Written by cookiemonsters1

Fiction
21 May 2014


Dit is ‘n soel someraand en die sterre loer blink uit die donkernag na hulle waar hulle in mekaar se arms op die stoep staan. Hy vou sy hande om haar boude, tel haar op en sit haar op die groot stoeptafel neer. Sy lippe liefkoos haar mond, beweeg soekend oor haar kakebeen en speel rakelings teen haar nek af. Sy kan sy manlikheid teen haar mik voel druk. Sy snak na haar asem en gryp sy skouers vas. Sy hande beweeg oor haar rug en met sy regterhand kam hy deur haar hare en trek haar kop agteroor sodat hy met sy tong sirkels in haar kuiltjie kan teken. Haar hande tas soekend oor sy hemp, vind dan die knope en begin die boonste een losmaak. Hy gryp haar hande vas, trek haar nader aan hom en soen haar driftig. Sy tong dring haar mond binne, streel teen hare. Sy beantwoord sy soen met ywer.

Hulle breek weg van mekaar en sy snak na haar asem. Hy gryp die soom van haar toppie en pluk dit oor haar kop. Sy vingers kry haar bra se bandjies beet en trek dit af oor haar skouers sodat haar borste gedeeltelik ontbloot is. Haar tepels lyk rosig in die sagte gloed van die stoeplig. Hy beduie vir haar om agtertoe te sit en laat haar saggies agteroor lê op die houttafel, haar arms uitgestrek bo haar kop, haar knieë gebuig en haar voete bo-op die tafel.

Die lig gooi sagte skaduwees oor die rondings van haar borste en sy kan die silhoueët daarvan teen die lig sien. Sy kreun saggies. Hy streel met sy vingerpunte oor die sagte vel van haar binnearm, oor haar oksel en rakelings teenaan haar borste verby. Sy sonbruinhande vou om die rondings, kelk hulle van onder af en druk hul effens na mekaar. Sy warm mond sluit oor haar regtertepel en hy suig saggies daaraan. Sy voel hoe haar buik saamtrek elke keer wat hy aan haar tepels raak. Sy snak na haar asem en krom haar rug onwillekeurig soos die dringendheid van sy aanraking al meer intens raak. Die punt van sy tong terg dit met stadige sirkelbewegings. Dan is dit die linkerkant se beurt. Met sy tong se punt trek hy ‘n streep van ander na bo en knyp dan die rosige tepel tussen sy lippe vas. Sy tong dartel vlugtig daaroor en begin dan daaraan te suig terwyl hy haar regtertepel sag tussen sy vingers rol. Sy ander hand beweeg afwaarts na haar mik en hy druk met sy handpalm daarteen. Sy snak na haar asem, kreun toe hy die drukking op haar mik verhoog. Sy hand maak haar broek los, probeer dit effens opsy trek. Sy mond is steeds besig om haar borste te liefkoos. Sy vingers vind die pad onder haar broekie in en sy snak na asem toe sy vingerpunte oor haar knoppie skuur en twee vingers haar hemelse natheid binnedring. Sy vingers beweeg in en uit, terg haar en streel haar. Sy duim vind haar knoppie en maak sirkelbewegings daaroor. Sy voel lighoofdig en ‘n warm gloed sprei vanaf haar bene na die res van haar lyf. Binne die beperkende ruimte van haar broek beweeg hy sy vingers al dringender in en uit haar uit. Sy kan voel hoe haar hartklop versnel. Haar hande vind die rand van die tafel, gryp dit vas. Sy hyg na haar asem. Sy tempo tel op, sy vingers beweeg nog vinniger.

“Ah, ja!” Hyg sy toe ‘n heerlike verlamende gevoel vanaf haar bene opwaards beweeg en haar duiselig laat toe dit in haar buik ontplof.

Hy trek sy hand stadig uit haar broekie uit en vee dan met sy nat vingerpunte oor die melkwit vel van haar maag. Hy trek haar stadig regop en help haar in haar klere in. Sy voel steeds kortasem en leun teen die muur langs die agterdeur terwyl hy dit vir haar oopsluit. Hy soen haar vir ‘n vlietende paar sekondes op haar wagtende lippe, draai om en verdwyn die nag in.


Comment