op die effens drillende boude. Ja Jeff, jy is besig om uit te werk hoe jy vandag nog daai boude met jou groot hande vasvat, dink Mary Ann.

As Suzie weer sit, kan Mary Ann haar nuuskierigheid nie beteuel nie. “Maar hoe stop julle die miksmullery – wanneer die mans julle laat orgasmeer? Hoe kom julle ooit aan die naai?”

“Dis moontlik dat een of albei van ons vroue sal orgasmeer met die uitlekkery. Maar as na vyf minute se poessmullery een of albei van ons nog nie georgasmeer het nie, is dit tyd om aan te beweeg.

“En daai aanbeweeg is . . .?” Mary Ann is nou baie nuuskierig.

“Terwyl ek en die vrou op ons rûe nog die mans se monde geniet, sal ek my hand na haar toe uitsteek, haar borste streel en sê: ‘Ek is baie lus vir jou man. Ek wil hom netnou vat – kan ek maar?”

“Jy moet sien hoe lig daai mannetjie se mond van Suzie se poesie af en kyk hy vir Suzie as hy haar dit hoor sê,” voeg Danny by.

Suzie vervolg: “Gewoonlik sal die vrou glimlaggend vir my kyk en knik. Ek sal dan vir haar sê sy is welkom om Danny ook te vat. Danny sal dan sy kop van haar doos af oplig. As sy haar kop van die kussing af lig om te kyk wat aangaan, sal hy diep in haar oë kyk. Hy sal met ‘n diep en stadige kopknik bevestig hy wil haar hê. Sien, weer is jy bedagsaam en laat jy die inisiatief oor aan die vrou. As sy dan vir Danny wys dis oukei, is dit so goed as Danny se pielkop is deur die ringspier. “

“En gewoonlik sal die vrou daai broodnodige toestemming gee?” probeer Mary Ann die volle storie kry.

“Jip, behalwe as sy wil hê Danny moet haar nog ‘n bietjie uitlek. Dit gebeur soms.”

“Maar jy moet momentum behou as die mans op hul voete gekom het,” vertel Suzie verder. “Ek self sal die jong man aan sy vool vashou. Hy sal reg wees om in te sit. Maar ek gaan hom nie nou al toelaat nie. Ek sal die vroutjie vra om Danny se vool ook vas te hou – vir haar verduidelik dat ons nie wil hê die mans se ereksies moet afgaan nie.

“Sien jy Jeff,” sê Mary Ann as sy haar kop na Jeff toe draai, “dis baie soos wat ons altyd met ons swiengpartners maak. Dinge gebeur net baie stadiger met groentjies en in kleiner stappies, elke keer met ‘n versoek vir instemming. En jy, veral jy, moet meer kere toestemming vra as wat jy gewoonlik  doen – nie sommer met die deur in die huis val nie.

“Jy bedoel nie met die piel in die poes val nie, Mary Ann.” Jeff grinnik terwyl hy sy halfslappe liggies vryf terwyl hy na Suzie en Danny kyk.

Mary Ann wend haar weer tot Suzie: “So, wil julle ons nou vertel wat verder gebeur as al twee van die jonges ingestem het tot volle seks – en die vrouens die piele vashou.”

Mary Ann voel sy moet alles tot by hierdie fase van die inwyding behoorlik begryp. Sy, en sy is seker Jeff ook, is baie gretig om te weet hoe dinge tot by ‘n naaiery vorder. Sy staan op om vir haar ‘n tequila te kry.

(word vervolg)

Published 
Written by Lulman

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery