Join the most popular community of South African swingers now
Login

As dit maar net was....

2
2 Comments 2
1.5k Views 1.5k
1.9k words 1.9k words
Ek skrik effens toe die deurklokkie lui. Al het jy ’n paar minute gelede gebel om te sê jy is op pad, kan ek nog nie glo jy is regtig hier nie. Al die kere se gespot en terg oor jy wat my wil hê en hoe ons mekaar kan geniet - en nou is dit ’n werklikheid. My bene kry my amper nie tot by die deur gedra nie en my vingers sukkel dom om die sleutel in die slot gedraai te kry. Maar toe ek uiteindelik die deur oop het, staan jy daar in al jou glorie. Hoewel ons albei presies weet wat ons hoop volgende gaan gebeur, is ons vreemd stil. Al twee effens skaam en ongemaklik, ten spyte van al die weke se gemaklike flirtery en soms blatante sekspraatjies, stap jy agter my aan kombuis toe. Ek bied jou ’n glasie wyn aan en terwyl jy ’n bottel uit my klein maar kwaliteit-versameling rooiwyn uitsoek, gaan haal ek glase en die oopmaker. Ek sluit my weer by jou aan en neem die bottel redelik voorbarig uit jou hande. Wonder vir ’n oomblik of dit nie jou manlike ego gaan ontstel nie. Maar ek sien jy is skoon verlig om van die bottel ontslae te wees en besef ook alte gou dat dit nou jou hande leeg laat om ander dinge te doen. Terwyl ek die wyn oopmaak, kom staan jy agter my, sit jou hande hoog op teen my sye sodat die kante van jou vingers net-net die onderkante van by borste raak. Jou mond is agter in my nek besig om klein vlindersoentjies te maak – jou warm asem kielie saggies teen die agterkant van my oor. Hierdie eerste werklike aanraking tussen ons is so ’n lekker skok dat ek ’n groot klomp wyn sommer langs die glas verby stort. Ek skink vinnig die glase vol, want ek voel hoe my bene besig is om onder my mee te gee. Jy voel dit ook, want jy draai my vinnig om en druk my met jou groot, sterk lyf liggies teen die kombuistoonbank vas om my regop te hou. Jou hande is op my lyf, en vir ’n breukdeel van ’n sekonde kyk jy diep in my oë, voordat jy jou kop stadig laat sak en ons lippe vir die eerste keer ontmoet in ’n soen wat vinnig intenser raak en dreig om ons al twee te laat sink in ’n diep poel. Jou hande beweeg oor my borste en begin, baie behendig, my bloes se knope een na die ander losmaak. Ek is nog te oorstelp om enigiets meer te doen as my hande agter my teen die toonbank te laat rus - my liggaam weier om op enige van my opdragte te reageer. Toe jou hande gretig oor die sagte satyn van my bra vou en my tepels kliphard van die binnekant af terug druk, jou lippe nou in my nek, gaan daar ’n vinnige gedagte deur my passie-benewelde brein dat ek wens ek was mooier en jonger vir jou. Maar dit blyk jou nie te pla as jy jou mond warm en stadig teen my nek af en teen die heuwel van my een bors uit beweeg nie. Ek trek my asem skerp in toe jy my pleitende nippel warm in jou mond intrek. Dit voel asof ek gaan flou word en besluit om eers bietjie halt te roep voordat als binne minute verby is. Ek is vas van plan om hierdie oomblik so lank as moontlik te laat aanhou. Ek druk jou met ’n ferm hand teen jou borskas effens weg, en met ’n warm soen op jou lippe, druk ek vinnig ’n glas wyn in jou hand. “Kom ons gaan sit in die sitkamer en geniet die wyntjie,” kry ek moedig met ’n asemrige stemmetjie die voorstel uit. Ek neem ook my wyn, loop agter jou aan, probeer met die een hand my bloes se knope oor my parmantige nippels met die effense nat kol op die een kant van my bra toeknoop. Gee hoop op met die boonste twee, terwyl ek tussendeur ’n paar gulsige slukke van die wyn drink - wetende ek gaan die gevoel van vryheid wat die alkohol bied, binnekort nodig kry. Ek gaan sit langs jou, ons voorkante na mekaar gedraai, op die rusbank waar jy saggies met jou vingers deur my hare speel en ons ewe ongeërg oor die smaak van die wyn gesels. My hand streel op en af op jou bobeen en ek kan jou liggaam se reaksie daarop aan die voorkant van jou broek sien. Ek besef dis tyd om verder te gaan en weet ook dat jy nou vir my wag om die volgende skuif te maak. Ek sit my halfleë glas op die koffietafel neer, buk oor om jou ’n lang, betekenisvolle soen vol op die mond te gee. Jou hande neem my boarms vas en jy trek my styf teen jou neer - asof jy my binne-in jou hart en siel wil intrek. Dan sê ek saggies in jou oor: “Jy skuld my nog daai rugwas wat jy lank terug belowe het. Ek gaan solank stort toe - gee my twee minute dan join jy my.” In die badkamer spoel ek vinnig my mond met mondspoelmiddel, trek uit en gooi my klere baie vinnig in die wasgoedmandjie, klim in die stort en smeer vinnig van my gunsteling-stortseep aan die sponsie. Ek gee my oor aan die warm water wat op my afspuit en hou my rug na die stortdeur gedraai terwyl ek myself met die sponsie begin was. So hoor ek die stortdeur oopgaan, voel hoe jou lyf die spasie vul, en die volgende oomblik word die seperige spons uit my hande geneem. Jy was my rug saggies, my hartklop volg jou hande soos hulle op en af beweeg, maar nie lank nie, dan laat jy die sponsie val en jou kaal hande is op my lyf, op my borste en oor die kaalgeskeerde heuwel tussen my bene en my hart hou heeltemal op met klop. Jy draai my om, soen die water wat oral oor my loop af, jou hande vooruit. Ek is in absolute ekstase en my liggaam reageer met elke senuweepunt denkbaar. Elke keer as jou onderlyf teen myne raak, kan ek voel hoe jy groter en groter word. Dan is dit my beurt. Ek sit seep aan my hande en begin jou bolyf was. My lippe volg die water wat die skuim afwas. Dan buk ek af, my gesig nou lynreg met jou onderlyf, waar jou manlikheid sterk en seker, soos die res van jou, staan. Ek was jou bene, jou boude, jou lieste, maar raak nog glad nie aan jou geslagsdele nie. Jy toring bo my uit, jou een hand in my hare, en jy kan sien hoe ek na jou kyk en jou bewonder. Uiteindelik buk ek vorentoe en neem jou warm, kloppend in my mond. Die effek van die mondspoelmiddel en die oomblik maak jou magteloos, jy trek jou asem skerp in, mompel iets onhoorbaars en druk jou palms weerskante teen die stortmuur vas - nou heeltemal oorgegee aan my mag. Ek terg en speel, beweeg my tande saggies oor jou vel wat reeds tintel van die pepermentsmaak in my mond, speel tussendeur met my hande oor jou skag, neem jou sakkie ook saggies in my mond en voel hoe jou spiere begin styf trek vir die orgasme. Jy trek my kop saggies weg, sit jou hand oor myne om jou meneer om die pas aan te gee, en saam dryf ons jou oor die hoogtepunt. Ons staan nog ’n rukkie so onder die warm water en soen - ons kaal lywe styf teen mekaar gedruk. Wanneer die lewe en energie terugkeer, klim ons vinnig uit, droog mekaar effens af, en met jou van agter styf binne-in die handdoek om my gevou, stap ons die kort afstand na my dubbelbed, wat vriendelik vir ons staan en wag. Hoewel dit koelerig is buite, is dit lekker warm binne-in die huis en gaan lê ons sommer bo-op die duvet. Jy neem dadelik beheer en terwyl jy my diep en innig soen, speel jou hande oor my borste. Jy neem my nippels tussen duim en wysvinger - druk en trek liggies daaraan, dan knie jy weer die hele bors en maak beurte tussen die twee om hulle met jou mond te suig en oor die nippels te lek. Ek is heeltemal lam onder jou hande en mond en jy geniet elke oomblik van my oorgawe. Jou een hand begin oor my maag afbeweeg, jou mond volg hom halfpad, maar keer dan weer terug na die bors wat nou verlate is. Die volgende oomblik is jou regterhand tussen my bene - streel weerskante van my kaal lippe bo-oor tot onder, en met die terugkom is jou middelvinger diep in die slootjie - bring van die liefdessappe saam om my geswelde klit mee nat te maak. Jy begin haar met jou middelvinger vryf. Sit later die wysvinger en ’n bietjie drukking by. Jou linkerhand en mond is steeds met my nippels besig en ek gooi my kop agteroor van plesier - my rug trek krom. Op hierdie stadium trek jy jou lyf effens weg van my af, gaan lê skuins langs my, knyp my regterbeen, weggetrek van sy maat af, tussen jou bene vas - ek voel jou reeds weer stokstywe warm manlikheid teen my bobeen lê. Ek lê nou voor jou oopgespalk - heeltemal blootgestel - die koeligheid speel oor my kaal bolyf. Jou regterhand steeds om en op my klit besig. So lê jy en speel met my terwyl jy elke trek van genot op my gesig en op my lyf dophou. Ek wil toeknyp, maar jy hou my vasgepen en versnel jou hand se pas op my klit totdat ek met ’n sagte gilletjie en swaar asemhaling ook my eerste orgasme by jou ervaar. Jy kan voel hoe die sametrekking van my spiere deur my onderlyf op jou hand klop. Jy soen my saggies en begin stadig weer my hele lyf met jou hande stimuleer terwyl ek nog probeer om my asemhaling onder beheer te kry. Vinnig is ons egter weer albei gereed vir mekaar en hierdie keer is jou lyf net vir ’n paar sekondes bo myne voordat jou bene my knieë uitmekaar druk, jy die opening van my vrouwees soek en, met ’n diep kyk in my oë, my doelgerig penetreer en my diepste menswees aanraak. Ons lê vir ’n rukkie net so – my arms en bene styf om jou lyf gevou. Maar dan neem die oeroue ritme in ons liggame oor en geniet ons mekaar met alles wat binne ons is - eers stadig, maar dan al hoe vinniger en met mening, totdat ons albei - een kort na die ander – oor die afgrond van algehele genot stort. So lê ons, jy nog binne my, vir ’n salige paar minute, totdat ons terugkom aarde toe, jy die duvet saggies oor ons natgeswete lywe trek, my styf teen jou warm bors vastrek en toevou in jou sterk arms. Dis die selfoon se wekker wat my wakker maak. Vir ’n kort oomblik is ek nog vasgevang in jou warmte, maar dan besef ek dat jy nie daar is nie. Dat dit, soos so baie kere vantevore, net ’n droom was.
Published 
Written by Gattino

Get Free access to these great features

  • Create your own custom Profile
  • Match with Swingers near you
  • Arrange Meets with hot Swingers
  • Discover adult parties in your area
  • Chat with like minded people
  • Browse our real amateur Swingers gallery

Comments