Join the most popular community of South African swingers now
Login

Jonger Mans

"Hoekom verkies ek om jonger mans se boodkappe te ignoreer"

23
6 Comments 6
1.4k Views 1.4k
985 words 985 words

Ek, as ouer vrou en vreeslike bbw, kry so af en toe boodskappe van jonger mans. Ja, dit vlei mens seker, maar ek ignoreer gewoonlik die jong outjies. Hoekom? Dis nie omdat ek dink hulle is onervare nie. Vandag se jongmense begin mos al vroeg en is al pro's teen 25. So ek glo hulle is in staat om 'n vrou ure en ure se pret en plesier te kan gee.

Ek verstaan baie goed mans se "midlife crisis", want ek dink vrouens kry dit ook. Ons raak ook moeg vir ons "ou" mans en die gewoontes waarin ons nou vir soveel jare is. 'n Jong man het mos baie meer stamina en energie, 'n briesie vars lug in die gewone, stuffy, in-die-groef-vervalle lewe. So hoekom dan nie 'n jong man kans gee nie?

Ek het dit so 'n tydjie terug gedoen. Die jong man 'n kans gegee. Hy was so ordentlik en goed gemanierd, hoflik en geïnteresseerd in mý en ek het gereken: ek verdien ook 'n bietjie jong bloed. Dis mos heerlik dat 'n 32 jarige in 'n amper 50 jarige belangstel. Ons het lekker gesels en hy het die heuningkwas behoorlik geswaai. Ons besluit toe om te ontmoet.

Net koffie, want dis hoe dit gedoen word. Ek is so 'n minuut of twee voor hom daar en toe hy arriveer en ek hom die eerste keer sien was my eerste woord "SHIT!" Nie net was hy beeldskoon en goed gebou nie, hy het nie soos die hededaagse jongmense met deurmekaar hare en slordige kere gelyk nie. Kort netjies hare, skoongeskeerde gesiggie en die mooiste mond! Drop-dead gorgeous!

Skierlik is ek weer erg bewus van die gryshare, wat eers weer oor twee weke gekamofleer word, my ou gemaklike bonkige baatjie, bedoel vir hitte nie nie vir sexy nie, wat my 2 keer dikker laat lyk. Maar hy het gesit en ons het gesels. Hoekom 'n ouer vrou? vra ek. Sy antwoord: Jonger vrouens het te veel issues en insecurities (Asof ouer vrouens nie het nie), hulle weet nie wat hulle wil hê nie . Ouer vroue weet wat hulle wil hê. (Ek is bly hy dink so, want ek dink nie so nie)

Hy is 'n werlike aangename jong man. Glad nie soos die jonger klomp wat ek ken nie. Ek was aangenaam verras, maar het byvoorbaad geweet dat hierdie jongman nie in hierdie tante gaan belangstel nie. Ek is nie delusional nie. Ek weet, al is ek 'n goeie keuse, is ek niemand se eerste keuse nie. Met daardie mooi gesiggie en aanloklike mond sal hy maklik die mooier, maerder tantes kan kry. Weereens het ek net besluit dat ek nie my tyd wil "mors" met dié wat eintlik al vir my Tannie moet sê nie. Die euforie was lekker, maar dis nou verby.

Groot was my verbasing toe ek dié boodskap kry:

"Ek wou jou eintlik soen" Wat? Vir my? Hoekom?

En toe kom die heuningkwas weer uit:

"Want jy is vi my sexy, beautiful smile en oë.. jy het my lekker laat ontspan en ek dink jyt n mooi stem" WOW, ek kan nie onthou wanneer iemand dit laas vir my gesê het nie.

Ja, wat 'n paar vlei woordjies darem kan doen....

"Kan ek jou nou kom soen?" Nee, ek is by die werk en hier is oë. "Maar wat van die kar?" Rêrig? Jongmense is sooooo ongeduldig! Kom sien my na werk as die personeel geloop het. "Kan nie, ek het 'n afspraak" "Wat van môre voor werk" Sure, ek kom vroeg in.

Die volgende dag:

"Jammer, ek kan ni vanoggend maak ni. My huis se geyser het begin lek in die aand"

So? vra ek vir myself, wat hét jy dan eintlik verwag? Verwys terug na jou gevolgtrekking na die koffie. Like HALLO!!

Ek werk toe weereens laat dié aand. Daar kom weer 'n boodskap van hom deur nadat ek niks verder die dag van hom gehoor het nie.

"Wmj" Ek werk nog.

"Kan ek gou kom hallo sê? Maar nie lank nie." Sure. (Ek het lankal geleer om niks te vewag nie.)

Sy HALLO was so 45 min. Lekkerste vry sessie wat ek in 'n lang tyd gehad het! Jammer hy moes elders heen gaan, ek wou hom saamneem huistoe.

Ek ry op 'n wolkie terug huistoe.

Maar my wolkie verdamp en daar bliksem ek met 'n harde slag op die grond neer toe ek later weer 'n boodskap van hom ontvang:

"Nie gelyk of j rrg wou nie" Wat beteken dit? Hy't dan gesê hy het nie baie tyd nie. Hy moes elders wees. Wanneer moes ek wat doen? Op my krakerige, flenters knieë gaan op die koue sement vloer?

"Om gebruik te word is net te veel. Ek is net nie meer lus vir dit nie" Genade, ek het nog nie die geleentheid gehad om hom te geruik nie en nou kry ek dit?

"Ekt al te veel vroue gehad wat my net speel, my gebruik as iets maar ni rrg omgee nie" Uhm, hierdie is 'n swinger site, Dude, dis bedoel vir speel. Omgee kom DALK later.

Ek het 19 jaar gelede laas met 'n 32 jarige gespeel. Ek was 28. Tyd gaan verby, ons word ouer en die "mylpale" in jou lewe wink. Asof dit goed is om te sien hoe die veertigs en dan die vyftigs nader kom. Dit laat mens besef hoeveel goed daar is wat nog nie gedoen is nie en dat die tyd min raak om dit te doen.

Die gevolgtrekking waarby ek uitgekom het: Hoekom verkies ek om jonger mans se boodkappe te ignoreer? Hulle is ongeduldig, het te veel issues en insecurities, hulle weet nie wat hulle wil hê nie. (en die sms taal dryf my teen die mure uit)

Die ego van 'n ouer vrou is erg genak, dit voel nie lekker nie. Ek dink nie ek gaan my weer daaraan blootstel nie. (Of sal ek weer die kans waag?)

Published 
Written by KarlaBeukes

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments