Join the most popular community of South African swingers now
Login

As dit pap reën ...

"Groepswoeps"

7
1 Comment 1
2.3k Views 2.3k
5.3k words 5.3k words
Kobus sit rustig en teug aan ‘n yskoue vrugtesap. Dit was ‘n lang week gewees en hy is dankbaar vir die afskakel van die werk. Programmering is nie maklik nie en is ‘n baie kompeterende veld, om nie te praat van die tegnologiese uitdagings nie. Hy sit en wonder wat gaan hy vanaand kan doen. TV is deesdae ook nie meer wat dit vroeër jare was nie en vir lees is hy beslis nie nou lus nie. Sy vriendin Michelle werk vanaand laat en sal eers moremiddag kan kom kuier. Gesteurd kyk hy na sy selfoon wat op die tafeltjie langs hom begin vibreer. “Wie de duiwel sal my nou weer soek? Ek hoop nie dis iemand by die werk nie!” dink hy half vererg as hy na die onbekende nommer kyk. “Goeienaand” antwoord hy versigtig. “Kobus wat praat”. “Kobus, jou lekker ding! Wat maak jy vanaand?” hoor hy, effens verbaas. “Petra? Is dit jy? Het jy ‘n nuwe selfoon gekry?” vra hy terwyl hy regop sit. Hierdie aand gaan dalk nie so vervelig wees as wat hy gedink het nie. “Natuurlik is dit ekke”, lag sy. “Ek het ‘n nuwe selfoonkontrak gekry en ook ‘n nuwe nommer.” “Nou hoekom was jy so skaars die laaste tyd?” vra hy. “Ag, ek was bietjie jaloers toe jy meer aandag aan Michelle gegee het as aan my toe ons gebraai het. Lekker simpel van my, ek weet” sê sy. “Maar Pieter was dan saam met jou.” sê Kobus. “Gmf, daardie aap! Hy weet nie om ‘n vrou te hanteer nie” blaker sy dit uit. “Hy is net die ene hande en asem. Niks wat my opgehelder het nie.” Kobus sit stadig terug in sy stoel. Kan jy dit glo? Petra is jaloers op Michelle, haar beste vriendin! Dit het hy nie besef of ooit vermoed nie. Hy wonder of Michelle dit weet. Hier kan lelike dinge ontwikkel as hy nie sy kaarte reg speel nie. Michelle is sy jarelange vriendin. Hulle het albei besluit om nie te trou nie maar daar vir mekaar te wees wanneer die een die ander een nodig sal hê. Kobus gryns so effe ondeund as hy daaraan dink hoeveel Michelle hom nodig het. Daardie meisie se libido het bykans nie perke nie maar wie kla nou as dit pap reën? Nie hy wat Kobus is nie! “Kobus, is jy nog daar?” klink haar stem skielik in sy oor. “E.. jaa, natuurlik. Ek het net gou ‘n sluk vrugtesap gevat. Jy weet dit is vrek warm.” maak hy flou verskoning. “Mmm, dis ‘n groot sluk daardie gewees hoor! Wat doen jy?” vra sy nuuskierig. “Nee, ek sit sommer hier en dink” sê hy. “En waaraan nogals?” vra sy speels. Kobus voel hoe die bloed in sy gesig opstoot. Hy het nog nooit vir iemand vertel nie maar altyd gewonder hoe dit sal wees om Petra eendag goed vas te vat. Nie dat daar probleme tussen hom en Michelle is nie – Inteendeel, hulle het al gepraat oor ‘n groepswoeps maar nog nooit ernstig daaraan aandag gegee nie. Nou moet hy mooi dink voor hier moeilikheid kom. “Aan die werk en so aan” sê hy. “Kobus, moenie vir my jok nie. Jy kan nie lieg nie al probeer jy ook” treiter sy hom. “Vervlakste meisiekind!” dink hy. “Sy ken my ook te goed!” “Ok, ok. Ek het gewonder wat ek vanaand kan doen. Ek is nie lus vir TV, lees of houtwerk nie. Ek sit dus maar en duime rol” antwoord hy. “Is jy lus vir uitgaan?” vra sy. “Saam wie? Michelle werk laat” sê hy. “Ek weet, simpel.” lag sy. “Jy kan my uitvat. Ek belowe ek sal my gedra.” Kobus voel hoe sy oë groot rek. “E... ek kan nie jong. Ek is regtig moeg van die week se dinge. Ek wil liewer by die huis bly” skerm hy. “Dan kom kuier ek vir jou” koer sy ondeund. “Wat sal Michelle sê as sy hiervan hoor” vra hy benoud. “Is jy bang vir Michelle?” terg sy en gee ‘n stoute laggie. “Doodbang!” verseker hy haar. “Sy sal jou oë uitkrap en van my mangels oorbelletjies maak as sy dit uitvind!” “Aaaaaa… maar daar sit jy die hele pot mis, my vriend!” sê sy. “Ek het klaar met haar gepraat en sy het gesê dit is reg met haar, solank ek iets vir haar oorlos vir die naweek.” Kobus kan sy ore nie glo nie. “Sowaar? Jy trek nie my been nie?” sê hy. “Regtig nie. Jy kan haar bel dan hoor jy” sê sy. “Wag so bietjie! Wag so bietjie! Sweer julle twee saam teen my?” vra hy. “Net kuier?” “Net wat jy nodig het, het sy gesê” sê Petra. “Onmoontlik!” dink Kobus. “Dit kan nie wees nie.” “Jy’s ernstig nê? Ek gaan haar bel en hoor en as jy my ‘n poets gebak het, gaan jou mooi boudjies goed pakslae kry!” dreig hy. “Doen so dan praat ons weer maar moenie te lank wees nie, ek wil kuier!” sê sy. “Ok, ek bel jou nou terug. En pasop as jy my hoax!” “Is reg, ek sal hier wees” laat sy hom weet. “Baai jy – Praat nou weer.” “Totsiens, Kobus. Ek wag vir jou” laat sy stroperig hoor. Kobus skakel fronsend die oproep af. “Wat de hel…?” dink hy. “Kan dit wees? Hy besluit om Michelle dadelik te bel. Vir ‘n kort oomblik trill haar lui-toon in sy oor as hy haar nommer geskakel het. “Hallo Kobus” hoor hy die oorbekende, helder stem. “Ek het gewonder wanneer gaan jy bel” “Haai. Hoekom sal jy so-iets dink?” vra hy. Iewers is ‘n slang in die gras. “Jy het mos gesê jy gaan laat werk. Ek sal jou mos nooit by die werk pla nie” “Nee, ek het maar net gewonder of jy verlang soos ek” sê sy. “Hierdie slang het ‘n lang stert” dink Kobus. Michelle sal nie dat liefdes-emosies by haar werk inmeng nie. “Natuurlik doen ek” skerm hy. “So jy bel my om te sê jy verlang ook?” vra Michelle. Kobus weet dat hy nou mooi spore moet trap. Michelle is nie onder ‘n kalkoen uitgebroei nie en sal nie nonsens duld nie. “Ek het nounet met Petra gepraat. Sy sê jy het haar toestemming gegee dat ek haar mag uitvat vanaand. Is dit waar?” vra hy effens benoud. Hy hoor die stilte aan die anderkant van die foon langer word en voel hoe die sweet op sy voorkop uitbars. “Hier kom ‘n groot opfok” dink hy. Petra het hom gehoax en nou sal hy die gevolge moet dra. “Dit kom daarvan as jy jags raak vir jou meisie se beste vriendin” dink hy vies. “Jy nog daar?” vra hy versigtig. Is dit ‘n gegiggel wat hy in die agtergrond hoor? “Natuurlik, jou aap!” lag sy. “Ek het haar toestemming gegee. Ek het dit eintlik voorgestel want ek weet hoe besig jy was en ek nie daar sal wees nie.” “Waaaaaat! Is jy ernstig?” vra hy stomgeslaan. “Jy ken Petra. Haar briekblokkies is lankal uitgewerk. Sy het nie einde nie!” “Ek weet ja” lag sy. “Hou haar maar in toom. Daardie Pieter was nie goed vir haar nie.” Kobus frons diep. “Nou wat stel jy voor hoe moet ek haar besig hou?” “Wees kreatief” antwoord sy geheimsinnig. “Hoe bedoel jy? Fliek, uiteet? Ek is moeg jong!” probeer hy keer. “Ag jong, wees net ‘n man vir haar. Sy het dit regtig nodig. ” Kobus dink ‘n oomblik diep. “Ok, ek sal troos waar nodig maar sy klink beslis nie hartseer nie hoor!” “Doen wat jy gewoonlik doen soos vir my” sê sy. “Ek verstaan nie, jong. Jy praat in raaisels” sê hy. “Wees net jouself soos by my, dis al wat nodig is. Jy kan self die grense stel” sê sy. Kobus wil nog verder vra maar Michelle val hom in die rede. “Geniet vanaand, ou grote. Ek moet nog gaan klaar werk. Stuur vir Petra groete.” “Ok, ek sal. Nie te laat werk nie hoor.” laat hy haar weet. “Ek sit vir ons more-middag ‘n vleisie op die kole as jy kom kuier en dan vertel ek alles.” “Reg so. Tot more dan. Geniet.” sluit sy af. Kobus sit fronsend en uitstaar oor die tuin. Wat sou Michelle bedoel het met “Jy kan self die grense stel”? Hy weet hy is jags vir Petra maar daar is darem seker perke? Het Michelle hom ‘n “blank cheque” gegee? Kan hy dit waag? As hy terugdink aan hulle gesprek dan kan hy geen rede sien om te twyfel nie. Hy besluit om maar te sien hoe die wind waai. Michelle werk in elk geval laat en Petra sal niks sê nie. Hy skakel Petra se nuwe nommer aarselend. “Haai, Petra. Kobus hier.” “Ja Kobus? Wat sê sy toe?” vra Petra. “Ek het nounet met haar gepraat en sy het gesê dit is reg en ek kan die grense stel. Wat het sy daarby bedoel?” vra hy. “Net wat jy daarvan maak” lag sy. “Wat gaan ons doen?” “Kan ons maar net hier by die huis kuier?” vra hy. “Ek is redelik moeg en is nie lus vir mense nie.” “Wil jy glo! Ek is ook nie lus vir mense nie. Ons kuier sommer daar op die stoep of in die sitkamer. Is dit reg so?” wil sy weet. “Tops. Ek sal ‘n bottel soetwyn vir jou reghou. Muskadel?” “Jy weet dan!” sê sy. “Een van my gunstelinge” ‘Ok, sien jou netnou. Veilig ry” “Nou daar.” sluit sy af. Kobus sit en mymer op die stoep. Die bottel wyn en eetgoed is reggesit vir ‘n lekker kuier en gesels. Hy kan maar net nie ophou om Michelle en Petra met mekaar te vergelyk nie. Michelle is klein en fyn gebou, atleties maar met ‘n mooi paar borste wat enige man se mond sal laat water. Petra is langer en medium gebou, sterk maar vroulik met ‘n voller bors as Michelle maar net so ferm en uidagend met parmantige tepels wat nie skaam is om op aandag te staan per geleentheid nie. Hy voel hoe daar lewe in die suide kom net aan die gedagte van Michelle of Petra sonder ‘n toppie. Kobus is nie bang om te erken dat hy ‘n borsteman by voorkeur is nie. Hy ag homself baie gelukkig dat Michelle so mooi is en hy is onder andere baie trots op haar daarvoor. Hy wonder hoe Petra sal lyk sonder ‘n bo-stuk. Hy het mos gesien hoe daardie tepels veg om deur die bra en toppie te klim vir aandag. Net daar en dan besluit hy om homself in toom te hou. Dis nie die moeite werd om Michelle te verloor net vir ‘n aand se pret nie. Boonop kan hy maar net nie vir haar jok nie – Sy sal weet. Hoe, weet hy nie maar ondervinding het hom geleer dat sy erger as ‘n bloedhond is as dit kom by dinge wat hy probeer wegsteek. Skielik hoor hy Petra se skedonk voor die motorhuis stilhou. Hy het al lankal opgegege om haar te oortuig om ‘n nuwe motor te koop. Hy stap na die sydeur toe om haar in te laat. Met ‘n langerige soengroet kom sy die huis binne gestap. Hare los, laehals bloes en stywe denim is wat sy oë hom begroet toe sy verby drentel. Verbeel hy hom of is daar ‘n ekstra swaai in daardie heupe? “Toe, toe toe! Wat staar jy so?” vra sy kamma kwaai met haar hande op die heupe. “Wanneer begin ons drink?” “O ja, natuurlik, Skies man!” maak hy verskoning. “Sit solank, ek is nou terug” In die kombuis leun Kobus terug teen die kombuistoonbank. “Demmit, maar sy is soos dinamiet aangetrek vanaand!” dink hy verboureerd. “Ek beter vir my wickets keer want anders gaan ek myself uitboul vanaand." Kobus neem die glase en wyn na die sitkamer en steek vierspoor in die deur vas. Petra het op die bank plaasgeneem, sandale uitgeskop met haar bene ewe vroulik onder haar ingevou. Dit is egter nie wat Kobus se mond laat oophang nie. Sy het ‘n ekstra knopie van haar bloes losgemaak en hy kon duidelik sien dat sy nie meer ‘n bra aanhet nie. “Wa.. wat maak jy?” vra hy heeltemal ontstig. “Wat bedoel jy, Kobus?” vra sy met ‘n vonkel in haar oë. “Jy het nie meer die klere aan waarmee jy ingekom het nie” sê hy. “Natuurlik nie. Mens sit nie met skoene op die bank nie” terg sy hom. “E… ja dit ook” stamel hy. ‘Jou bloes se boonste knopies is los en ek kan amper die hele Europa sien. Skaam vir jou!” “Mmmm, gee jy om?” vra sy met haar kop effens skuins gekantel. “Wil jy meer sien?” Kobus voel hoe sy broek skielik te klein voel en sy gesig vlam soos hy bloos. “Nee, nee dis ok. Solank jy gemaklik is” probeer hy die saak beredder. “Nou toe, skink die wyn en kom sit hier dat ons mekaar in die oë kan kyk” sê sy. “Ek het opdrag om jou iets te vertel.” Kobus skink vir haar ‘n halwe glas wyn en gaan sit langs haar op die bank. Hy is versigtig genoeg om nie sy oë te laat dwaal na wat sigbaar is nie maar dit gaan maar bars. Toe hulle gemaklik is en Petra ‘n paar slukkies wyn geteug het, skuif sy nader en sê: “Ek het al gesien hoe jy na my kyk en dit laat my baie lekker voel. Ek weet jy en Michelle is ‘n item maar vanaand is dit net ek en jy. Sy het my toestemming gegee om met jou te kuier en jy kan besluit waar jy die streep wil trek. Wat sê jy daarvan?” Kobus staar grootoog na haar. Al sy goeie voornemens het soos ‘n gedagte verdwyn. Hier is nog ‘n meisie wat sy mond laat water, sy hande laat juk en hom eenvoudig net jags maak. Skielik besluit hy om saam te speel en te kyk hoe ernstig sy is. “Ek sê jy het te veel klere aan – Jy is verkeerd aangetrek vir die geleentheid” probeer hy haar braaf tereg wys. “Ok, wat wil jy sien?” vra sy. “Trek jou bloes heeltemal uit” daag hy haar uit. Sonder huiwering begin sy die laaste knopies losmaak en laat die bloes met ‘n effense skud van haar skouers teen haar rug en arms afgly. Kobus voel hoe sy mond droogword van jagsheid. Haar borste is alles en nog meer van wat hy gedink het. “Hou jy van?” vra sy terwyl sy haar skouers agtertoe trek sodat hy beter kan sien. “Fokkit, Petra!” is al wat hy uitkry. Voor hom uitgestal is ‘n paar ferm C-skulpborste met die perfekte tepels. Hy kan nie help om te sien hoe hulle al klaar styf is nie. “Wat?” vra sy? “Wil jy hê? Hulle soek jou lippe en hande!” Voordat hy die daad by die woord kon voeg, hoor hy iets by die deur. Toe hy omkyk, word al sy nagmerries waar. Daar staan Michelle, leunend teen die muur, arms gevou en kyk na hulle. Sy het ‘n loshangende bloes en medium romp aan maar Kobus is blind daarvoor. Al wat hy sien is dat een nagmerrie op die ander hom vir die res van sy lewe gaan ry. “Wat gaan hier aan dat hier niks aangaan nie!” vra sy kwaai. “Toe, toe! Moenie nou ophou omdat ek hier is nie – Gaan aan!” Kobus voel hoe sy bene lam word en hy weet – vandag het hy drooggemaak soos nog min in sy lewe. “H… hallo” stamel hy totaal verboureerd. “Wat maak jy hier?” “Ek kom kyk hoe dit lyk as jy my beste vriendin naai!” sê sy. “Nog nooit!” skerm hy. “Ek sal mos nie so-iets doen nie. Ek het maar net gekyk.” Hy weet dat hy vandag moeilikheid het wat hy nie sal kan hanteer nie. Dit kom daarvan as jy met alles behalwe jou brein dink! Hy draai om na Petra sodat sy moet help verduidelik en daar val sy mond vir die soveelste keer die dag weer oop. Sy sit nog net soos hy haar gelos het en al wat bygekom het was die stouter flikkering in haar oë! Wat te donner…? Toe hy terugdraai na Michelle, besef hy finaal dat hy sy laaste varkies verloor het want hier kom sy sensueel en kaalvoet aangestap, besig om haar bloes uit te trek met ‘n ondeunde vonkeling in haar oë! “Maak my wakker! Nee moenie my wakker maak nie!” maal dit deur sy kop. Skielik spring hy op en gaan staan verward eenkant. “Wat te hel gaan hier aan?” wil hy weet. “Net dit wat ek jou gesê het, Kobus. Ek wil sien hoe jy vir Petra naai” Kobus kan nie sy ore glo nie. Is hulle altwee gerook of iets? “Jy kan nie ernstig wees nie, Michelle” kry hy dit uiteindelik uit. “Ek kan dit mos nie doen nie.” “En as ek jou toestemmming gee?” vra sy. Kobus skud sy kop om seker te maak hy hoor reg. Hierdie twee meisiekinders het hom al soveel poetse gebak dat hy nie mooi weet of hy reg hoor nie “Is jy seker, Michelle?” vra hy sag. “Jy gaan nie spyt wees nie?” “Haai, Ek is ook nog hier hoor!” sê Petra van die bank af. “Ek ken jou en weet wat ek in jou het, Kobus. Jy kan die hele wêreld naai maar jy sal altyd myne wees en terugkom na my toe” antwoord sy. “Wat van jou, Petra? Wil jy ook?” vra Kobus “Ek wou nog altyd daardie yslike voël van jou gevoel het. Net om te sien hoe jags jy word as jy na my tieties kyk, het my nat gemaak.” Kobus voel hoe die wêreld om hom duisel. Hulle weet albei dat hy jags was vir Petra! “Michelle?” vra hy? “Ek weet lankal dat jy jags was vir Petra maar jouself ingehou het. Ek en sy het al ‘n paar keer daaroor gepraat en het nou die dag besluit om jou eers te terg en dan te laat begaan. Dit was ‘n fantasie van my om te sien hoe jy vir Petra sal naai want dan weet ek hoe dit lyk as jy my vat.” “Michelle sê altyd hoe lekker jy kan ry” kom dit van Petra se kant af. “Kom wys my of sy reg is, Kobus!” Kobus voel hoe die skrik soos ‘n berg van sy rug afrol. Hulle het hom weer gevang en behoorlik hierdie keer! Skielik voel hy die kalmte oor hom spoel en sy brein weer helder word. Sulke merries! Hy gaan hulle wys – Hy kan ook die spel speel! “Kan ek vir jou ook ‘n glas wyn inskink, Michelle?” vra hy beleefd. “Petra is jou ‘n hele paar slukke voor.” “Asseblief. Dit sal lekker wees, dankie” antwoord sy. Kobus skink vir haar ook ‘n halwe glas soetwyn. Hy stap na haar toe waar sy net in haar rompie staan en gee vir haar, haar glas. “Hallo jy”, groet hy haar met ‘n teer soentjie op die wang. “Waar wil jy sit?” “Sommer daar by julle op die stoel” sê sy. “Ok” sê Kobus en gaan sit langs Petra terwyl hy na Michelle kyk. “Hoe wil jy hê moet ons maak?” “Ag, fok, Kobus! Vat my net man! Kan jy nie sien hoe jags is ek nie” raas Petra. ‘Doen soos ons doen. Ek wil alles sien!” sê Michelle. “Is jy dan ook so jags soos Petra?” vra Kobus. “Verskriklik! Net om te weet jy wil haar naai, maak my heeltemal spils.” Kobus kan nie help om te sien hoe regop Michelle tepels staan van passie nie. Hy ken sy meisie en kan sien sy is hoog opgewerk. Hy draai stadig na Petra toe en neem haar sag in sy arms. Haar mond gaan vanself oop onder sy lippe as hy haar vashou en diep soen. Haar arms vou stadig om sy nek terwyl sy hom nog nadertrek en met meer passie soen. Hy voel hoe haar borste styf teen sy bors gedruk word en haar tepels soos klein kooltjies vuur teen hom skuur. Na ‘n rukkie leun hy terug en begin haar in haar nek soen. Haar asem jaag en toe hy so effens omkyk wat Michelle doen, sien hy dat sy albei haar hande op haar borste het en met hulle speel – elke tepel regop trek en saggies knyp. Michelle se mond hang effens oop en haar tong streel oor haar lippe terwyl sy kyk hoe hulle vry. “Hemel Kobus, maar jy soen lekker” kom dit hees van Petra. Kobus glimlag so by homself en soen haar net onder haar oor terwyl sy hand een van haar borste saggies bewerk – Eers aan die onderkant, aan die kant op en dan oor haar tepels en dan dieselfde behandeling met haar ander bors. “Fokkit, jy maak my mal, weet jy dit? Moet net nie ophou nie!” kreun Petra dit uit as sy tong stadig rondom elke tepel lek terwyl sy hande elke bors saggies brei en mee speel. “Suig haar nippels, Kobus. Maak soos met my. Eet haar tieties vir my” kom dit van Michelle. Kobus begin een tepel suig en voel hoe Petra teen hom opbeur van lekkerte, hardop kreun en met haar hande in sy hare, sy mond by haar borste hou. Hy kan voel hoe sy begin bewe van opwinding onder sy hande en lippe. Haar heupe dryf op en af op soek na sy hand op daardie spesiale plekkie. Terwyl Kobus haar borste goed aandag gee, skuif sy hand af na haar bene toe en sonder dat hy vra, maak Petra haar bene wyd oop sodat hy beter kan bykom. Terwyl hy sy hand al hoër streel, hoor hy hoe Petra en Michelle saam kreun van lekkerkry. Stadig streel hy op en af oor die voorkant van Petra se denim. “Dames, ek dink julle is heeltemal verkeerd geklee vir die geleentheid” sê Kobus terwyl hy Petra se denimknoop stadig losmaak en die ritssluiter aftrek. Altwee staan gelyk op en wikkel hulleself uit die denim en romp met ‘n paar heupbewegings soos wat net vrouens kan doen. “Wat van jou, ou grote? Jy moet mos die voorbeeld stel.” kom dit vinnig van Michelle. “Nou wie gaan my help? Petra?” vra Kobus terwyl hy regop staan. Petra skuif nader en maak sy kortbroek los en gly dit saam met sy onderbroek tot op sy enkels waar hy dit behendig eenkant toe skop met sy hemp op ‘n bondel langs die bank. “Goeie bliksem, Kobus!” kom dit van Petra. “Ek het nie gedink hy is so groot nie. Michelle, jy is ‘n helse gelukkige meisie, hoor!” Kobus kyk af na Petra waar sy, sy voël saggies streel en bewonder. Hy was nog altyd trots daarop dat hy so welbedeeld is. Met haar oë vasgenael op sy voël, buig Petra stadig vorentoe om haar tong stadig daaroor te gly en te proe. Kobus voel die sensasie van haar warm tong op sy voëlkop en voel naby aan duiselig van opwinding. Hy kyk na Michelle en sien dat sy ook net soos Petra net ‘n broekie aanhet wat maar min vir die verbeelding oorlaat. “Is jy nog ok, Michelle?” vra hy. “Ja, fok Kobus, julle het my verby jags!” kreun sy in ekstase. “Trek alles uit julle” sê Kobus. Ek wil ook alles sien.” Die meisies laat nie op hulle wag nie en gou is die broekies iewers vergete in die sitkamer geskop. Vinnig buk Petra weer vorentoe en begin Kobus se voëlkop saggies te suig terwyl sy die skag stadig op en af met haar hand werk. Skielik snak Michelle na haar asem. Altwee kyk op en sien dat sy toe-oë wydsbeen sit en haar vinger oor haar clit streel. Petra laat ook nie op haar wag en en begin haar eie clit bewerk terwyl sy al meer van Kobus insuig. “Bliksem, ek is nou so lus vir naai, weet julle.” kom dit van Michelle. “Vanaand is hy myne, vriendin” antwoord Petra. “Jy kan kry wat oorbly”. Kobus kan sien hoe altwee meisies nou en dan ‘n vinger ingly en hoor hoe nat is elkeen, veral Michelle hier by hulle. Dit laat hom so jags word dat hy al sy selfbeheersing moet gebruik om nie te kom nie. Skielik trek hy weg van Petra af en laat haar agteroor lê. “Nou is dit jou beurt, Petra” sê hy. “Jaaa, asb Kobus, eet haar. Eet haar diep soos jy met my altyd doen” prewel Michelle terwyl sy twee vingers diep in haar koekie ingly. Kobus laat nie op hom wag nie en kniel tussen Petra se bene. Hy kan sien hoe nat sy is van jagsheid. Saggies laat hy sy tong oor die lippies gly en begin haar clit saggies lek en suig. “Ahhhhh Kobus!” kreun sy dit uit. “Eet my! “Jaa, eet haar Kobus. Wys haar hoe doen ons dit” sê Michelle. Terwyl hy haar clit suig, gly hy twee vingers stadig in Petra. Die sensasie laat haar, haar heupe hoog lig terwyl sy hardop kreun: “Ooooo Kobus, ek kan nie meer wag nie. Kom in asb, ek kan nie meer nie! Kom in” Kobus kyk na Michelle en sy knik haar kop vinnig. “Naai haar, ou grote. Laat ek sien hoe jy dit doen.” “Op haar rug of doggie?” vra Kobus. “Eers op my rug, Kobus. Ek wil jou op my voel. Ek wil wil hoe jy my vasdruk en diep naai. Asb!” Kobus tel Petra se bene oor sy arms terwyl hy oor haar leun en sy voëlkop saggies tussen die rooslippies indruk. “Shitttt, waarvoor wag jy? Steek hom in! Ek is soo lankal reg vir jou” por Petra vir Kobus aan. Met stadige diep stote gly Kobus al dieper in Petra in terwyl hy diep in haar oë kyk. Die passie wat sy daar sien voel asof sy kan smelt onder sy intense blik. Oomblikke later kreun sy hardop: “Fokkit, jy is so groot ek kan nie meer vat nie. Ek het nog nooit so vol gevoel nie.” Kobus lag saggies by homself. Dis hier waar hy die bordjies gaan verhang en hulle terug kry vir al die skrik wat hulle hom op die lyf gejaag het. “Dis nog niks. Hier is nog baie om gebruik.” sê hy en druk haar bobene verby haar borste en vou haar so te sê dubbeld. Met dié posisie maak Petra meer oop en hy gly so diep in soos wat sy nog nooit gehad het nie. “Ahhhhhhh, fok, dis lekker. Nog. Nog!” snak sy uit terwyl Kobus haar diep en stadig ry. Intussen het Michele gevorder na drie vingers waar sy wydsbeen sit en kyk. Nie ‘n woord kom oor haar lippe nie maar Kobus kan sien dat sy in ‘n ekstase van haar eie is. Skielik voel Kobus hoe Petra begin saamtrek om sy voël en hy weet sy is naby aan kom. “Jy reg om te kom, Petra?” vra hy. “Ek is soooo naby, asseblief naai my hard. Ek wil jou tot agter in my voel stamp” smeek sy. Met dié woorde tel Kobus die pas op en begin haar hard te ry en stamp haar diep in die bank se kussings met elke stoot. “Kom.. saam … met … my…. vriendin” prewel Petra want sy kan sien Michelle is net so naby. Met dié dat Kobus nog ‘n keer instamp, is daar nie meer keer vir Petra nie. “Fok…, fok…, fok… is al wat sy uitkry terwyl Kobus diep, vinnige en harde stote in haar instoot. Michelle gooi haar kop agteroor en kreun hardop van die intense gevoel van orgasme. “Jaaaa, julle! Naai mekaar! Wys my hoe dit gebeur! Dit is sooo mooi! Steek haar hard, Kobus! Moenie terughou nie!” “Fok Kobus, maar jy naai rof hoor!” kom dit van Petra toe sy begin asem skep. “Het jy ‘n probleem daarmee?” vra Kobus. “Nee glad nie, man. Ek is dit net nie gewoond nie maar ek love dit! Nog asseblief! Ek soek nog!” vra Petra so tussen die snakke deur. “Draai op jou hande en knieë. Ek gaan jou doggie naai” sê Kobus. “Oe ja, asseblief. Dis my favourite!” Flink spring sy op toe Kobus uittrek en draai vinnig in die verlangde posisie met haar bene wyd oop en haar rug hol getrek, gereed om Kobus te ontvang. Intussen het Michelle al effens bedaar maar is nog baie jags van die intense orgasmes. “Kan ek julle dalk bietjie help?” vra sy terwyl sy vooroor leun om beter te kan sien. “Hoe bedoel jy nou vriendin?” vra Petra effens onseker. “Laat ek hom vir jou insit terwyl Kobus jou heupe vashou dan kan ek mooi sien.” Verduidelik Michelle. “Ok, maar ek wil alles hê hoor!” sê Petra Kobus gaan staan agter Petra en mik met sy voël na haar druppende roosknop terwyl hy haar heupe vasvat. Michelle vat sy voël en saam beweeg hulle nader aan Petra totdat Michelle sy voëlkop tussen die lippies ingelei het. “Daarshy julle. Nou wil ek sien hoe julle naai! Steek haar Kobus! Naai haar!” beveel Michelle. Kobus laat nie op hom wag nie en stoot stadig maar dringend vorentoe tot hy weerstand voel. “Nog dieper, Kobus. Ek wil nog meer hê!” smeek Petra. “Hierdie is vir die groot skrik van netnou!” krys Kobus dit uit en stamp vorentoe. Met die intense beweging val Petra vorentoe op haar elmboë en skreeu in die bankkussing van die intense gevoel wat oor haar spoel. “Ahhhhhhhhhhhhhhh, fokkkkkkk!!!! Jy gaan my middeldeur skeur! Moenie ophou nie! Naai my so! Nog! Nog!. Ek wil jou kom diep in my voel! Spuit in my! Naai my en kom in my! Ek soek dit soo lank! Fok my nat koekie! Net vir jou!” skreeu Petra deurmekaar in die kussings terwyl ‘n reeks orgasmes haar rug laat krom trek en stuiptrekkings gee. Skielik voel Kobus die ou bekende gevoel opstoot in hom en hy leun vooroor oor Petra om nog vinniger te kan ry. “Jaaa jou bliksem! Jy moes my al lankal genaai het” prewel Petra. “Ek het soo lank daarvoor gewag!” “O donner, ek gaan kom!” snak Kobus na sy asem. “Speel met jou clit terwyl hy in jou kom” beveel Michell vir Petra “Nouuuuuu!” brul Kobus terwyl hy voel hoe hy spuit in Petra en hoe sy haar clit bewerk om dit nog langer te laat aanhou. “Jaaa, fok my nog! Ek soek jou in my!” roep Petra uit terwyl sy nog ‘n stel orgasmes oor haar voel spoel. Verbaas kyk Kobus na Michelle waar sy agteroor op die stoel lê en orgasme op orgasme ervaar soos wat hy selde gesien het. Na ‘n rukkie skep die drie asem waar hulle langs mekaar sitlê op die bank, die meisies se koppe op elk van Kobus se skouers en arms om sy lyf. Dit was die mees intense sessie wat enige drie van hulle nog ervaar het. “Is julle girls nou tevrede met wat julle beplan het?” vra Kobus met ‘n glimlag. “Meer as tevrede” sug Petra en Michelle knik net haar kop met ‘n groot glimlag. “Volgende keer is dit jou beurt, Michelle. Dan sal ek kyk en help” knipoog Petra vir haar vriendin. “Verseker maatjie. Ons gaan hom nog goed laat lesopsê. Hy het heeltemal te groot geraak vir sy skoene” sê Michelle. Kobus leun tevrede agteroor. As dit die gevolg is van te groot word vir jou skoene, dan sal hy elke dag kapokhaantjie wees. As dit pap reën, moet jy skep!
Published 
Written by G3rrit

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments