Join the most popular community of South African swingers now
Login

Mary Ann en Jeff leef hul geil begeertes uit

"Deel 1 : Mary Ann hunker in die bad en voor die spieël na Jeff en ook die swiengers wat hulle so pas ontmoet het"

3
2 Comments 2
598 Views 598
2.9k words 2.9k words

Dis nou al 35 dae sedert sy en Jeff laas geswieng het, dink Mary Ann toe sy kaal voor die vollengte-spieël in hul slaapkamer gaan staan. Sy het so pas van ‘n lekker oggendbad uit die en suite-badkamer gekom. Gewoonlik, as sy op pad na die supermark is – soos nou – sal sy onverwyld haar jean en T-hemp aantrek. Maar sy het vanoggend uiters jags opgestaan. Haar gedagtes dwaal ver terwyl sy na haar lyf in die spieël kyk.

In die bad was haar gedagtes konstant by Jeff. Hy is drie weke gelede weg op ‘n vlug vir ‘n projek ‘n paar honderd kilometer van hulle af. Sy is vanoggend uiters lus vir Jeff se lyf, het sy gevoel terwyl sy agteroor in die bad gelê het en bepeins het hoe hy haar, en ook ander vrouens, kan vat. Die skraal man van haar weet darem maar net hoe om die ding te doen met daai lywige piel van hom. Daarbenewens, hoe dankbaar is hy nie oor die manier waarop sy met hom speel en hom dan ry nie. Hulle is regtig twee perfekte huweliksmaats, het sy gedink terwyl haar hand oor haar prominente poeslippe streel – en ‘n vinger af en toe tussen hulle inglip.

As erg seksbehoeftige huweliksmaats naai sy en Jeff normaalweg vyf of ses keer – soms selfs sewe keer  – per week. En dan is daar boonop tye waar hulle in die oggend en die middag of aand spyker. Jeff, is jy ook so sekshonger soos ek? het sy elke dag wat hy weg is gewonder. Dit het darem so geklink as hy haar saans gebel het. Want hy het gesê hy verbeel hom hulle is aan die vry, en dan gesê hy is besig om met homself te speel. As sy op daardie oomblik nie reeds in die bed was en haar silikoondildo kon nadertrek vir gesamentlike masturbasie nie, het haar hasievibrator dit na die tyd gewaar. Die batterye het nie lank gehou nie.

Maar dis tyd dat Jeff terugkom – en môre is hy hier! het dit binne haar daar in die bad gejuig. Die watervlak het geroer van die opgewonde beweging van haar hande onder die water. Sy het regtig genoeg gehad van die silikoondildo en die hasievibrator van die afgelope drie weke. Alhoewel hulle soms goeie plaasvervangers vir ‘n piel is, is daar darem niks soos die regte ding nie. Penis bly maar bo! Haar regterhand het bo die water tevoorskyn gekom en effens toegekramp heen en weer beweeg. In haar verbeelding het dit vuistend oor die skag van Jeff se stywe piel gestryk.

Net voor sy uit die bad geklim het, het Mary Ann se gedagtes ook gegaan na Danny en Suzie, die swiengpaar wat hulle ‘n tyd gelede in ‘n koffiewinkel van aangesig tot aangesig kon leer ken. Sy het gemeen sy en Jeff het ook dringend ‘n nuwe swieng-ervaring nodig. Want om te verhoed dat seks eentonig word, probeer hulle ten minste een keer per maand swieng. Buitendien, met haar en Jeff se seksaptyt kan jy beswaarlik sonder swiengsessies leef! Lipaflekkend het sy uit die bad opgestaan en die handdoek nader getrek.

En 35 dae is nou al om en daar was nog geen swiengers in sig nie, dink sy terwyl in die spieël sien hoe haar hande haar twee ferm borste omhels. Sy wil hê hulle moet so gou as moontlik nadat Jeff terug is vir Danny en Suzie, met wie hulle nou al amper twee maande lank op die internet korrespondeer, oornooi. Sy hoop net die paar het nie kwessies nie en het mekaar opreg lief. Want dis goor om te probeer swieng met ‘n paartjie wat nie eg aan mekaar verbonde is nie. By die koffiewinkel het hulle egter baie liefies met mekaar voorgekom.

Daar is vir haar en Jeff, behalwe om alleen te naai, niks lekkerder as om seks met ‘n nuwe paartjie te eksploreer nie. Dis die soeke na nuwe sekservarings wat hul aandryf. En dis ook die opwinding om, tydens ‘n eerste swiengdeit, van sosiale verkeer te vorder tot seksverkeer. Want soms is een van die lede ‘n bietjie stram. Sy wat Mary Ann is, sal dan haar beste swiengsjarme gebruik om die probleem uit die weg te neem. Sy hou ook daarvan om die swiengpaar ‘n tyd lank te terg. Jy moet hulle so lus maak vir naai dat hulle jou amper soebat. Sy en Jeff geniet dié soort ding erg. 

Dis vir Mary Ann asof sy hier voor die spieël staan om haar lyf te herwaardeer. Dis eienaardig hoe onsekerhede oor jou liggaam ontstaan as jou man lank van jou weg is. Sy wil weet of enigiets Jeff kan hinder as hy terugkom. En dan is daar die swiengers ook.

Terwyl sy vinnig op en af na haar lang, lenige lyf in die spieël bekyk, begin Mary Ann fantaseer oor hoe Jeff gaan optree as hy haar lyf na drie weke vir die eerste keer kaal gaan sien. Van gisteraand af tower die natuurlike jagsheid van die afgelope paar dae allerhande geil beelde van haar en Jeff op. Haar gedagtes was lanklaas so beset van seksdinge. Vandat sy begin bad het kan sy aan niks anders as seks dink nie. En dis nie oor Jeff alleen nie; dis ook oor hul leefstyl van swieng. Jy is ‘n regte slet, Mary Ann! sê sy vir haarself hardop terwyl sy na die beweging van haar mond in die spieël kyk.

Môremiddag, as Jeff terugkom, wil sy hom nakend verwelkom, dink Mary Ann terwyl haar oë op en af oor haar lyf gaan. Sy hoop Jeff sal net so jags as sy wees as hy by die voordeur instap. En as hy nie is nie, gaan sy hom met haar uitnodigende kaalgatlyf en geil pratery gou op dreef kry. Ek weet nie van jou nie, Jeff, maar ek wil naai! wil sy hê hy moet verstaan.

Maar dan twyfel sy. Sê nou maar hy het probleme met sy projek gehad of hy is net te moeg vir enige aksie. Sal haar naakte lyf hom dan kan opgeil?

Die onsekerheid laat haar meer intens na haar lyf in die spieël kyk. Haar oë val op die lang bene. Jeff sê altyd haar bene is vir hom so mooi. Ja, en jy hou veral daarvan as hulle oopgaan, nè Jeff, sal sy hom antwoord.

Sy draai haar na links tot sy dwars voor die spieël staan. Sy kyk na die silhoeët van haar ver uitbultende borste met hul puntende tepels. In haar gedagtes sien sy Jeff sy hand uitstrek om ‘n  tepelpunt saggies te vryf.  

As haar oë na die middelmatig breed heupe gaan, draai sy nog ‘n entjie linksom. Sy streel oor haar kleinerige maar aansienlik uitbultende regterboud met haar regterhand. Sy verbeel haar Jeff se hand het die boud beet, soos gewoonlik wanneer hy haar hondjie. Dan draai sy haar lyf na regs tot sy weereens dwars voor die spieël is. Sy gee ook haar linkerboud ‘n plathandstreling, met die ander hand. Nog ‘n boud vir jou om aan vas te hou, Jeff, dink sy.

As Mary Ann verder regs draai, met haar rug na die spieël, kyk sy oor haar skouer. Sy sien die twee ronde boude met hul prominente boudespleet. Sy dink aan die dae toe sy jonger was. Sy was toe ietwat selfbewus oor haar betreklik klein boude en ietwat smallerige heupe. Maar Jeff, met wie sy nou al 'n hele paar jaar getroud is, is mal oor die boude. Hy sê altyd haar boude is vir hom baie sexy. En ook die boudegleuf. Hy hou daarvan om met sy vingers op en af oor die gleuf te speel – soms haar holletjie sagkens met sy middelvinger te streel. En as Jeff regmaak vir ‘n hondjiestylnaai, sal hy altyd die boude gevoelvol streel voor hy hulle vasvat. Hy sal die grootste deel van die tyd dat hy haar hondjie die boude styf vashou. Soms kneus hy hulle ‘n bietjie, maar dis vir haar lekker. Sy het ook nog nooit 'n klag oor haar kleinerige boude van swiengermans gehad nie. Een man het selfs gesê dis die sexyste boude wat hy al ooit gesien het. En hy het dit bevestig met die manier waarop hy hulle vasgegryp het toe hy op sy knieë agter haar ingeskuif het.   

As Mary Ann terugdraai na 'n volfrontale posisie voor die spieël, kyk sy na die groot, ferm borste met hul middelmatig groot tepels. Die tiete is besproet, soos haar arms en die res van haar bolyf. Jeff het haar al vele male oor die sproete, wat wyd versprei is, gekomplimenteer. Hy sê dit herinner hom aan haar liefde vir lyfbeskieting.

Sy geniet die lyfbeskieting nogal erg, dink Mary Ann. Want as hulle missionêr naai en Jeff se steekhaaldiepte en -spoed verhoog skielik en hy roep hygend uit “Waar wil jy dit hê?”, weet sy hy gaan kom en is reg om uit te pluk. Sy sal ewe hygend antwoord: “My tiete!”. Sy sal dan haar kop oplig om te kyk na die kragtige opwipping van sy vool as hy uitpluk. Sy is mal daaroor om te sien hoe hy dan sy piel vasgryp en na haar tiete mik. En te sien hoe daai saad kragtig by die spleet aan sy voolkop uitskiet en in verskeie rigtings trek en op haar neerplons. Soms sal ‘n straal haar in die gesig tref. Sy hou daarvan.

Mary Ann se gedagtes gaan verder. Die semenklodders wat op haar tiete vorm as hy sy saad op haar uitgespuit het is dikwels so wyd uitmekaar versprei as haar sproete. Die klodders vorm ook interessante kleurpatrone. Want dis geelwit klodders tussen die rooibruin sproete. As een van die spuitstrale ‘n sproet tref sal sy “Dit was raak,” uitroep. Hulle sal dan saam lag.

As Jeff hom op haar leeg gemaak het, sal hy tussen haar bene bly sit of en kyk hoe sy sy lading dan met haar voor- en middelvinger klodder vir klodder in haar lyf invryf. Soms sal sy van die saad in haar mond sit. Dit maak Jeff gek. Sy kan insien waarom Jeff sê die sproete herinner hom aan haar liefde vir lyfbeskieting.

Mary Ann vat met haar linkerhand se duim en voorvinger die regtertepel vas terwyl sy die doenigheid in die spieël gadeslaan. Haas poesie tingel as sy die tepel ‘n draaitjie en ‘n trek gee. Dis presies wat Jeff sou doen. Lekker!

Ek is nou so jags; ek gaan jou vermorsel, my ou Jeffie! dink sy as sy in die spieël sien hoe sy die ander tepel dieselfde behandeling gee.

Mary Ann se oë gaan af na haar buik. Dis nog mooi plat vir haar 44 jaar. Die magie is pragtig versier met 'n swaaiende belletjie aan die naeltjiering. Sy hou egter nie baie van die diep plooi wat haar buik net bokant haar skaamheuwel maak nie. Jeff sê egter dis vir hom baie sexy, so dan is dit seker maar oukei, dink sy.

Mary Ann se regterhand beweeg stadig af na haar effens uitpoffende skaamheuwel. Dis vir die grootste gedeelte gewaks. Daar is egter ligbruin haartjies aan die effens poffende buitelippe. Die haartjies is tot 'n ligte donserigheid getrim, iets wat sy gereeld doen. Ook langs die lippe is daar netjies getrimde haartjies. Verder is daar donshaartjies in die vorm van ‘n onderstebo trampesium aan die onderkant van die Venus-heuwel, direk bo die lippe en die spleet. Haar genitale haarstilering is iets waarvan Jeff baie hou. Dis vir hom die spreekwoordelike kersie op die koek – regte koek, sal Jeff altyd half spottend sê. Hy is mal oor die wyse waarop sy haar hele genitale area verfraai.   

Mary Aan se oë gaan verder af en fokus op haar poes in die spieëlbeeld. Sy kyk na die vertikaal gemonteerde goue klitringetjie. Dit was Jeff wat met die idee gekom het om ‘n prieming aan haar klitkappie aan te bring vir ‘n ring. Ook die vertikaal gemonteerde en verwyderbare 14-karaat-ring wat sy nou aanhet was sy keuse. Hy het die ring vir haar as ‘n verjaardagpresent laat insit. Dis die soort ring met ‘n gaping van drie of vier millimeter. Dit het ‘n skroefballetjie vir ‘n sluitstuk in die gaping. Met ‘n regsom skroefdraad aan die een kant en ‘n linksom skroefdraad aan die ander kant, sluit jy die ring deur die balletjie in die gaping in te skuif en dit te draai. So, jy doen dit nadat jy die ring deur die priemgaatjie gesteek het. Die kontrepsie het Jeff die geleentheid gegee om vir haar kort-kort ‘n nuwe klithangertjie as present te bring. Sy het nou al ‘n hele versameling van die priem-sieraadjies – o.a. ‘n duifie, ‘n horlosie, ‘n sterretjie en ‘n muntstuk. Maar die beste is ‘n miniatuur pieletjie-en-ballas. Sy dra gewoonlik hierdie sieraad by ‘n swiengbyeenkoms. Dis vir haar ‘n toonbeeld van haar ingesteldheid deesdae. ‘n Man wat haar ‘n miksmul gee sal die juweeltjie sien – en gewoonlik ‘n positiewe opmerking daaroor maak. En haar dan nog flinker besmul!

Mary Ann sien in die spieël hoe haar linkerhand met haar goue klitringetjie begin speel. Haar oë gaan toe. Terwyl sy liggies aan die ringetjie trek-trek, neem sy haar weereens voor sy gaan beslis nakend wees as sy vir Jeff die deur oopmaak. En verder, nadat hulle mekaar in die portaal lank gesoen het, gaan sy vir hom koffie in die sitkamer bring. As hy nie dadelik van seks praat nie, hoop sy dit gaan kom as hy sy koffie in die sitkamer sit en drink. Want sy gaan haar op die rusbank tuismaak. Sy gaan haar bene oopsprei en met haar poesie begin speel terwyl hy op die leunstoel oorkant haar sit. Sy gaan hom terg dat hy nie weet of hy kom of gaan nie.

Mary Ann se oë is toe as sy in haar gedagtes sien hoe vinnig Jeff sy klere uitpluk. Sy weet sy besnyde piel sal binne sekondes ontbloot wees en in sy hand. Maar sy gaan hom vir eers ‘n ent van haar af laat staan. Sy wil sien hoe sy vool oprys en uitrys totdat dit, hunkerend na haar, in sy volle glorie staan – daai trotse posisie van effens skuins na bo wysend en effens holrug gekrom. Dan eers gaan sy hom nader nooi . . . om haar op die einste sofa te vat.

En later, as hy van posisie wil verander, sal sy op haar rug gaan lê op die mat. Of op haar hande en knieë gaan staan. En sy weet dit gaan 'n lang sessie wees. Want, na twee dae wat hulle nie seks het nie, verdubbel die tyd van hul sekssessies gewoonlik. So, wat nog van ‘n skeiding van drie weke! Jeff gaan net so honger wees vir naai as sy. Dit gaan ure lange seks wees! jubel dit in haar binneste.

En dan, hopelik met die komende naweek as sy haar sin kan kry, gaan hulle swieng. Die swiengers waarmee hulle al geruime tyd korrespondeer wag vir hulle om terug te kom met ‘n voorstel oor ‘n tyd en ‘n plek. Sy en Jeff het klaar besluit dit gaan by hul motorwoonwa in die natuurpark wees.

Sy hoop dit gaan swiengers met stamina wees. Want na die seks met mekaar met die instrapslag, weet sy sy en Jeff gaan ‘n lekker lang sekssessie met die nuwe swiengers wil hê. Seks van allerhande soorte met swiengers is haar en Jeff se kos!

As Mary Ann haar oë oopmaak, sien sy in die spieël hoe flink en onbeheersd haar linkerhand met haar vulva speel. Die klitring slaan van kant tot kant oor – links, regs, links, regs – soos haar vingers flink heen en weer oor die geswelde lippe en klit beweeg. Sy sien die vulva en vingers blink van die nattigheid. Dan gaan haar oë weer toe. Haar voete begin trap-trap op die mat en haar knieë knak effens. Dan gee haar onderlyf ‘n kragtige stoot vorentoe en haar hele lyf begin ruk. Sy kom.

As haar lyf bedaar het, vee Mary Ann haar poes met ‘n snesie af en spring in ‘n een van haar meer konserwatiewe pênties. Sy pluk vinnig ‘n pienk T-hemp en ‘n blou jean aan. Vir oulaas kyk sy in die spieël en gee haar lippe ‘n smeerseltjie rooierige lipstiffie. Dan stoot sy met twee hande haar skouerlengte ligbruin, amperblonde hare reg. Sy is reg vir die besoek aan die supermark; sy wil iets spesiaals vir haar en Jeff te ete kry. Want, so lief as wat hy vir seks is as hy na ‘n besoek terug is, waardeer hy dit as sy vrou ‘n geliefkoosde gereg voorsit as hulle vir die eerste keer saam aan tafel sit.

En o, dink sy as sy die karsleutels vat en deur toe stap, sy gaan wag tot na die naaiery met Jeff se terugkoms voordat sy die reëlings gaan tref met die swiengers. Sy wil seker maak dat Jeff ook in die bui is vir ‘n swiengery. So, hopelik is almal eerskomende naweek in hul motorwoonwa in die woonwapark bymekaar. Hulle gaan behoorlik inhaal op haar en Jeff se 35-dae-seksdroogte!

As sy in die kar is en die truspieëltjie effens draai, sien sy hoe haar ligbruin oë glinster. En sy weet dis van opgewondenheid oor die sexy spelery wat op hulle wag. Dan draai sy weer die spieël na sy normale posisie. Sy glimlag van oor tot oor as sy die aansitknoppie druk. Die week wat kom gaan ‘n seksfees wees!

(word vervolg)

-----------------------

Published 
Written by Lulman

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments