Join the most popular community of South African swingers now
Login

Maryke

"Ons gaan kyk die Aurora... deel 1"

13
2 Comments 2
1.2k Views 1.2k
3.1k words 3.1k words

Maryke

Ek sit in die Spur op OR Tambo. Duisende vlinder eskadronne vlieg haas onmoontlike patrone in my maag. Hoe kan mens jou voorberei op iets so gewaagd en onbepland, sonder dat jy eers die persoon in die werklike lewe ontmoet het. Sy sê sy is op pad, maar wat as sy nie is nie…? Wat as ek die kaartjies gekoop het op ‘n verregaande droom, en nou sit met ‘n dinner-for-two-attended-by-one?

Ons praat al maande, maar afstand is ‘n dolk wat deur die verwagtende lint van ontmoeting sny. Dit voel my ons kan heeldag praat, en dat die tien dae wat ons bymekaar kon skraap die beste blind-date ooit kan wees. Noodlot het ons al ‘n paar maal mekaar laat misloop. 

Dis mos maar hoe die lewe werk. Selfs die beste planne kan deur slegte samevloei in die wiele gery word.

‘Ek gaan in Februarie die Noordelikse ligte in Lapland kyk” het ek geskryf. Ek vat my kamera, my dikste jas en my warmste kouse.”

‘Ek gaan saam!’ het Maryke dadelik geantwoord. 

‘Gaan jy stap?’ vra ek grappenderwys.

“Ek gaan in jou tas klim….”

‘Qatar Airways het dubbelbeddens in besigheidsklas. Weet jy hoe maklik mens gearresteer kan word as jou voete bo die gordyne uitsteek? En Qatar se tronkvloere is met kameelmis gesmeer. Daai goed stink!’

Sy sê sy is die lughawe en op pad. ‘n Eon se sterre dans stadige draaie bo die maanbeligte aanloopbaan.    

Toe sy om die draai kom weet ek instinktief dis sy. Daaglikse fotos (om seker te maak haar oë blink en haar lippies tuit) het haar sagte gesiggie al in my gedagtes vasgeprent. 

Haar haartjies is skouerlengte en donker. Haar ogies is groenbruin met ‘n grys vloerlagie hartseer. Grys oë is hartseer oë. Toe ek haar in November gekry het was haar oë dofgrys, met spikkels groen en warm bruin. Die fontein van kleur het sedertien van onder opgeborrel en is stelselmatig besig om oor die grys te was. 

Ja, dis Februarie, maar Februarie in Johannesburg is nie Februarie in Stockholm nie. Die eerste stop is Doha in Qatar, maar teen vroegmiddag more is dit -15 Celsius. Ervare reisigers weet jy kan nie jou gevriesde neus blaas by -15 nie, want…wel… dis gevries. 

Sy sleep ‘n allemintige tas (100% teen instruksie, want sweerlik het Amundsen minder bagasie gehad toe hy Noordpool toe is), en haar klein handbagasietassie. Binnekort gaan die avonturiers wat binne die bagasie riglyne gebly het, die wat die bagasieriglyne minag het se bagasie moet sleep. As ge-eikte reisiger reis ek lig. Vir die -30 Celsius in Abisko eintlik te lig. Maar ons sal daai toegesneeude brug oorsteek as ons daar kom.

Haar onderstuk is ‘n wol knypbroek wat sy hoog opgetrek het. Ons pak instruksies (opgestel deur my) het dit duidelik gestel dat slegs een paar skoene vir die reis gepak mag word, maar as ek die bling sandaaltjies so kyk is daar of:

Nog skoene in die Venter sleepwaentjie wat sy as reistas gebruik, of

nie genoeg medisyne in die Nordiese streek om daai frostbite tone te red nie.

Bo dra sy ‘n keurige somer toeknoop bloes wat haar pragtige borste mooi omraam. 

Haar glimlag is reusagtig en straal soos ‘n volmaan. 

Sy los die tasse en kom oop arms na my aangehardloop.

“Jy kan nie jou tas so los nie! Die skobbejakke sal dit steel voor jy jou gesmeerde huil maskara oë kan uitvee” fluister ek in haar ore terwyl sy my vurig omhels. Ons lippe ontmoet in ons eerste soen en haar tong dui duidelik haar intensies aan. Die soen is eintlik veels te vurig vir die rooikop seuntjie wat die petalje uit sy stootkarrtejie aankyk, en dan twee angstige suie aan sy fopspeen suig.  Sy draai eenmaal om my en terg-vra….’Is ek warm genoeg aangetrek…of gaan jy my moet warm maak?”

‘Kom ons gaan haal jou tas voor sekuriteit dit skut.”

Ons sit die tasse op my stootwa. Haar hand sluit om myne en haar kop leun teen my bree skouers terwyl ons haar bakaas na die internationale vertreksaal transport.

‘Ek is baie bly dat jy saamkom. Ek is baie bly dat ek jou gekry het…’ 

Sy snoesig haar kop in my skouer vas terwyl ons na die ingee-peron draal. Haar groot tas is 32kg….(!) en myne 12kg. Een van die voordele van besigheidsklas is dat sulke misstappies meer geredelik oorkyk word.  

Ons blits deur doeane en gaan sit in die besigheidsklas sitkamer. Dit is gewoonlik die aanvang van die groot vreet, want alles lyk lekker en alles is ryk. 

Sy waai haarself met haar toegangskaartjie koel want dis bietjie moeilik om reg aan trek as jy vir +32C en -32C gelyk moet reg wees.

Sy kyk vir my en ek kyk vir haar. 

‘So….meneer….’

Sy buk effe vorentoe sodat haar fanstiese D-koppie oogtrekkers verleidelik rondhang.

‘....watse planne het jy vir my beraam….?’

‘Ons moet maar kyk as die ligte afgaan en die gordyntjies toeskuif….’

Die vliegtuig is asemrowend stylvol uitgele. Die middel-ry besigheidsklas stoele het elkeen ‘n privaatheids-skuifdeur wat ‘n platle-bed en allerhande fieterjasies insluit. Ons kajuit is die heel laaste een, teen die ekonomiese klas muur. Dit beteken alle verkeer gaan slegs van voor kom aangesien daar ‘n skeiding tussen besigheidsklas en ekonomiese klas is. Enige mense wat in ons wolkkamer wil inloer sal reeds (amper) vroeg genoeg gesien word.

Elke sitplek het ‘n klein koelkassie met ‘n bottel Evian. Die TV is groot en het duisende opsies vir vermaak. Ons twee kompartemente sluit sekuur aan mekaar vas en is totaal privaat binne.

In ons rugkussings is ‘n pakkie met reis geskenkies. Ons maak soos twee kinders presente oop en kry parfuum, pantoffels en sagte pajamas. Die pajama sakkie is van The White Company. Luuks en sagte slaapklere.

‘WAT! Tot pajamas!’ lag sy skelm terwyl sy haar mond vashou.

Toe die vliegtuig opstyg en Johannesburg se ligte soos stringe perels agter ons kleinraak vra ek die lugwaardin om ons aandete te bring. 

Die komplimentere kussingtjie op my sitplek lees ‘Beautiful destinations often lead to everlasting memories.’

Hare lees ‘The Sky is a Wonderful Place to Be.”

Die twee tafels skuif sekuur teen mekaar om ‘n piekniekplek hoog bo die Bazuruto eilande te maak. Toe die kaptein die ligte in die kajuit afskakel doop die fyn kantliggies in ons kapsule die eetplek soos maanlig. Die ander passasiers se leesliggies speel sterretjie in the Pommerey Brut Royal sjampanje met ons heildronk.

‘Op avontuur, en op ontdekking….’ is my oogkontak aanbod.

‘En dis net vanaand…..’ terg sy ondeund terug….

Party goed op die spyskaart klink werklik nie aangenaam vir ons boere smaak nie. 

Gebraaide beeswange en pofaartappels val nie eintlik binne my historiese verwysingsraamwerk nie. As mens op ‘n avontuur is moet jy braaf wees, en dis juis hoekom ek dit kies.

Daar is ook Arabiese hoender kofta met orientale rys was Maryke kies.

Na die vars bessie met rooswater stroop nagereg eet ons beide ‘n sashimi happie voor ons gaan insluimer.

Ons roep die lugwaardin om die stoele plat te slaan en die kenmerkende besigheidsklas dubbelbed te vorm wat so uniek aan Qatar is. 

Toe die lugwaardin die dubbel kapsule se deurtjies toeskuif is daar ‘n dubbelbed met konings purper linne. Die plafonliggies lyk soos dryfkersies op ‘n sterremeer. 

‘Sit vir my kruisbeen en kyk vir my.’ 

‘Skouertjies terug en ruggie reguit….’

‘Almal wat jy ken, en oral waar jy was, is daar ver agter en daar doer onder.’ saggies en kalmerend.

‘In ons ruimtetuig is daar net ek en jy. Niemand anders maak saak nie…’ sy glimlag sag en gelukkig.

Mens vergeet soms dat jou insulere wereld en toemaak hokkies nie weg is van realiteit nie. Ek kan waarlik se dat die tyd stilstaan en ek nie bewus was van enige ander mense nie. Blink oë, aanvarende glimlag en ‘n pragtige ondekking wat oopgemaak moet word

Ek leun nader en fluister in haar oor….’Kom ons trek jou pajamas aan my lover…’

Terwyl sy vir my kyk is dit die kyk van totale oorgawe.

‘Jy mag nooit skaam wees voor my nie…’

Sy kyk in my oë terwyl ek die knopies op haar bloes een vir een oopmaak. Die hele kajuit is reeds donker en ons het al die lampe in ons liefdesboksie afgeskakel. Agter ons is die vaste, dakhoogte muur, aan die vleuels is twee skouerhoogte kompartementmure, en voor ons is ons bure reeds salig aan die snork. Die drie lugwaardinne staan en kekkel ver voor in die kombuis en twee passasiers se leesliggies is steeds aan. 

Ons dans ‘n stadige dans van ondekking in ’n propvol vliegtuig in ‘n wereld van twee. 

Almal kan ons sien, maar niemand kan ons sien nie, en in ‘n wereld waar alles saakmaak maak niks vanaand saak nie. 

Die knopies val oop en haar satyn buustelyfie kom stadig te voorskyn. 

Sy weer ek wil kyk.

Ek weet sy wil wys. 

Dis ‘n wals van gewillige delers, waar my oë inneem en haar pragtige tieties gee. 

Toe die bloesie los is streel ek hom van haar skouers af. Ons los hom gehang in die hoekhakkie en begin met die meer belangrike werk om haar borste in my mond te kry. 

Ek leun om haar en fluister…’Ek wil hulle oopmaak….”

‘Asseblief maak my oop…’ fluister sy terug.

‘Asseblief kyk na hulle en raak aan hulle…’

My hande maak die gespe op haar persblou bra los en ek kyk in haar oë terwyl ek dit vorentoe om haar lyf bring. 

Soliede oogkontak. 

Spanning….

Geen loer na onder nie….

Sy wag dat ek kyk….

My hand sy saggies teen haar flank op, en die koel lugversorging en my elektriese vingers laat spore hoendervleis agter my aanraking. Steeds geen kyk nie….

Sy smag dat ek kyk.

Sy wil my oë ondertoe….

Haar hele bolyf is kaal in wat beskryf kan word as ‘n convertible PT Cruiser met ‘n dubbelbed. Dier rante is hoog genoeg, maar nie baie hoog nie!

‘Ons moet jou onderstuk ook uittrek as ons jou pajamas wil aantrek…”

Die wil om vir haar te kyk skeur binne my. Maande lange afwagting kan nie bloot met wilskrag gebreek word nie.

Ek.

Wil.

Kyk!

My hand kom om die koepel van haar manjefieke koepels en skraap liggies oor haar wynrooi tepel….

Om hulle is haar ligroos areolas wat sy al skelm vir my afgeneem het. Ek weet dit, maar die wals van ondekking is nog lank voor dit ‘n tango van lus word.

Toe my duim oor haar orent tepel skuif laat sy ‘n diep sug los en kom lê haar kop op my skouer. Haar borste hang los vorentoe en my hand neem die volle prag van hulle in melkende streling in. Haar asem is vlak en warm in my nek. My hand fynkam die kant van haar lyf en kort-voor-lank is my behendige vingers onder die rekkie van haar wol spanbroek.

Sy loer van onder op na my en my oë gee haar die instruksie. 

Terwyl sy op haar rug op die dubbelbed gaan lê fynkam ek vinnig die kajuit om te sien of iemand ons gaan steur. Alles is stil toe my lippe haar magie tref en sag soenend boontoe skuif. Toe my mond vassuig teen die teikens op haar pragtige spanspekke neem ek haar broek se rek met beide hande vas.

Sy lig haar boude en ek skuif haar broek en broekie in een beweging teen haar beme en van haar lyf af. Tot vandag kan ek geen detail van die broekie onthou nie, en ek dink ook nie ek het die broekie in die halfdonker en uittrek gesien nie. 

Sy is nou poedelkaal in die middel van besigheidsklas en ek kan vir die eerste keer my oë stadig oor haar lyf neem. Sy is pragtig…..

'Ek kyk vir jou. Jy mag nie skaam wees nie…' 

Mamma heupies en ‘n effense mamma magie (watter mamma het nie een nie?) en die mees aantreklike stel gesonde mamma boobies. Haar koekie is selfs in die skamel lig duidelik seepglad kaal geskeer. 

Sy is selfbewus. 

Nie oor die ander nie. 

Oor my. 

Sy wil weet of sy my goedkeuring wegdra en die twyfel wys in haar oë. 

‘Jy mag nie skaam wees vir my nie….

Jy mag nie selfbewus wees vir my nie….

Jy is pragtig en ek wil baie graag liefde maak met jou.’

‘Hoe kan jy liefde maak met my as jy nog al jou klere aanhet!? Mh?!’ breek sy die dik romatiese atmosfeer wat ek probeer skep.

“Okay Okay! Maar jy kan nie so kaal opstaan om my uit te trek nie. Ek glip myself uit my klere so wegkruip-wegkruip agter die skamel skans. Meneer is natuurlik kliphard en slaggereed vir waneer die aksie begin. 

Sy het nie soveel wilskrag soos ek nie en staar skaamteloos. My skag en sak is kaal geskeer en my ongesnyde kop loer eenoog by sy velkombersie uit. Hy hop al kloppend op en af van opwinding toe sy vorentoe leun en hom as sleepstang gebruik om my nader aan haar te trek. 

‘Is ons al ‘n myl hoog?’ vra sy.

‘Ons is al 7 myl hoog en hy is al 7 duim hard!’

Ek trek die pers duvee oor ons skaamte, en leun oor haar lyf waar sy oopgesper in ons droomkoets ry. My hand val tussen haar bene en kry haar nat koekie toe ons lippe raak vir die oorgee soen. 

Sy smelt om my aanraking en sy smelt om my wese. Haar arms is om my sterk skouers en my mond demp haar sagte kreune. Die soene is starrend en ritmeloos soos haar lyf haar begewe en my vingers haar roosknoppie tref. Enige papier instruksies oor elegant liefdemaak word vinnig op die vlam van lus verbrand. 

Dis drif en passie toe haar oë groot oopmaak en sy my wys hoe sy oorgee. Haar naels slaan diep in my gespierde rug vas en haar lyf ruk in twee onbeheersde rukke voor sy my vasgryp en vasdruk….

Ek streel my vinger van voor tot agter deur haar sopnat gleufie om te voel of sy te sensitief is vir meer….

Haar knoppie laat haar ongemaklik wip, maar haar ingang is meer toegeeflik tot my aanraking.

Ek laat my middelvinger diep insak en streel haar binne poort. Twee vingers gaan in toe haar bene wys sy is ryp vir aanraking. Haar boude lig ritmies van die bed af saam met die metrum van my hand. My hand gryp haar hare ferm vas en ek vat ten volle beheer van haar soekende lyf. Ek druk my vingers ferm (forserend) diep in haar vas en kry haar serviks waar sy in afwagting vir my saad afgesak het. My middelvinger speel om haar kapsel en haar romerige afskeidings. Ek druk my middelvinger in haar baarmoeder ingang en voel haar maag angstig vastrek…..

‘Shhhhhhhhhhhhh,    shhhhhhhhhhhhhhhh, ek werk sag……..shhhhhhhhhhhhh’ maak ek haar rustig. Haar lyf ontspan soos sy die sensasie begin ondek en verstaan. 

Duim op haar roosknoppie, twee vingers in haar diepste plekkie en my mond wat nou naarstiglik aan haar boesem suig. Ek buig haar kop agtertoe en sien haar mond oopgespar in die gedappelde lug. Haar ruk buig ver soos die volgende oorgawe oor haar spoel. Haar koekie knyp styf om my vinger en die klop-polse druk koorsagtig om my litte.

‘Kyk vir my….” instruksie

Sy kyk na my met uitgeblusde teenkanting. 

Haar arm is halfpad om my lyf, en ek voel hoe sy my na haar toe wil. Haar ander arm is bo haar kop en hou aan die pooitjies van die uitskop tafel vas. Dis wel skamel anker, maar dis al wat daar is. 

Haar bene is wawyd oop. Haar sappies glinster in die effe lig. Haar bene trek outomaties effe terug in aanvaarding van wat haar lyf soek.

Hierdie gaan baie beplanning kos, want as ek oor haar gaan troon om haar myne te maak gaan my kaal bolyf vir die hele Koninkryk van Qatar se besigheidsklas op uitstalling wees. 

Ek lig haar bene oor die waaie van my arms. As mens moet moet mens, en ek kan nie meer wag om haar te neem nie. Ek mik my yster-harde piel na haar ingang, en druk my bolyf vorentoe. Ek wil in haar oë kyk as sy haarself vir my gee. Sy is sopnat en in volle afwagting. Haar lyf stoot vorentoe na myne en ek moet hard keer om nie in te glip nie.

Dis uiters persoonlik om die gawe van deel by ‘n dame te ontvang. Dis haar grootste geskenk, en ek wil vir haar kyk as sy dit vir my gee. 

‘Ek wil in jou wees’ fluister ek terwyl ons neuse bykans raak.

Ons oë is aanmekaar gesweis met die bestemming van noodlot.

‘Ek soek jou….’ prewel sy bykans buite beheer.

Toe ek myself hard in haar instamp wil ek met my eerste stamp tot heel onder ingaan. Haar bene is wyd oop en sy aanvaar my in.

Haar oë kyk verdwaas na my toe ek haar tref. Diep en sterk. Lang, diep en penetrerende bewegings aangedryf deur my sterk rug en boude. Elke ingaan effe vinniger tot sy na die kruin van die golf gedryf word en my selfbeheersing my begin faal. 

Dis duidelik sy is reg vir die eerste ontploffing om my manlikheid en toe sy oor die kruin stort val ek saam. My wese swem deur my kyk en hande elektries na haar toe waar ons raak, en soos my sak in haar stywe koekie leegpomp brand ons kyke die onsekerheid tussen ons weg. Ek spuit vyf, ses, sewe sterk en magtige vloed spuite in haar voor ek haar lyfie onder my voel kalmeer en sy haarself terugkry na die oorgwawe. 

‘Sjoe maar jy is darem baie onbehendig om pajamas aan trek. Doen alles behalwe klaarkry. Nou le ek hier kaal en ontbloot bo die Ethiopiese hooglande!’ 

Ek is nog in haar, en lê nou bo op haar in die nagloed. My bene is lam en my ore suis. 

Ek trek die kombers oor altwee van ons en sit my kop in haar skouer. My arms is om haar lyf en my mond naby haar pragtige tieties toe ek stadig begin soek na die pakkie White Company slaappakkies.









Published 
Written by Rondkyker

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments