Join the most popular community of South African swingers now
Login

Treinrit na geluk

"Romantic passion"

9
2 Comments 2
669 Views 669
4.1k words 4.1k words

Ek staan en wag vir my trein op perron sewe.  Die Desembervakansie in die Kaap lê voor en my kantoorwerk in Johannesburg is reeds uit my gedagtes verban.  Die son, see en stilte is al wat ek wil gaan geniet.

Die trein kom stadig langs die platform in.  Oral maak mense tasse en kinders bymekaar om reg te staan vir inklim.  Ek moet in ‘n treinwa verder aan inklim as waar ek staan en ek bevestig my kompartementnommer met die name op die kant geskryf.

Ek het net een groot tas en ‘n sportsak oor my skouer, bestyg die trein en stap tot by my kompartement.  Dis ‘n vier-bed en toe ek die deur oopskuif sien ek ‘n vrou wat vorentoe leun om nog bagasie van buite aan te vat.

“Kan ek help?” vra ek.

Sy draai om: “Nee dankie, al my goed is nou in.  Is jy ook in hierdie kompartement?”

“Ek’s bevrees dis waar!” glimlag ek.

Sy gee ‘n lekker laggie: “Maak jou dan maar tuis.  Ons gesels netnou”

 

Sy draai terug en soengroet ’n bejaarde paartjie by die venster.  Die swart langbroek span styf oor stewige boudjies en ek sit my bagasie neer op die vloer.  ‘n Fluitjie skree skel en die trein gee ‘n ruk.  Sy leun terug in die kompartement in en die trein begin stadig beweeg.

“Hoeveel is ons? Waar wil jy slaap?” vra ek.

“Ek wou ‘n enkelkajuit bespreek, maar die trein is te vol.  Daar’s ‘n getroude paartjie, Meneer en Mevrou Wessels, wat ook hier by ons bespreek is.”

Sy tel ‘n groot pienk tas op wat sy bo-op die bagasierak wil plaas, maar dit is ooglopend te swaar vir haar.  Ek neem dit sonder ‘n woord by haar en lig dit bokant my skouers.  Donner, het sy goudstawe daarin?  Ek druk egter deur want niks is te swaar vir ‘n man as dit by mooi vrouens kom nie.

“Baie dankie … eh … wat is jou naam?” vra sy met ‘n breë glimlag.

“Anton Buitendacht,” antwoord ek en neem haar uitgestrekte hand in ‘n groetgebaar.  Haar handpalm is sag en warm, ferm maar eg vroulik.

“Elize de Bruin,” antwoord sy.”

“Aangename kennis, Elize”

Ek gee ‘n laggie. “Is daar nog iets wat ek daarbo kan bêre vir jou?”

“Dankie, maar nee, hierdie kan ek self hanteer.”

Sy tel ‘n vierkantige raffiasak op en klim op die onderste bank om dit langs haar tas te plaas.  Sy probeer haar tas met een hand effens te skuif om die sak te laat inpas.  Sy is vollyf uitgestrek om die taak te verrig en my oë flits van haar gevroetel daarbo af oor haar liggaam.  Haar borste vertoon middelmatig in ‘n bra en ‘n bloes, maar kom steeds ferm voor. Dit lyk nie of sy ‘n magie wys nie en die bloes hang oor die styfpassende langbroek.  Spiertjies rimpel op haar een bo-been van die gewerskaf bokant haar.

My brein poog om die roering in my broek te beheer. Sy’t ‘n flippen mooi lyf!

 

Ons trein gee skielik sy gebruiklike, onverwagte ruk wat deur die hele trein rammel soos ‘n domino.   Elize verloor haar houvas en tuimel agteroor.  Ek is net betyds om haar in my arms te vang!  Ek verbeel my seker maar dis asof sy ‘n sekonde langer in my arms bly en ek haar ‘n stonde langer vashou met haar bos koperrooi hare in my gesig.  Dit ruik soos die fyn reuk van die aalwynblom.  Sy kom dan vinnig orent en draai haar gesig na my my toe. Daar is ‘n rooi blos op haar wange en vir die eerste keer merk ek dat sy fyn sproetjies op haar neus het. Haar smaraggroen oë kyk skaam maar ferm in myne.

“Jammer hoor maar sjoe, jy’s baie handig om op ‘n treinrit te hê, lyk dit vir my!” lag nou minder skugter.  “Ek kon my des moers toe geval het!”  Ons lag heerlik saam en ek bewonder haar spierwit tande.

 

Ek klim met my groot tas op die onderste bank om dit bo te bêre.  Toe ek afklim staan sy by die kompartementdeur wat sy oopgeskuif het en praat met iemand in die gangetjie.  Sy tree weer na binne met twee polistireen-glasies waaruit die stoom opwalm.

“Die kelner het nog net wit koffie oorgehad op sy skinkbord.  Is dit ok met jou?”  Ek knik.

“Skuif net die deur toe agter my, asseblief.”

Sy wil die twee houers op die wasbak/tafeltjie tussen die onderste twee banke plaas maar sê skielik met twee arms halfpad in die lug: “O demmit, ek’t vergeet om suikersakkies te vat!”

Ek plaas my hande voorbarig op haar skouers en druk haar af dat sy op die groen leerbank neersak.
“Kalmeer nou … uh … Elize … mag ek jou so noem?”

Sy glimlag met ‘n “ja”-kopknik terug.

Ek rits my drasak, wat nog op die vloer staan, oop en haal suikersakkies en houtstokkies uit en ek plaas dit langs die koffiehouers.

“Ek het hierdie gegaps op ‘n vliegtuig êrens in my donker verlede.” glimlag ek half verleë.

“Wonderlik!” roep sy uit en skeur ‘n sakkie oop en gooi die suiker in een bekertjie.

“Sommer vir jou ook?” vra sy terwyl sy haar koppie roer met ‘n stokkie.

“Twee sakkies asseblief, ek’s nie soet genoeg nie!”

 

Dit kom voor asof sy my oë vir ‘n oomblik peil voordat sy my glasie vir my gee.  Ek gaan sit op die bank oorkant haar en ons albei leun terug om aan ons koffie te teug.  Die trein klik-klak nou met ‘n eweredige, rustige ritme.  Ek merk dat die boonste knopies van haar bloes losgespring het en haar spierwit borste, met sproetjies besprinkel, effens meer ontbloot is daardeur.  Die half-maan bra is al wat haar tepels net-net verberg.  Sy leun vorentoe en plaas haar half-gedrinkte houer tussen die suikersakkies op die tafeltjie.

 

“Soos wat ek besig was om te sê, die Wessels-paar het of die trein verpas of gekanselleer.”  Sy gooi haar glimmende bos hare oor haar skouers terwyl sy weer effe terugleun. Met albei hande wikkel sy die haarknippies los en heg dit weer agter haar kop in die hare in dat dit in haar nek vasgeknip is.  Die pienk-bruin van haar aureola’s loer nou skaam oor die bra se kant en haar tepels maak duidelike bultjies onder die materiaal.  Ek word meteens baie lus en kruis my bene om my groeiende ereksie weg te steek en neem nog ‘n sluk koffie, maar my oë bly vasgenael op haar.

 

Ek leun vorentoe oor my kloppende ereksie en met my voorarms op my bo-bene vra ek: “Van waar is jy oorspronklik, Elize?”

Sy leun ook vorentoe, met ons gesigte so  ‘n halfmeter van mekaar.

“Ek het grootgeword in Lydenburg op ‘n plaas.  Jy?”

“Noord-Kaap, Groblershoop” Antwoord ek.

 

Haar groen oë kyk reguit in myne asof sy iets soek.  Ek lig my blik na haar gesig en sien hoe haar tongpunt oor haar vol lippe gly en dat hulle verleidelik begin blink.  Ek kyk weer laer en sien die bultjies van haar tepels in haar rok.  Skielik verskyn haar lang, slank vingers in my sig en sy vryf oor haar een bors.  My oë wip op terug na haar gesig.

“Wat is dit?  O, ekskuus, ek het nie besef hulle was los nie” lag sy saggies.

Met ‘n fyn glimlaggie om haar mondhoeke knoop sy die knopies weer vas.

“Nee, ek dink sommer hoe ernstig jy kon seergekry het met jou val,” antwoord ek vinnig.

“Dis aan jou toedoen dat ek darem nog heel is!” lag sy en gee my bo-been ‘n sagte druk met haar hand.

 

Haar oë sprankel terug na my met haar hand nog steeds op my been. “Weereens dankie.” sê sy.

“My plesier.  Het jy al besluit waar jy gaan slaap?” vra ek en steek my hand uit om haar op te help.

“Verkieslik onder, dink ek,” lag sy en trek haar bloes bolangs reg.  “Nou-nou ruk die trein weer so en dalk val ek weer daar van bo af!”

Ek glimlag vir haar: “Ek sal jou tas daarbo afhaal en op die bank oorkant jou pak sodat jy dit makliker kan bykom.  Ek sal bokant jou slaap, want wanneer die trein by ‘n stasie intrek, skyn die stasieligte reg op mens se gesig.”

Ek het net die tas op die onderste bank geplaas toe ‘n kelner se wysie op sy xilofoon al nader kom in die gang buite ons kompartement om  aandete aan te kondig.

“Sjoe, ek’s nogal honger,” sê ek.

Sy staan op waar sy weer gaan sit het.  “Ek ook,” antwoord sy.  “Sal jy omgee om ‘n oomblik in die gang te gaan staan? Ek wil gou bietjie opkikker en iets anders aantrek.”

 

Ek skuif die deur agter my toe met die uitstap en bewonder die uitsig soos wat die Hoëveldse vlaktes verby flits. Mense skuur ongemaklik agter my verby op pad eetwa toe terwyl ek staan en dink oor die vrou in die kompartement.  Skielik sien ek een van die bedopmakers aankom en keer hom voor.  Ek verduidelik wat ek verwag van hom en stop ‘n R50-noot in sy bo-sak.  Hy verdwyn in die gang af net toe die kompartement se deur oopskuif.  Ek staar na Elize wat in die deur staan.  Sy het ‘n herfskleurige, knielengte rok aan met fyn bruin en geel blaarmotiewe wat afgeëts is op ‘n roes-oranje onderrok.  Haar lae halslyn beklemtoon die kurwes van haar borste en die paar blaartjies-in-goud gesmede oorkrabbertjies aan haar ore lyk pragtig.  “Sal ons gaan eet, Anton?” vra sy my met ‘n onnutsige kykie.

“Stap voor,” beduie ek met een hand en haar fyn hoëhakskoene klik-klak voor my uit.  Ek verkyk my aan haar mooi, slanke enkels tesame met die geskulpte kuite wat voor my uitstap.

 

Met die oorstap tussen die twee waens, waai die windsleur haar hare na agter en die donkerrooi hare smelt perfek saam met die bruin motiewe op haar rok.  Ons betree die eetwa en ‘n kelner beduie ons galant na ‘n twee-sitplektafel aan die einde van die eetwa.   Sy kies haar sitplek en ek sit met my rug teen die laaste afskorting van die wa. Die kos smaak vorentoe: Geposjeerde stokvis met ‘n bottersous, Chât’eau Brand biefstuk, perfek voorberei.  Ek het vir ons verouderde Grünberger Róse saam met die maaltyd bestel.  Toe ons afsluit met crème-bulè nagereg, bestel ek Chartreuse likeur.

Tydens die maaltyd, het ons oor alles en nog wat gesels met ‘n groeiende ondertoon van spanning.  Na ete leun ons albei terug met ‘n kelkie lemoenlikeur in die hand.  Die meeste maaltydgangers het al verkas behalwe ‘n bejaarde omie en tannie wat vier tafels verder af nog eet.

“Op die voorreg om vir die eerste keer saam met jou uit te eet!” lig ek my kelkie met ‘n glimlag na Elize.

Die groen oë vonkel steeds soos smaragde.

“Die voorreg is wederkerig, Anton.  Jy’s ‘n gentleman!” en sy lig haar glasie in antwoord.

“En jy lyk pragtig in daardie besonderse rok,” sê ek saggies en neem ‘n slukkie uit my kelkie.

Skielik verstik ek amper en kyk vinnig laer af na die ouer paartjie se tafel, want Elize streel sensueel met ‘n kaal voet onder die tafel oor my binne-been!  Ek voel ‘n ereksie wat verrys soos ‘n spiraalveer in my broek.  Ons oë is vasgenael op mekaar.

 

"Miskien moet ons liewer na die kompartement toe terug gaan,”sê ek skor en sy knik instemmend.

Ons staan albei op en ek skuif ‘n R100-noot onder een van die bordjies in.  Elize is alreeds by die deur wat na die volgende wa lei en loer oor haar skouer na waar ek talm.  Toe ek by haar aansluit, neem sy my hand in hare en met ‘n drukkie kyk sy op in my oë. By ons kompartement trek ek die skuifdeur oop en glip na binne en skuif die knoppie op sodat die deur gesluit bly.

Elize swaai om en druk haar lyf teen my teen die deur vas.  Haar hande poog hard om my hemp van my lyf af te kry en die boonste knopies spat iewers vergete in die kompartement. Haar arms vou om my nek en agterkop en sy trek my gesig af dat haar mond myne verorber.  Ek voel hoe trek haar een been op en vryf dit hard oor my gulp waaragter my ereksie woed.

My hande streel oor die herfsblare op haar rok soos ek die ritssluiter soek aan die agterkant.  Ek kry dit beet en trek dit af tot op haar stuitjie. My hande gly binne die rok in en ek vlek dit oop na haar sye soos mens ‘n half-groen perske sal oopbreek.  My hande kom voor om tot net onder haar borste en sy laat sak albei haar arms dat die moutjies kan afgly. Net soos ek verwag het, het sy nie ‘n bra aan nie en  skielik ontbloot haar manjifieke borste hulself voor my!  Ek trek my asem in  van verwondering – haar pienk-bruin tepels is al klaar kliphard en penorent!

“Jy’s beeldskoon, Elize” fluister ek voordat ek my lippe weer oor haar mond plaas.  My duime wikkel vinnig op en af oor haar tepels maar dan skuif ek my handpalms vol oor haar borste en druk en knie hulle sag.
Ek voel ‘n rilling deur haar lyf trek en sy trek haar lippe weg van my mond: “Jou hande is ‘magic,’ Anton,” fluister sy in my nek.

Ek lig haar borste op na my gesig en spoor met my tong teen haar nek af, oor haar hals totdat ek een tepel rondol met die punt van my tong.

“O genade … Anton … jy’s besig om-m m-my mmal te maak!” stotter en hyg sy in my oor.

Ek masseer haar borste saggies met my hande terwyl my tong, beurtelings, heen en weer en terug oor haar tepels spring.  Sy maak ‘n kreungeluid en trek my gesig tussen haar borste vas en ek voel die waansinnige klop van haar hart onder my lippe.

“W-wag, laat ek net b-bietjie asemskep” hoor ek haar kreun bokant my. “Ek het nou amper gekom!”

Met my duime ingehak skuif ek haar rok van haar middel af ondertoe oor haar lyf en sien hoe dit oor haar heupe gly.  Ek glimlag breed as ek sien dat sy niks anders aanhet nie.

“Bliksem, maar jy is mooi!” sê ek hard met my rug teen die deur.  “Skies vir die taal.”

Elize gaan sit regop op die bed en bars uit van die lag met haar kop agteroor.  Ek kan nie help om te staar na haar borste wat saam dans met elke lagbui nie. 

Skielik sy vroetel met ‘n verergde uitdrukking op haar gesig onder haar boude asof iets haar daar pla.

“Staan maar op,” sê ek gelate. “My verrassing vir jou is seker ook nou ook in sy maai in.”

Sy staan op, draai na die bed en skuif die bo-laken af om te sien wat haar pla

“Trek die bo-laken heeltemal oop” sê ek terwyl my broek losmaak en begin uittrek.

Op die onderlaken het haar sit die patroon versteur, maar mens kan nog steeds die omlyning van ‘n hart sien wat gevorm is deur afwisselende rooi en silwer papieromhulsels wat stukkies sjokolade-lekkers binnehou.

“O Anton, jy’s ‘n regte romantikus!” roep sy en swaai om met ope arms asof sy my wil omhels.

Met die omdraai, rek haar oë en dan kyk sy op na my gesig terwyl haar een hand oor haar mond strek want ek staan nou poedelnakend voor haar met ‘n kloppende, vol ereksie!

Haar groen oë knip weer af oor my lyf en dan sê sy met ‘n effe hees stem: “Oh … My … Word!  Hy is soo groot!  Ek wil hom van naby sien en kyk of hy sal pas!”  Vinnig sak sy op haar knieë en ek voel hoe haar hande stadig op en af vryf oor my ereksie.

“Mag ek maar proe?” vra sy tewyl sy met groot oë na my kyk.

“Asseblief! Net soos jy wil,” kners ek dit uit.

Ek voel eers haar tong oor die kop gly en dan haar sagte lippe wat my heeltemal inneem.

“Aaah!  Dis lekker!” kreun ek terwyl ek stadig in en uit haar mond gly.

Ek voel die wellus in my opborrel en weet dat as sy nie nou stop nie, gaan alles gou verby wees.

Saggies trek ek haar kop weg en sy kyk vraend op na my.

“Nou jou beurt,” sê ek terwyl ek haar saggies op die bank laat sit.

Ek kniel voor haar en buk vooroor en voel hoe haar bene vanself oopsprei in uitnodiging vir my aanbod.

‘n Pragtige, vlesige, pienk roosknop word ontbloot en ek kan nie help om my tong saggies oor die lippies te streel nie.

Sy leun effens agteroor op haar hande om my my beter toegang te gee en vly haar bene oor my skouers.

Met my hande onder haar boude, begin ek haar te soen en te lek, my tong op en af tussen die lippies en oor haar klit.

“Fokkit!” snak sy dit uit.  “Wat maak jy met my? Ek het dit nog nooit so gevoel nie!  Moenie stop nie – Hou dit net so!”

Haar woorde rol deurmekaar terwyl ek haar liefdesknop liefkoos met my tong en lippe.

Sy leun teen die kompartementmuur agter die bank en begin haar borste wild bewerk terwyl haar asem hortend oor haar lippe kom. 

“Eet my, eet my diep!” kreun sy passievol terwyl my tong diep in haar ingly.

Ek voel hoe sy haar heupe nog meer oplig sodat ek haar nog meer plesier kan gee.

Skielik vlieg sy regop en druk my weg.  “Ek soek jou nou, diep in my” kreun sy hardop.  “Ek kan nie meer wag nie!”

“Hoe wil jy maak?” vra ek met ‘n glimlag.

“Vat my ‘doggie’.  Ek soek jou hard en diep.  Vat my asseblief!” smeek sy.

Ek help haar op en sy buig vooroor en leun op haar hande oor die bank, bene wyd oopgesprei.

Ek verkyk my aan die pragtige gesig – Lang, welgevormde bene en ferm boude en borste wat in afwagting liggies swaai in ritme van die trein se gang.

“Waarvoor wag jy?   Naai my! Ek soek jou!” sê sy terwyl sy oor haar skouer na my kyk en haar heupe uitnodigend heen en weer beweeg.

Ek tree nader tussen haar bene en begin die kop van my ereksie tussen tussen die lippies op en af vryf.  Ek kan nie help om te voel hoe nat en gereed sy is nie.

“Asseblief, Anton.  Moenie my so terg nie!  Ek soek jou diep binne my!  Nou!”

Sy buig haar knieë in afwagting terwyl ek stadig  myself in haar invoer.

“Oeeeee…!” snak sy na haar asem as ek diep ingly. “Jaaaa!  Net daar!”

Vir eers hou ek stil dat sy my gewoond kan raak.

“’Damn’ maar jy maak my vol – Ek het nog net daarvan gedroom.” kreun sy in ekstase.

Ek voel hoe sy haarself om my wikkel om beter te pas.

“Mmmm, jy voel so goed! Naai my nou.  Fok my hard en diep” kom dit van haar.

Stadig begin ek haar ry terwyl ek haar heupe vasvat.  Sonder moeite gly ek heeltemal in en trek dan amper uit om net met die volgende stoot effens vinniger en dieper te gly.

Saam begin ons ritme optel en soos ek dieper stamp, druk sy net soveel terug om nog meer te kry.

Skielik sak sy op haar elmboë en maak haar rug hol.  Ek voel hoe ek wegsak in haar en teen iets sags druk.

“Jissie, jy raak op plekkies wat ek nog nooit gevoel het nie,” steun sy as ek ekstra diep stoot.

Haar borste voel vol en sag in my hande as ek oor haar rug leun om met hulle te speel.

“Jy is so “gentle”, weet jy?  Dis so anders as wat ek gewoonlik kry.” kerm sy saggies onder my.

Ek begin spoed optel en harder stamp.  Haar kreune en steune raak harder soos haar passie begin opbou.  Die ou, bekende gevoel van wellus begin opstoot in my en ek kan voel sy is ook naby aan kom.

“Anton, kan ek omdraai?  Ek wil jou sien as ons kom.  Ek wil die jagsheid in jou oë sien as jy my naai.”

“Ok, kom lê hier waar dit gemaklik is vir jou.” Sê ek en wys waar sy moet lê.

 

Net toe ek haar op haar rug laat lê, trek sy dadelik haar voete op en maak haar knieë wyd oop en ek klim op die bed tussen haar bene in.  Sy speel met haar een tepel en vryf met haar ander hand oor haar klit in afwagting. Haar oë staar gefassineerd af na my ereksie as ek hom in lyn bring vir aksie.  Stadig sprei sy haar liefdeslippies oop met haar wys- en ringvinger terwyl haar middelvinger al hoe vinniger oor haar klit vryf wat penorent geswel is van wellus.  

“Sit hom in, Anton, ek wil hom in my hê.”

Ek plaas my ereksie tussen haar lippies en leun dan met altwee hande weerskante van haar onderlyf terwyl ek hard en diep stoot.

 

Haar hande vat my boude vas en trek my dieper in haar in.

“D-dieper … Anton, so diep jy kan!” smeek sy dringend.

Ek stoot tot heel agter en begin hard en vinnig ry. Sy kreun hard en ek kyk in haar oë wat oopgesper terugstaar na my. Dan begin sy inval met my ritme en stoot hard terug elke slag wat ek vorentoe slaan.  Ek voel hoe haar een been aan die bewe gaan teen my dy, maar dan slaan sy altwee haar bene om my middel en stoot haar onderlyf nog harder teen my op.  Ek verskuif my onderlyf effens dat ek teen ‘n ander hoek in en uit gaan.

“O!…o…o…o!” roep sy.  “D-dis s-sò … ontsettend lek-ker - ek gaan kom!”

“Kom … kom, kom, kom … dan kom ek ook!” por ek haar aan, want ek voel ook ek is naby.

Ek versnel my stote en ons lywe slaan nou soos suiers teen mekaar.  Met ‘n uitgerekte, lang kreun van haar, stort ons saam oor die afgrond van passie.

 

Ek voel haar tempo begin stadig afneem en ek weet sy het geklimaks soos selde tevore.  Ons lywe lê doodstil teen mekaar, in mekaar met myself diep in haar binneste genestel.

Ek rus nou op my elmboë weerskante van haar lyf en kyk na haar wimpers wat toe is.

“Hoe het dit gevoel, Elize?” vra ek en soen haar op haar neus.

Haar oë gaan oop en sy trek my wenkbroue na met ‘n voorvinger en haar vinger spoor dan af oor my neus en gly oor my lippe.

“Die lekkerste kom nog ooit in my lewe.”

Haar pupille verklein en skielik daar verskyn ‘n kommer-kepie tussen haar wenkbroue.

“Was dit vir jou ook lekker?” vra sy, maar haar lippe glimlag nie.

“Nog nooit dit so intens ervaar nie,” sê ek en soen haar vinger wat nog steeds op my lippe is.

Ons oë soek antwoorde in mekaar se oë, se gedagtes.

“Ek weet ek mag dit nie vra nie, maar ek wil dit nie weer van iemand anders hê nie.”

Haar gesig draai weg maar ek lig my hand op en draai haar gesig weer na my toe.

“Wat’s dit nou?” vra ek. Albei haar oë blink dik met trane.

“Ek wil jou nie v-verloor nie,” sluk sy.

“Daarvoor hoef jy nie bang te wees nie.  Van nou af sal ons altyd bymekaar wees.” stel ek haar gerus.

“Anton…. Maak liefde met my, moet nooit ophou nie.”

Ek soen haar op haar bewende lippe en saam luister ons na die ritme van die trein terwyl ons saamwieg in liefde en vervulling.

 

 

Published 
Written by G3rrit

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments