Written by Lulman

Swinging
02 Jun 2018


(vervolg van Deel 1, gepubliseer op 5 Jan 2018)

“Sou dit oukei gewees het as dit Deon se borshare was wat nou jou tieties kielie?” vra Pieter uit die bloute terwyl hy skielik ophou pomp. Op sy elmboë gestut vryf hy sy behaarde breë bors speels van kant tot kant oor Marie se stewige borste. Haar tepels tintel en tuit van die stimulering deur die blonde ruigheid op sy bors. Sy antwoord nie. Sy dink Pieter wil maar net iets sê om haar op te geil voordat hy verder stoot. Ek sal paslik reageer, dink sy. Sy laat haar voete, wat by die waaie van Pieter se bene ingehaak is teen sy agterdye op beweeg. Haar knieë sprei wyer uit mekaar terwyl haar voete teen sy onderboude aandruk. Sy lig haar heupe effens en haar vagina klamp stywer om sy harde penis. Maar steeds lê Pieter stil. Sy besef skielik hy is ernstig met sy vraag. Haar heupe sak terug en haar voete gly oor sy agterdye ondertoe. Hulle haak nie weer by die waaie in nie. Half moedeloos gly hulle heeltemal van sy bene af. Haar vagina om sy orgaan het intussen verslap.

Marie se oë het nou weggedraai van Pieter se borshare op haar borste, waarin sy haar verlustig het. Sy kyk hom vol in sy helderblou kykers, hier vlak bo haar gesig. Hy staar haar stip aan. Waarom nou vir Deon te berde bring, wil sy vra, maar sy bedwing haar. Dis skaars ses uur nadat hulle saam met Deon en Adri by die koffiewinkel was. Marie weet Pieter het gesien hoe begeerlik was Deon se borshare, wat by die los knope bo-aan sy hemp uitgepeul het, vir haar. Maar sy’t nie gedink dit sou nou ter sprake kom nie.

Na al die gepraat oor swiengery by die koffiewinkel en daarna was sy maar te gretig – en sy het gedog Pieter ook – om hul toegewydheid aan mekaar vanaand in die bed te beseël. Sy het nie gedink dit sou nodig wees om oor Deon en Adri te praat terwyl hulle mekaar intiem die hof maak nie. Sy het so naby aan Pieter gevoel toe hy, nadat hy haar goed opgevry het, tussen haar oopgespreide bene stelling ingeneem het. Naby omdat die gesprekke oor swieng soveel intimiteit tussen hulle meegebring het.

“Moet ek inserseer?” het hy tergend gevra. Pieter weet sy kry soms ‘n kiek kry uit sy geleerde woordgebruik wanneer hy jags is. Sy het al gewonder of dit ‘n soort sielkundige skans weens sy introversie is. Want, dis ‘n geval van hoe jagser, hoe geleerder die woorde. Nie dat dit haar regtig pla nie; sy het darem nie verniet ‘n BA-graad nie.

“Ja, ja, inserseer,asseblief!” het dit van haar gekom terwyl sy haar heupe gelig en haar moemfie gretig na hom uitgehou het. En hoe heerlik was dit nie toe Pieter se bekende groot orgaan, na al die opwinding van die dag, stadig in haar ingly. Maar hy het seker nie eens tien stoothale gegee nie – en nou hierdie vraag. Dit lyk nou vir Marie of hy haar in ‘n blik wil druk oor die swiengery-ding. Sy moet dalk oppas wat sy sê. Maar sy besluit om nie doekies om te draai nie.

“Jip, my ou man, ek sal Deon graag wil vat. Maar net solank jy by is. As jy en Adri langsaan op die bed is en jy kielie Adri se majoefels met hierdie manshare van jou, dan is daar nie ‘n probleem nie.” Sy hoop hy kan sien sy is eerlik. En om te beklemtoon wat sy sê, haal sy haar regterhand van sy boud af en gee die blonde krulle by sy linkertepel ‘n trekkie. Sy streel oor die hare en tepel. “En jou penis moet natuurlik in Adri wees,” maak sy Pieter formeel wys dat dit ‘n gebalanseerde swiengsituasie moet wees. “Dis mos gelyke regte, nie waar nie?” Sy hoop hy kan haar knipoog in die flou lig van die bedlampie sien.

Marie se vingers stryk die haartjies by sy tepel eenkant toe. Sy kry die tepel tussen haar duim en voorvinger beet en rol en trek dit, haar oë steeds op syne gefikseer. Sy voel die geilheid in haar opstoot. Sy’s nie seker of dit die beeld is van Deon wat by haar ingesit is of Pieter wat by Adri ingesit is nie. Dis dalk eersgenoemde, dink sy effens skuldig oor haar wellustigheid. “Onthou, Pieterman,” voeg sy by, “alles sal oukei wees. Want die dag na die paartie is dit mos weer net ek en jy – jou penis in my vagina geïnserseer,” spot sy hom bietjie oor sy verhewe taalgebruik. Sy wens sy het die moed gehad om meer geil te praat, maar dit is nou maar daarna toe.

Pieter sê niks. Marie voel hoe haar vagina onwillekeurig om Pieter se stywe in haar begin saamtrek. Sy lig haar onderlyf en voel hoe Pieter se orgaan harder aandruk teen die voorkant van haar vagina. Dis baie sensitief daar. Haar voete kom weer in posisie op sy harige agterdye en skuif op tot haar hakke in sy onderboude inboor. Dis asof sy ‘n skakelaar aangeslaan het. Pieter begin beweeg – uiteindelik!

Marie voel Pieter se eerste inwaartse haal is stadig en diep. Dan die truhaal, dis ook langsaam. Hy trek ver terug, baie ver. Sy voel die kop is by haar ringspier. Sy hou haar asem op – gaan hy dalk heeltemal uittrek? Aah, daar kom hy weer in! Sy sug byna hardop van verligting. Met hierdie eksentrieke man van haar is daar altyd iets onverwags.

Die hale wat volg is ferm en diep indringend. Die pas is weldra ‘n stywe een, met Pieter se ferm boude wat hoog opswaai met elke truhaal. Marie se hande vryf oor sy onderrug en kom tot rus op die bokant van sy harige boude – heerlik om aan te vat! Haar hakke het hom goed aangespoor en haar voete het nou effens afbeweeg. Hulle rus op sy agterdye – saamryend in pas met sy ritmiese stoothale. Sy’s baie verlig – veral omdat die swiengery-planne Pieter dalk op ‘n onverwagte manier kan laat reageer. Dit lyk tog of alles reg is, al stoot hy haar in stilte. Net sy asem jaag effens. Sy weet hy sou gekla het as hy nie gelukkig was nie.

Dis veel later toe Pieter, nadat hy sy pas ‘n paar keer verander het, aandui dat hulle van die missionêre posisie na hondjiestyl moet verwissel. Ja, en dis hoe hy vir Adri ook gaan vat, dink Marie terwyl sy flink omdraai en in posisie kom.

Gaan Adri die laken ook so frommelend met haar hande vaskramp van die lekkerte soos sy? wonder Marie toe sy Pieter se blonde skaamhare teen haar boude voel aandruk met die instootslag. Marie is gek daarop dat Pieter se skaamhare ritmies kontak met haar boude maak. Dis een van die redes waarom sy van die hondjieposisie hou. Vir ‘n vlietende oomblik wonder sy hoe hondjiestyl met Deon sal wees. Sy stel haar voor hoe Deon vir Adri hondjie en hoe die joviale Adri hom komplimenteer. Maar dalk hou hy nie eens daarvan nie. Soveel dinge om nog uit te vind omtrent dié paar, dink sy. Maar dan word haar gedagtes in beslag geneem deur Pieter wat haar boude so styf vasgegryp het dat sy duime, soos sy al in die spieel langs die bed gesien het, diep kuile in haar boude maak.

Marie orgasmeer nie lank na Pieter in haar ingekom het nie luid kreunend, haar gedagtes gevul met die fantasieë van die swiengende spelery met haar, Deon, Pieter en Adri. Sy bly op haar hande en knieë terwyl Pieter voortstoot en haar golwende orgasme deur haar spoel – en bly steeds so staan nadat dit bedaar het.

Dis seker minder as ‘n minuut later dat Marie voel Pieter se stoothale word dringender en dieper. Hy bereik sy hoogtepunt met ‘n luide, diep, byna roggelende gebrul. Sy finale stoothaal is diep indringend, terwyl sy hande, nou by haar heupholtes ingehaak, haar boude styf teen hom laat aanbeur. Sy penis bly diep in haar geparkeer terwyl sy voel hoe hy sy warm saad spuitend in haar los.

“Daai geraas van jou beteken seker jy aanvaar swieng met Deon en Adri heelhartig, of hoe?” waag sy dit, steeds op haar hande en knieë. Pieter se niks nie. Marie voel hoe hy uittrek. Sy draai om en begin sy verslappende orgaan stadig af te lek. Sy hande is gerusstellend op haar kop terwyl hy saggies prewel: “Enigiets wat jou gelukkig maak, my vrou.”

-----------------------

“Hoeveel sou Deon en Adri regtig in ons belangstel? Wil hulle ons regtig by daai swiengklub ontmoet,” sê Marie terwyl sy en Pieter op die patio van hul dubbelverdiepinghuis sit en teedrink. “Ons hoor dan niks van hulle nie. Ek's sommer lus en bel hulle.”

“My liewe vrou, dis vandag Saterdag. Dis presies ‘n week vandat ons hulle ontmoet het. Die mense het verpligtinge hierdie week gehad. Deon het mos gesê hulle is baie besig met die voorbereiding vir eksamens by die universiteit en Adri wil nog twee besigheidseiendomme verkoop om haar jaarlikse teiken te haal. En dalk wil hulle dinge met ons ook nie oorhaastig doen nie – dalk deeglik beplan.”

“Jy's reg, Pieterman. Ek's seker te ongeduldig.” Sy voel ‘n tinteling in die omgewing van haar hand, wat laag in haar skoot afgesak het. Pieter kyk betekenisvol daarna en haar pienk rompie en glimlag.

“Want jy's lus om jou hande so gou moontlik op daai boude van Deon te kry – en ook daar borshare. Lekker jeukerig, nè,” spot hy haar.

“Ja, en jy?” kom dit van Marie. “Natuurlik geen dringende begeerte om jou hande op Adri se twee voorossies te kry nie, hmmm?” terg sy hom. Sy voel hoe die klamheid tussen haar bene ontwikkel. “Kom ons gaan kyk weer bietjie na swieng-goed op die internet. Ons het nog heelwat te leer.” Sy sit haar koppie neer, vat Pieter aan die hand en trek hom van sy stoel af op.

Dis vir Marie belangrik dat hulle saam op die internet na die swieng-goed moet kyk. Pieter se studeerkamer met die groot skerm is die aangewese plek.

“Het ons nie al genoeg gesien nie?” kla hy effe toe hulle die huis instap, studeerkamer toe.

“Ons kon nie na alles kyk wat ek wou sien nie,” antwoord sy Pieter se vraag. “Jy weet mos die seuns kon enige oomblik by ons in die studeerkamer instap. En, ek het jou nog nie gesê nie: ek’t het gisteraand vir elkeen R400 rand gegee. Dis sodat hulle vandag met hul maats kan gaan fliek en êrens iets gaan eet. Sodat ons saam rustig kan surf."

"Dis nou wat ek noem goeie beplanning," en hy gee haar 'n piksoentjie op die mond toe hulle by die deur van die studeerkamer kom.

“Jy’t gesê ons kan nie die nuwe jaar as groentjies ingaan nie, so jy sal jou kennis oor swieng op datum moet kry, my man. Daar’s ‘n hele paar goed wat ons nog moet opklaar. Die vinnigste is die internet,” herinner sy hom aan sy eggenootlike verpligtinge toe hy die aanskakelknoppie druk. “En buitendien het ons nog ‘n paar goed om aan te dink om in plek te kry – onder andere ons reëls en ons grense. Almal sê mos dis belangrik.”

“En terloops, ons was laas Saterdag hopeloos te jags om nugter te kon dink oor wat ons met Deon en Adri die eerste aand gaan doen,” sê Pieter. “Ek en jy het sommer aangeneem daar gaan volseks wees. Intussen is dit ‘n paadjie wat ons stadig sal moet stap.

“Ja, ek stem saam, kom ons begin voor.” Marie voel sy klink soos ‘n skooljuffrou.

Terwyl Pieter gou na sy e-pos kyk, dink Marie aan wat die afgelope week gebeur het. Sy het Pieter 'n bietjie uit sy werk gehou, besef sy. Dis wat gebeur as jou vrou lang verlof het, dink sy. Want haar baas, wat sy persoonlike assistent jammer gekry het weens die groot werklas weens die jaarafsluiting, het aanbeveel dat sy ‘n paar weke af vat. In die twee dae wat Pieter sy ouditeurswerk van die huis of kon doen, het sy 'n paar keer saam met hom voor die rekenaar in die studeerkamer kom sit. Dit was nadat hulle ook die Sondag, na die vorige dag se afspraak met Deon en Adri, op die internet gespandeer het. En sy was boonop met haar skootrekenaar op swiengwebwerwe in die tyd wat Pieter nie by die huis was nie.

Met die geleentheid met die seuns weg wil sy hê hulle moet dinge nou deeglik doen. Sy wil hê Pieter moet die wêreld van swieng goed onder die knie kry. Sy kan nie bekostig om met 'n man saam met Adri-hulle by daai swiengklub in te stap en die volgende oomblik skrik hy hom boeglam en wil hy die pad vat nie. Sy weet hy gaan meer beïndruk en gemaklik wees as hy alles self kan bekyk – op sy groot skerm, waarop hy so trots is.

“Kyk hier,” sê Pieter. Marie draai om by die boekrak, waar sy na sy boeke geloer het. Sy sien hy is klaar met sy e-pos en is reeds op ‘n swiengerwerf. En dan vervolg hy: “Hulle sê daar is swiengers wat in aparte kamers geruild verkeer. Maar dis glo nie ‘n goeie idee nie, want dan deel jy nie alles met jou maat nie.” Marie glimlag as Pieter vra: “Kan ons akkoord gaan dat ons net selfdekamer-ruilery sal doen, dit wil sê as ons ooit gaan ruil?”

“Beslis my lief,” antwoord Marie, beïndruk dat hy die voorstel oor selfdekamer-spelery gemaak het. Maar sy is nie juis nie beïndruk dat hy nog steeds dink dat onthouding van volseks ‘n ernstige moontlikheid is nie. “Ek het jou mos nou die aand gesê ek wil jou en Adri langs my en Deon hê as ons speel. Ek wil niks doen waar jy nie by is nie en ek is bly dis wederkerig. Dis natuurlik as ons in beginsel besluit het ons gaan voluit.” En sy hoop die manier waarop sy die klem op “voluit” plaas maak hom ook entoesiasties daaroor.

Marie swyg egter oor haar eie sielestryd oor volskaalse swiengery van die afgelope week. Daar was by haar ook ‘n mate van onsekerheid of hulle die regte ding doen. Is seks dan nie die een ding wat jou huwelik spesiaal maak nie? het sy al ‘n paar keer gewonder. Moet hulle desondanks al die planne met Deon en Adri, nie maar omdraai met hierdie ding nie? Marie weet haar seksdrang is hoog en as sy eers een maal geswieng het, sal sy nie wil ophou nie. Dalk moet hulle ter wille van Pieter en sy ongemak met hardebaard volswieng maar liewer nie voortgaan nie, het sy al ‘n paar keer gedink. Sy het desperaat op die internet oor hierdie saak gesurf. Sy reken sy het die antwoord gekry – moet dit net nog met Pieter deel.

“Pieter, kom ons kyk bietjie wat sê hulle, wat maak ‘n swiengerpaar se huwelik spesiaal. Ek het nou die aand op ‘n interessante werf afgekom, maar toe’s dit al slapenstyd. Ek kon jou nie wys nie. Dis van ‘n swiengerpaar wat hulle daarop toelê om advies aan ander swiengers, ook voornemende swiengers, te gee. Laat ek gou kyk of ek dit kan kry.” Sy tik self ‘n paar soekwoorde op die sleutelbord voor Pieter in.

“Ja hier is dit.” Marie wys na die teks met haar vinger terwyl sy hardop lees: “Swiengseks in ‘n huwelik is geen probleem nie. Maar wat uiters belangrik is, is eerlikheid, kommunikasie en wedersydse vertroue.” Die woorde is in vetdruk en sy spreek dit stadig en afgemete uit. Sy gee Pieter ‘n soen teen die wang voordat haar vinger verder afgaan. “Kyk wat sê dié vrou nog,” vervolg Marie: “Eerlikheid, kommunikasie en wedersydse vertroue is baie meer belangrik as seksuele eksklusiwiteit”.

“Interessant,” kom dit droogweg klinkend van Pieter.

“So dis waaroor ‘n huwelik eintlik gaan, my man: eerlikheid, kommunikasie en wedersydse vertroue.” Sy lees hardop verder: “Romantiese liefde en ontspanningseks soos in swiengery, is twee verskillende goed.”

“So nou is dit vir my ook duidelik hoekom apartekamer-swiengery uit is, dis die eerlikheid en vertroue wat dan skade ly,” laat Pieter blyk. Marie voel of sy hom weer kan soen uit dankbaarheid vir sy begrip.

“Maar dink jy nie ook dis daai drie goed – eerlikheid, kommunikasie en vertroue – waaraan ons behoort te werk nie, Pieter?”

“Ek stem saam, ons is darem met al die gepraat oor die swieng-ding al klaar daarmee besig – dink jy nie so nie?”

“Beslis my man.” Sy gee hom ‘n drukkie, haar wang weer teen syne. Want sy weet hoe moeilik dit vir hom moes wees om haar haar sin te gee met die voorstel om te begin swieng. Maar, hy het oor dit nagedink en stadig maar seker sy hart teenoor haar begin oopmaak. En nou lyk dit asof hulle op koers is.

“So, wat die eerste aand betref, gaan ons net sagswieng met Deon en Adri,” sê Marie ferm. “Maar hoor hier, ons moet darem net daaroor ook ‘n bietjie nadink,” vervolg sy.

“Wat wil jy daaroor weet?”

“Wel, in die eerste plek, gaan ek of jy vir Deon-hulle vooraf sê ons wil nie verder gaan as sagswieng nie – ten minste nie die eerste aand nie?”

“Ek dink hulle weet reeds,” antwoord Pieter. "Hulle weet ons is groentjies. Hulle het ons immers van sagswieng vertel - gesê hulle het ook so begin."

“Aikona, ons kan nie aanneem hulle sal weet ons wil nie al die pad gaan nie. Jy’t gehoor wat hulle ook daar by die koffiewinkel gesê het: Jou speelmaats met wie jy kamer toe gaan moet vooraf weet. En weet jy nou al, Pieterman, of jy gaan toelaat dat Adri daai eerste aand aan jou meneer vat?” voeg sy by. Marie voel sy wil die ding nou na ‘n kant toe dryf. Pieter moet dit deeglik in sy kop kry dat ‘n ander vrou as sy wat Marie is sy peester fisiek in haar hande gaan neem. Self het sy al gewonder of sy kans sien om Deon aan sy peester beet te kry. Sy’t aanvanklik, voordat hulle vir Adri-hulle ontmoet het, effe gegril by die gedagte om ‘n ander man se penis in haar hand te vat, wat nog te sê in haar mond te neem. Maar met Deon sal dit ‘n ander saak wees, moet sy teenoor haarself erken – hmmm, daai oë, kuif, borshare en boude van hom! Dit sal maak dat sy ander liggaamsdele ook wil eksploreer. Sy sal beslis daar wil vat!

“Ek dink dis ‘n kwessie van balans,” klink Pieter filosofies, “as Deon aan joune kan vat, kan Adri aan myne vat.”

“En jy sal dan nie jaloers wees nie? Selfs nie eens as Deon my ‘n moemfsmul gee nie?” Sy sien Pieter dink diep na oor haar woorde.

“Nee, my vrou, dis mos nie asof ek jou permanent weggee en asof dit agter my rug gebeur nie. Ons gaan alles mos saam doen, ek en jy. En ek wil mos hê jy moet jou geniet. Solank dit gebeur, is ek oukei,” kom dit gerusstellend van hom. “En jy, hoe gaan jy voel as Adri aan my vool vat . . . en my suig?”

Wat, vool?, vool! Sy het nog nooit dié woord oor Pieter se lippe hoor kom nie – praat altyd van sy penis. Dêmmit, hierdie man van my kom nou reg! dink sy.

“Ek sal haar aanmoedig om jou goed te suig; sy kan jou maar afsuig,” probeer sy Pieter absolute gerusstelling gee. “En as sy dit nie goed genoeg doen nie, help ek haar sommer.” Marie het die afgelope dae al baie gewonder hoe Pieter – en sy ook – sal reageer as Adri haar mooi gevormde mondjie oor Pieter se vool laat gly, haar lang swart hare oor sy balsak gedrapeer. Sal Pieter dit ooit toelaat, het sy gedink? Haar woorde behoort hom nou die geleentheid te gee om te protesteer as hy so voel. Terselfdertyd wonder sy of hy ooit styf sal kan word met ‘n ander vrou. Of sal hy reeds styf wees nog voor die vrou hom in haar mond sit? Of, sal sy wat Marie is, hom eers self in haar mond moet styf maak? Sy dink nie dis behoorlik om hom nou reguit te vra nie. Hy’s soms so hiperkorrek, en preuts daarby. Wees maar versigtig, Marie! dink sy.

“Dit sal bedagsaam van jou wees, my dier,” laat hy van hom hoor. Marie is nie seker of hy dit dalk sarkasties bedoel nie.

“Ja, en jy moet haar koekie met jou mond en vingers sommer goed bewerk, soos jy met myne altyd doen,” moedig Marie hom aan. “Sy moet lekkerkry dat haar tone krul,” voeg sy by – en sien in haar gedagtes hoe Pieter tussen Adri se bene lê en sy begin kerm en hyg. Marie voel hoe haar asemhaling swaarder word. Daar is weer klammigheid tussen haar bene.

“So dan is ons wat vole en poesies betref kwits.” Pieter knipoog.

Sy kyk hom half ongelowig aan en slaak ‘n sug van verligting. Sy sien Pieter is nou reg vir geilpratery. Dis nou haar kans. Die beeld van die hygende Adri van so pas en ook opgegeil deur Pieter se eksplisietheid het haar behoorlik hees. “Maar Pieterman, wat gaan ons doen nadat daar met mekaar se piele en poesies gespeel is? Gaan ek en jy, om Deon se woord van verlede Saterdag vir gemeenskap te gebruik, mekaar naai – oop en bloot voor hulle? Dis mos nog alles deel van sagswieng.” Sy wou al lankal die woord ‘naai’ gebruik, maar hoop die verwysing na Deon sal die skok by Pieter effens versag. Sy leun vorentoe om die reaksie op sy gesig te sien. Pieter se kop draai na haar kant toe. Sy oë gaan stadig in die rigting van haar rompie en dan met haar kaal bene af tot by haar voete.

“Die tyd sal leer,” kom sy woorde met ‘n intrek van sy asem, “as ons lus is vir naai, dan naai ons. Of ek moet liewer sê as jy wil naai, dan doen ons dit.” Marie steek haar skok vir sy eksplisietheid weg. Sy weet dit kos baie van hom om so te praat. Sy dink hy doen dit vir haar uit bedagsaamheid.

“Hoe romanties van jou, my man,” reageer sy dankbaar. Sy leun vorentoe en soen hom half dwarslip op sy mond. En dan weer ‘n klapsoen teen sy wang. Haar bruin oë staar betekenisvol in sy helder blou oë.

Marie dink dis nou die tyd om met Pieter oor geil taal te praat. “Hoor hier Pieterman, ons het netnou van oop kommunikasie gepraat. Dink jy nie ons kan maar gereeld woorde soos poes, of ten minste poesie, en naai gebruik nie, my man? Ons het dit nou so pas gedoen; dis baie natuurlik en dit maak my lekker aangedraai. Sy kyk vir die boekrak in die studeerkamer terwyl sy dit sê, te bang om die uitdrukking op sy gesig te sien. Maar sy hoop van harte haar gebruik van die tot op hede taboe woorde in hul woordeskat maak dit vir Pieter duidelik hoe sy oor meer eksplisiete taal voel.

“En wat van piel?” skok hy haar behagend met sy antwoord.

“Uh, uh . . . Ek wou dit uit jou mond hoor,” antwoord sy eerlik en kyk glimlaggend vir hom en knipoog.

“Jy sal jou woord gestand moet doen as ons saam met Deon en Adri is en dinge loop in die rigting van voluit-aan,” kom dit van Pieter. “Deon, kom laat ek jou piel suig. Adri, naai vir Pieter, hy hou van die vrou-bo-posisie.” Marie is nie seker of Pieter die spot met haar dryf nie.

“Sjoe, ek weet darem nie of ek so ver wil gaan nie,” sê Marie half benoud. “Dalk sal hulle geskok wees.”

“Wel, Deon praat van naai. Dit lyk asof hulle heel gemaklik is met eksplisiete taal,” sê Pieter sonder dat sy teestribbel.

“Kom ons oefen maar die woorde op mekaar, dan kyk ons hoe gaan dit,” laat Marie blyk. Sy is verlig die ys is gebreek oor geilpratery. Sy wonder egter hoe Adri dit sal ervaar en of hulle met mekaar so praat. Deon, weet sy, is oukei daarmee.

“Om terug te kom oor wat ons gaan doen na die pielsuigery en poesielekkery. Ek dink ons moet ons opsies oophou,” kom dit wys van Pieter. “Ons kom dalk by ‘n punt waar jy dink ons behoort voluit-aan met hulle te speel. Dan moet jy vir my ‘n sein kan gee – dalk ‘n kodewoord.”

“Sjoe, ek weet darem nie,” is Marie weer die een wat briek aandraai, verbaas dat Pieter nou so ver gaan. “Kom ons dink maar daaroor – daar’s darem nog tyd.” Maar hoekom nie, fantaseer sy vir ‘n oomblik oor Deon en Adri saam met hulle in ‘n kamer. As jy eers gevat, gelek en gesuig het, wat is nou so erg daaraan om daai organe met mekaar te laat kennis maak? filosofeer sy. Dis nie eens so intiem soos oraal nie; daar’s ‘n kondoom tussenin, rasionaliseer sy. Sy besluit om dit nie nou met Pieter te deel nie.

“So wie gaan die leiding neem om kamer toe te gaan, ons of Adri-hulle?” wil Marie nou weet.

“Ek dink ons moet ons aanvanklik bietjie afsydig hou, hulle laat voel hulle moet veroweringswerk doen. As ons die voorstel sou maak om kamer toe te gaan, gaan dit nie goed lyk nie. Hulle kan dink ons het hulle vir die gek gehou deurdat ons gepraat het van ons groentjieskap. As ons hulle eerder die leiding laat neem,” vervolg Pieter, “sal hulle goed voel as hulle weet hulle het ons aan swieng voorgestel.”

“Op ‘n praktiese manier,” kom Marie tussenbeide en sy beduie met haar mond hoe daar gelek en gesuig gaan word terwyl sy op haar elmboë op die lessenaar langs Pieter leun.

Pieter grinnik. “Ja, en dink net hoe geëerd hulle gaan voel as ons uiteindelik voluit-aan met hulle speel en hulle kan agterna sê hulle het ons ingebreek – geheel en al van ons swiengermaagdskap ontneem.”

“Ek sien al hoe daai wulpse Adri jou gaan ry tot jy voos is . . . en agterna met lus met daai geselserige bekkie vertel hoe sy jou van jou maagdelikheid verlos het,” kan Marie nie help om op te merk nie.

“En as hulle ons nie vra om kamer toe te gaan nie?” vra Marie bekommerd. “Hulle sien dalk ou swiengervriende of ‘n ander nuwe paar wat dalk na ‘n beter proposisie lyk.”

“My vrou, dan is ons op ons eie en het ons veroweringswerk om te doen. Ons sien dalk ‘n paar wat ewe goed, dalk nog beter, lyk – dalk ook beginners. Dis dan ‘n geval van ons wat die leiding neem. Die nuusberigte sal lui: ‘Dapper groentjies inisieer ander groentjies in swieng’.” Marie is hoogs beïndruk met Pieter wat nou sy staal begin toon.

“Jy raak nou te vindingryk vir my, my man.”

“Toemaar, ek dink nie dit sal gebeur nie. Deon-hulle sal mos besef hulle laat ons in die steek, nadat hulle ons aanleiding gegee het dat hulle ons wil touwys maak. Ek dink darem nie hulle is daai tipe nie.

“Ja, want dit sal dan ‘n geval wees van: Hulle laat ons in die steek en laat ons deur ander steek,” lag Marie vir haar ondeundheid en verlig dat sy nou meer geil kan praat. Pieter gee ook ‘n laggie. Marie hoop dis vir haar spitsvondigheid.

“Dis nog steeds die begin-ding wat my pla. As ons in die kamer kom, wie trek eerste klere uit, ons of Adri-hulle?” is Marie weer eens nuuskierig.

“Natuurlik weer hulle. En as daar gevat word, vat hulle eerste. Want hulle is die ervarenes en is ons mentors. Ons volg net.” Pieter raak nou baie wys.

“En sê nou hulle begin met mekaar speel, wat maak ons?” Marie wil seker maak daar is geen misverstande tussen haar en Pieter nie

.

“Weer eens, my lief, dan doen ons dieselfde – tot hulle ander planne kry. Miskien neem Adri die leiding en dalk betrek sy jou. Ons het mos op daai een webwerf gesien vroue neem oor die algemeen die leiding met swiengsessies.”

“Ek dink jy’s reg dat hulle ons maar moet lei. Netnou, as ek eerste iets doen of voorstel, dink hulle ek is ‘n opperste slet.” Marie klink bekommerd.

“Nou die kwessie van diskreetheid, sê Marie bekommerd, “wat maak ons as ons iemand by die klub raakloop wat ons ken?”

“Lankal oor daai een gedink, my vrou. En self so bietjie op die internet gekyk. Jy groet beleefd en gaan voort asof dit normaal is. Want net soos wat hulle verras is om jou daar te sien, is jy verras oor hulle. Hulle is daar vir dieselfde rede as jy en hulle is waarskynlik net so begaan oor diskreetheid. Want hulle weet ook dat dit ‘n alternatiewe leefstyl is – nog nie deur almal aanvaar nie.

“Kan jy nou vir ons ‘n lys van die reëls maak?” terwyl ek vir ons gaan koffie maak, vra Marie.

“So, hier is ons reëls vir ons eerste aand,” sê Pieter plegtig toe sy na 15 minute met die koffie inkom. Hy hou die A4-blad in die lug.

“En hoeveel is daar?”

“Net 25, my vrou, 25.” Sy kan sien hy is trots op die lys – haar presiese man.

Pieter lees vinnig hardop deur die lys.

“Uitstekend, my man,” reageer Marie.

“So is jy nou tevrede?” vra Pieter. “Jy was mos so bekommerd dat ek dalk sonder jou in ‘n ander kamer sal gaan speel. Maar hier staan dit nou duidelik dat Marie en Pieter nie in aparte kamers naai nie.” Marie kyk hom aangenaam verras aan. Sy besef skielik Pieter is besig om meer en meer teenoor haar oop te maak, meer eerlik met haar te kommunikeer. Sy omhels hom, vryf met haar hand liefderik teen sy maag af en steek haar hand onder die rek van sy maroen sportbroek in.

Haar hand gly grasieus deur die blonde krulle van sy skaamhare, verder met die slap skag van sy vool af, tot by sy kop. Haar duim en voorvinger vat die kop van weerskante af vas. Sy gee hom ‘n sagte drukkie en skok hom fluisterend, haar mond by sy oor. "En hierdie is die piel waarmee ek die altyd die heel graagste sal wil naai." Marie is jags en voel hoe haar poesie ruim aanklam.

Pieter stoot haar stadig weg van sy skouer af. Haar hand glip uit sy broek uit. Hy rys van sy lessenaarstoel af op en stap na die studeerkamer se deur. Hy draai die sleutel, maak seker dat dit gesluit is. Pieter se blou oë kyk stip na hare toe hy haar aan die arm vat. “Kom,” sê hy. Hy lei haar tot by die leergemakstoel naby die boekrak. Vir ‘n oomblik los hy haar arm en draai die stoel om sodat die rugleuning na sy lessenaar wys.

“Teen die stoel,” sê hy en stoot hy haar aan haar rug vorentoe. Gaan ek nou pak kry? wonder Marie. Pieter het haar al ‘n paar keer gelooi nadat hy uitgevind het dat sy ‘n bietjie van ‘n BDSM-streep het. Sy dink daaraan dat sy en Pieter op een werf gesien het dat daar ook swiengers is wat looiery beoefen. Dalk het dit hom beïnvloed. Haar pienk tekkies skuifel oor die vloer tot haar bobene teen die agterkant van die stoel se rugleuning begin aandruk.

“Buk,” kom dit streng van haar man, “hande op die sitplek.” Hy druk haar kop omlaag. Die steil ligbruin hare van haar pixie-haarstyl val by haar ore verby. Liewe aarde, ek wou net swieng en kyk wat gebeur nou! dink sy. Haar hande het afgesak en rus op die sagte bruin leer van die sitplekkussing. Die hare hang voor haar oë. Sy kan net-net deur die spleet van die haarskeiding voor haar gesig, aangehelp deur die paadjie aan die linkerkant van haar kop, die bruin vloermat voor haar sien.

Marie se ligpienk rompie span styf oor haar geronde agterstel. “Wat gaan jy nou met my doen,” vra sy benoud.

“Toemaar, jy sal sien.”

Dan voel sy hom haar rompie agter aan die soom vat. Sy voel hoe haar man die agterpant oplig en met sy ander hand aan die sykante die romp hoër en hoër oor haar dye help. Hy trek dit ver op sodat sy voel haar boude, behalwe vir die wit broekie wat sy aan het, is volledig ontbloot. Pieter vou en frommel die romp sodat dit oor haar onderrug lê. Sy voel hoe sy vingers onder die middellyf-rek van haar broekie ingly en van kant tot kant beweeg – so asof hy die sterkte van die rek toets. Marie byt op haar onderlip toe sy skielik besef Pieter moet die gaatjie net regs van haar boudespleet in die wit broekie kan sien. En dit was ook so.

“En hierdie gaatje?” kom dit van hom. Sy skaam haar morsdood. Dis 'n werksbroekie van haar en sy het net nog nie daarby uitgekom om dit heel te maak nie. Pieter is tog so trots op haar met haar weens haar netheid en ook haar naaldwerkvaardighede. En nou dit!

“Dis ‘n uitsondering, ek wou dit nog hierdie week reggemaak het,” maak sy onoortuigend verskoning.

“Weet jy dat dit strafbaar is?” kom dit van hom. Sy neem haar voor sy gaan niks meer sê nie – sy kan haarself net verder in die moeilikheid in praat.

Sy voel hy vroetel waar die gaatjie sit. Hy het wragtag ‘n vinger deur daardie gaatjie, kom sy met ‘n skok agter. Sy voel hoe sy vinger op en af in haar boudespleet beweeg, terwyl hy haar regterbinnewang streel.

Marie kom agter Pieter het sy vinger meteens uit die gaatjie onttrek. Dan voel sy hoe sy vingers weer onder haar broekie se bo-rek inhaak. Sy voel hoe sy groot hande die broekie se rek geleidelik begin aftrek. Hy doen dit met grasie, asof die rek moontlik sou kon breek. Geleidelik werk hy dit na die onderkant van haar boude. Sy voel hoe een van sy gekromde vingers se nael kontak maak – dalk nie opsetlik nie – met die gevoelige diep vlakke van die binnewange van haar boude. Sy voel die broekie se rek begin styf span oor die wyd bultende middeldeel van haar breë, ronde boude. Sy wens hy wil dit sommer in een haal na onder trek. Pieter se vingers, steeds stadig in haar boudegleuf na onder skuiwend, vermy versigtig haar ballonknopie. Wat na ‘n ewigheid voel is die pêntie uiteindelik om haar knieë, die posisie wat Pieter sê die paslikste is. Met haar voete wat skouerwydte uit mekaar moet wees, span die pêntie se rek amper tot breekpunt. Marie voel hoe hy haar nou volledig ontblote boude van bo na onder en van links na regs met sy groot hande streel. Die volgende oomblik is Pieter se bekende dik middelvinger tussen haar nat lippies in. Hy soek haar opening. Sy voel hoe die vinger daar inglip. ‘n Paar keer gly dit in en uit. Dan voel sy hoe die vinger haar verlaat.

Sy hoor hoe Pieter sy belt losmaak. Hel, wat beteken dit? wonder sy. Sy hoor hoe sy sportbroek en onderbroek op sy voete val. Dan sien sy hoe hy Pieter uit sy broekgoed trap, links beweeg en effens dwars draai. Onder haar arm deur sien sy hoe die kop van sy omhoog gaande stywe penis bo die rand van die leunstoel se rugleuning begin uitloer. Die frenulêre driehoekie onderaan die kop staan soos haar RAV se gevaardriehoek, duidelik waarskuwend. Hmmf, dink sy, jy druk my kop omlaag en joune gaan omhoog.

Die blou T-hemp se onderkant lê gefrommel in die mik wat sy orent vool met sy onderlyf maak.

Pieter se hande streel weer oor haar boude. Is hulle nog vir jou mooi en sexy? wonder sy.

“Is jy besig om na my vetkuiltjies se kyk?” wil sy parmantig weet.

“Kyk hier vroumens,” ek het nou net mooi genoeg van al jou vrae vandag gehad. Dis tyd dat jy gedissiplineer word.” ‘n Brandende hou van Pieter se groot oop hand kom met ‘n wye swaai op haar linkerboud neer terwyl hy vorentoe leun. Dis natuurlik sodat hy nie sy pronkende piel raakslaan nie, dink sy. “Toe, voete verder uit mekaar. Ek wil daai pienk tekkies van jou skouerwydte hê,” beveel hy haar. Sy gehoorsaam. En toe weer: kaplaks - hierdie keer op die regterboud. Dit brand soos vuur. “Dit was nommer twee, tel jy hulle nou verder – hardop,” gebied hy haar.

“Drie,” laat sy haar stemmetjie hoor – kreunend. “Vier,” rond sy die volgende harde wikshou weer seremonieel af. Al verweer wat sy het is dat haar hande die sagte bruin leerbekleedsel van die stoel stewiger vasvat. Marie het al voorheen met Pieter se groot hande te doen gehad. Daar is geen uitkomkans as hy sy visier op haar boude ingestel het nie. Sy is honderd persent seker rooi vinger-striemhale ‘versier’ – soos Pieter dit al uitgedruk het – op hierdie oomblik haar agterwerk. En toe die volgende twee houe val weet sy dit gaan weldra nie meer vingerstreep-versiering wees nie. ‘n Egalige rooi lyk altyd so goed afgerond, het Pieter al by geleentheid gesê.

“So dit was ses,” sê Pieter gou, asof sy nie gou genoeg die telling bekend maak nie. “En vir die swak versorging van jou onderklere, kry jy op die koop toe nog twee.” Marie kerm en kreun toe die houe in vinnige opeenvolging op haar agterstewe neerkom, een op elke boud. “Sewe,” en “agt,” kom dit nou onmiddellik van Marie na elke harde slag, bang dat ‘n trae aankondiging van die telling kan lei tot verdere korrektiewe stappe. Dêmmit, hierdie twee was seerste van die lot.

“So dit was die kersie op die koek,” kom dit veelseggend van Pieter. Marie sien sy orgaan maak ‘n opwaartse stuiptrekking toe hy dit sê. Die druppel wat aan die punt gevorm het skud amper af in die proses.

Sy kom agter hy skuif weer agter haar in. “Is dit nou klaar, kan ek nou regop kom?” wil sy weet.

“Nee is ons is nog lank nie klaar nie,” kom dit ernstig van hom. “Onthou jy my vinger van netnou – hierdie een?” Sy voel hoe hy die mate van haar natheid in haar vagina met sy vinger peil. “Wel, ek het ‘n substituut vir hierdie vinger.” Sy hoor ‘n sjloep-geluid toe hy die vinger uit haar uittrek. Dan voel sy sy penis, sy piel! Dit voel harder as wat dit netnou gelyk het toe dit teen haar boude begin aandruk. Dis ‘n kwessie van sekondes voordat sy dit teen haar opening voel beur. Pieter gaan stadig te werk. Dis asof hy sy eikel teen die opening hou om dit goed deur haar sappe te laat smeer. Asof dit nodig is om ‘n ruimer vogtige omgewing te skep, voel sy hoe hy dit op en af tussen haar lippies beweeg. Die inbeurslag maak dit absoluut duidelik dat iets van veel groter omvang as sy vinger nou betrokke is. Sy kreun kortaf met die volledige inbed van sy orgaan in haar.

Pieter begin haar met passie stoot. Sy weet nie wat met haar gebeur het nie. Hierdie soort van ding het nog nooit in sy studeerkamer plaasgevind nie. Die vorige kere wat sy geraps is, was in die slaapkamer. En as hy met die plathand-loesery klaar was het hy haar op die bed neergelê en missionêr genaai, die posisie wat hy sê vir hom die mees besitlike een is. Hierdie is die eerste keer dat hulle in ‘n staande posisie naai. Maar kla daaroor, sal sy beslis nie. Haar boude het al afgekoel van die striemhale toe die koppelgenot haar oë wasig laat word. Sy kan die titels van die boeke op die rak sentimeters voor haar gesig glad nie meer lees nie. Haar maag begin ruk en sy begin saamtrek. Sy voel hoe Pieter met groter drif en en uit beweeg. Al wat sy hoor is die sjloep-sjloep-geluide van sy bewegende instrument, uiteindelik gevolg deur die geklap-klap van sy heupe teen haar boude. Sy vingers rem hard aan haar heupholtes. Sy kan haar pienk tekkies nie meer skouerwydte uit mekaar hou nie. Haar knieë beweeg knakkend na mekaar en sy voel hoe die broekie afgly tot op haar voete. Haar eie genot kulmineer in ‘n hees, amper sugtende kreun. Dis ‘n kwessie van oomblikke toe sy hoor sy orgasme breek ook oor hom – met ‘n diep kreun soos sy lanklaas uit sy mond gehoor het.

Marie kom regop toe sy voel Pieter het uitgetrek. Sy draai om, haar regterarm gaan om sy nek. Sy soen hom passievol terwyl haar linkerhand sy byna nog volledig stywe vool styf vasvat. “Wat ‘n loesing . . . en ‘n naai!” is al wat sy uitkry toe sy haar mond wegtrek. Pieter sit jy vinger op haar mond, asof hy wil sê sy moenie so praat nie.

Marie trek haar rompie reg, tel haar broekie op en steek hom voor by haar bra in. Dis ‘n kwessie van minute voordat Pieter ook weer ten volle geklee is. Hy stap na sy rekenaar en sluit dit af. Hy vat Marie aan die hand, stap na die deur en sluit dit oop. Albei kyk, soos honde wat vet gesteel het, links en regs voordat hulle kombuis toe stap om iets te drinke te kry.

“As Adri en Deon nie teen volgende Saterdag gebel het nie, weet ek nie so mooi nie,” sê Marie.

“Toemaar, hoe langer hulle vat, hoe meer reg is ons vir hulle,” se Pieter kordaat.

Marie wonder wat hy bedoel.

(word vervolg)


Comment