Join the most popular community of South African swingers now
Login

Studente en hulle dinge

2
4 Comments 4
2.1k Views 2.1k
1.5k words 1.5k words
Ek het 'n fantasie wat ek met julle wil deel, ek hoop dat julle daarvan sal hou... Ek kry mos so af en toe studente wat kom grasse soek vir hul take. So beland daar toe 'n lang, lenige soutie op my drumpel. Hy troon ten minste 'n halwe voet bo my uit en hy is nie skrikwekkend maer soos die deursnit eerstejaar student nie. Sy mond is sag en glimlag maklik saam met sy ondeunde neutbruin o. Sy tydsbereking vir grasse soek was effe uit en ek kon maar 'n handvol vir hom by die werk bymekaar maak. Uit sy lyftaal kan ek aflei dat hy effe desperaat is en nooi hom, teen my beterwete, saam met my huistoe. Na werk kry ons mekaar onder by die kafee en ry hy agter my aan op plaas toe. Daar gekom, diep ek vir ons 'n graaf op en ry ons met die quad van kamp na kamp, opsoek na nog 'n paar spesies. Hy klim ewe gedwee agter my op die motorfiets en ek probeer hard om my nie te steur aan die hitte wat vanuit sy gespierde dye teen my heupe afvryf nie. Ek probeer hard om my spoed te beperk maar my konsentrasie bly terugbeur na sy lyf wat van agter om my vou en sy hande wat ongemerk hul posisies op die grid agter verlaat het om sag in die buiging tussen my heupe en sye tot ruste te kom. Oppad terug bied ek die stuurstang vir hom aan en skuif agter hom in. Ek probeer hard om afstand tussen ons te hou maar die pad is sleg en kort voor lank sit ek teenaan hom met my hande wat op sy heupe rus. By die huis besorg ons gou al die monsters en ek nooi hom na binne vir koffie. Hy aanvaar die aanbod en terwyl die koffiemasjien reeds pruttel, beduie ek hom na die badkamer sodat hy sy hande kan gaan was. Teen die tyd dat sy voetstappe weer in gang weerklink is ek reeds besig om die koffie in te skink. Ek staan met my rug na die gang toe en konsentreer hard daarop om te luister of hy al oppad is. 'n Sagte geluid hier skuins agter my laat my op my hakke omswaai en ek draai my in sy arms in. Ek voel n warm gloed vanuit my binneste uitkring na my wange en my buik, ek probeer, half asemloos, om weg te breek van hom af maar sy lyf is teen myne en die kas agter my verhoed dat ek kan terugtree. Hy kelk my gesig in sy hande en dwing my om hom in die o te kyk. Sy aanraking is sagkens, amper asof hy bang is dat hy my sal seermaak. Dan beweeg ons gesigte nader aan mekaar en sy lippe vou oor myne. My wegkomprobeerslae raak al flouer en namate gee ek my oor aan die hitte van sy mond en die dringendheid van sy lyf teen myne. "I want you," prewel hy teen my wang nadat hy sy lippe uiteindelik van myne kon wegskeur. “I have wanted you since the first time I saw you.” Ek weet nie hoe om hom te antwoord nie en ek steek my regterhand versigtig uit, streel met my vingerpunte oor sy sagte wang, vroetel deur sy sagte krulhare en trek sy gesig weer nader aan myne. Sy lippe liefkoos myne terwyl sy arms my stywer teen hom vastrek. Sy hande streel oor my rug en kom op my boude tot ruste. Sy slanke vingers vou om die rondings en probeer my nog nader aan hom trek. Ek kan die drukking van sy ereksie teen my maag voel en ek kreun saggies in sy mond. Ek snak na my asem toe hy my skielik optel en in die rigting van een van die spaarkamers beweeg. In dieselfde beweging waarin hy my neerlê, maak hy hom tussen my bene tuis en druk sy heupe honger teen myne. Ek snak na my asem. Hy soen my weer, eers saggies en versigtig, dan al meer driftig. Ek soen hom terug, dartel saggies met my tong teen sy lippe. Sy mond beweeg weg van my lippe, af oor my nek tot by my kuiltjie. Sy tong trek sirkels in die holtetjie en beweeg dan stadig af en af tot by die strikkie waar die twee rondings van my nuwe liggroen bra met die swart polka-kolletjies bymekaar kom. Sy lippe streel oor die sagte ontblote dele van my borste en beweeg saam met die deining daarvan. Sy tong hervat die lyflike reis en streel oor my melkwit vel waar dit oor my ribbes span. My hande beweeg oor die beddegoed, soekend na vashouplek. Ek trek my asem skerp in en blaas dit dan weer stadig saam met sy naam uit. Sy tong vind die pad na my naeltjie terwyl sy hande die pad na my broek se gulp verken. Hy trek die ritssluiter stadig af, so stadig dat ek elke tandjie van die ritsluiter kan hoor klik. “Are you sure?” Vra hy terwyl hy op sy knieë tussen my bene sit en my met smeulende oë betrag. Ek kyk hom vierkant in die oë en antwoord met ‘n hees fluisterstem. “Yes, yes I am.” Hy trek my broek oor my bene af en laat val dit op die mat. Sy glimlag druk ‘n kuiltjie in sy wang toe hy die bypassende broekie te voorskyn sien kom. Hy buk af, soen die sagte vel net onder my naeltjie en trek ‘n afwaartse lyn met sy tong terwyl hy die broekie teen dieselfde spoed met sy hande verwyder. Toe die broekie langs die denim op die grond beland, beweeg sy hande stadig al teen my bene op, stadig oor die kuite, dwalend oor my dye, tot hulle op my heupe tot ruste kom. Hy laat sy kop tussen my bene sak en ek staar verwonderd na hom toe hy my saggies op die knoppie soen. Ek sak stadig terug tot op die matras terwyl my kop van al die sensasies: Hy soen my dáár asof hy my op my mond soen! Sy tong ontsnap deur sy lippe en streel saggies oor die geswolle knoppie, beweeg afwaarts en gly dan weer op. Ek snak na my asem. Sy tong sirkel weer om die knoppie en dan voel ek sy lippe op my dy. Hy soen my saggies en sy skoongeskeerde vel streel oor die sagte vel van my binnebeen soos sy mond die pad oor my dy na my knie verken. Ek voel hoe hy weg beweeg en ek ontspan my hande wat krampagtig die beddegoed vasgegryp het. Hy sak weer neer op sy knieë en maak hom tuis tussen my bene. Hy staar weer smeulend na my, die kuiltjie in sy wang sigbaar. Hy hou sy hand na my toe uit, help my regop en trek my tot teenaan hom aan. Hy soen my saggies op die mond en laat my toe om sy onderlip liggies te byt soos die soen meer intens raak. My hande vroetel met sy denim se knoop en gulp, maak dit ongeduldig oop en pluk dit effens afwaarts. Meer van die harestrepie kom te voorskyn, amper soos ‘n rigtingwyser. Hy streel met sy hande oor my borste, my skouers en my rug. Sy vingers vind die bra se knip, maak dit los, pluk dit af en laat dit langs ons val. Hy vou sy hande om my middel, laat my stadig agteroorlê en klim dan van die bed af. Ek hou hom dop terwyl hy sy broek en onderbroek afpluk, glimlag skaam vir hom toe hy die foeliepakkie te voorskyn bring en dit oopskeur. Ek staar onbeskaamd na hom terwyl hy weer op die bed klim, sy ereksie gereed vir my, net vir my. Hy laat sy lyf sag op myne neersak en maak hom tuis tussen my bene. Hy stut homself op sy elmboë sodat ons mekaar in die oë kan kyk. Hy lig sy heupe en in een vloeiende, sagte, stadig smeulende beweging is hy binne in my. Sy naam ontsnap skerp oor my lippe. Ek klem sy bo-arms met my hande vas. Hy beweeg stadig in en uit, in en uit. My lyf vind sy ritme moeiteloos en ek begin saam met hom beweeg. Ek skrik vir die sagte kreune wat oor my lippe spoel, probeer dit onderdruk maar slaag nie daarin nie. Genotvolle rilling op rilling trek tydsaam deur my onderlyf. Ons ritme raak al vinniger, sy in en uit bewegings al dieper. Skielik voel ek hoe ‘n bewing vanaf my knieë opwaarts beweeg, al dringender, reguit oppad na die oorsprong van die oorweldigende plesier wat ek tussen my bene voel. Vir ‘n oomblik voel dit of ek sweef en dan ontplof iets binne my. Ek hyg sy naam oor en oor uit terwyl dit voel of my hart uit my borskas gaan klim. Ek voel sy rugspiere onder my vingers saamtrek. Hy druk sy gesig in my nek terwyl die res van sy lyf verstyf. Sy lyf ruk en dan voel ek hoe hy binne my sy klimaks bereik.
Published 
Written by cookiemonsters1

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments