My kennismaking met SH het my lewe verander, lekker om te sien daar is nog so baie ander jagse mense. Ná ’n paar e-mails wat geen reaksie gekry het nie email van ’n getroude vrou wat my heelwat vrae vra. Ek noem haar M. Sy bly naby aan my en is in haar tweede huwelik.. Só gesels ons oor die e-mails en op ’n dag bel sy my. As ek weg is, gesels ons lekker en sy reis ook gereeld. Ons deel fantasieë en só bel sy my een aand en, soos sy sê, heerlik lus! Sy skram eers weg, maar ek begin haar ’n fantasie vertel en erken later dat ek besig is om te masturbeer terwyl ons praat. Dit fassineer haar, en veral toe sy hoor hoe ek kom! So tien minute later lui my foon weer en ek hoor net hoe sy saggies prewel terwyl sy kom voordat sy die foon neersit. Eenkeer is ons saam in Durban en sy laat val waar sy bly. Inkopies is my voorland en ek koop vir haar ’n baie sexy stelletjie donkerblou undies. Pragtige bra en sexy panties. Twee weke later vertel sy my dat sy dit aangetrek het om hom te verlei, maar hy het haar net vasgehou en gesoen. Net daar vertel ek haar dat ek haar hard en diep en verskeie kere sou bygekom het in daardie undies! Minute later hoor ek haar die eerste keer lekker hard kom terwyl sy met haarself speel! Só deel ons fantasieë met mekaar en ek leer seksueel so baie van haar. Ons besluit om ons top vyf fantasieë met mekaar te deel. Die reël is ook dat ’n fantasie nie noodwendig iets is wat ons in die werklikheid wil ervaar nie! Haar fantasieë is: Om ’n man in lewende lywe te sien masturbeer terwyl sy net sit en kyk en volledig geklee is. Sy wil vasgebind of met boeie vas wees en ’n man moet haar ure lank oral met die mond terg en dan, as sy smeek, haar laat kom. Sterk orale seks in die prentjie. Ouderdomsverskil – sy wil ’n bitter jong seun (maar van ’n wettige ouderdom) vir lesse vat oor ’n naweek. Net ure en ure se seks! Sy wil met mening geforseer word om seks te hê – binne perke – eers pyn en dan vreeslike plesier! Sy wil met ’n wildvreemde persoon quicky-seks hê en hom dan nooit weer sien nie. My fantasieë: Om ’n vrou te sien masturbeer terwyl ek net sit en kyk – nie moontlik nie, want ek sal onmiddellik met myself speel. Ek wil seks hê op ’n ander plek, of waar ek nog nie seks gehad het nie – soos in ’n kar! Waar ons raakgesien kan word of dalk betrap word – byvoorbeeld waar ons op die balkon, wat uitkyk op die see, seks het. Seks met ’n baie jong meisie – wettige ouderdom, maar jonk en onervare. Ek wil orale seks ontvang en gee – allerhande posisies en natuurlik vir ure aanmekaar! Twee vroue wat ek net dophou of dalk join! Só gesels ons en op ’n dag besluit ons om April op dieselfde plek te gaan vakansie hou, en wie weet?
So breek die vakansie aan ... vliegtuig en hele gesin ... huurkar ... woonstel en pret! Alles val in plek ... kinders speel by maatjies ... my vrou is by haar familie en haar man speel gholf en ek gaan vang vis ... amper! Haar vriendin kom eers 4 April af en hulle baie nice woonstel by Diaz-strand is leeg. Ons land Saterdag 19 Maart en verken die nuwe plekke ... Mosselbaai, George ... en natuurlik ry ons verby die woonstel op Diaz-strand. M en haar mense kom ook die Saterdag per motor aan en ons het al by die huis besluit ons sal ons elkeen se vyf fantasieë in ’n hoed gooi en een van hare trek en dan een van myne, en sien of ons hulle kan uitleef. Ek koop vir die eerste keer in baie jare kondome en wil eers ses vat, maar besluit om twee pakke van twaalf te neem!
Sondag is die kinders saam met maats strand toe en my vrou na haar familie toe die sms kom: “Sien jou 10:00 by woonstel (naam) en (nommer)! Kinders ook by maats en man op die gholfbaan!” My hart sit in my keel en ek parkeer ver weg van die woonstel en stap die res van die pad. Ek teken in as Piet – weet nie hoekom nie – en klop aan die deur. M maak oop ... bleekwit en hande wat bewe. My mond is droog en ek weet nie wat om te se nie. Ek gee haar ’n drukkie. Sy het pragtige blonde hare en mooi blou oë ... vriendelike oë. Ons stap deur sitkamer toe en ek bied aan om vir ons senuwees iets in te gooi! Ons ooreenkoms was dat ons nie die eerste keer seks sal hê nie en ons besluit om ons eerste fantasieë te maak om mekaar te sien masturbeer.
M is ’n pragtige vrou ... mooi gebou en ’n great lyf. Met haar klere aan sien ek sy het ’n pragtige vel, volronde borste 36C en ’n sexy paar boudjies. Vrouens dink mos alle mans wil sulke maer goedjies hê ... nie ek nie. Ek tel onmiddellik op sy is so bietjie bang en ek bied aan om eerste te speel. Sy gaan sit op die sitkamerbank en aan die anderkant van die koffietafel op die driebank. Ek trek my hemp uit my broek en kyk haar mooi in die oë terwyl ek my hand in my broek en onderbroek inglip. Gou-gou is ek hard en ek trek my hand uit sodat sy kan sien dat ek styf span teen my broek. Met nog so bietjie terg trek ek my broek uit en sien hoe my ereksie teen die onderbroek beur. Haar oë is vasgenael op die knop in my broek ... Ek streel myself deur my onderbroek en is nou kloppend hard. Ek vra haar wat volgende en sy sluk droogmond ... sy wil hê ek moet my onderbroek uittrek. Dié val vinnig af en sy lek haar lippe af ... Fok, ek is massief en klip-kliphard! Ek staan so en trek saggies my draad terwyl ek in haar oë kyk. Sy is lekker lus ... ek sien nou dat haar nippels kliphard teen die hemp bult. Dan skuif sy haar boude onder haarself uit en sit op die rand van die bank. Sy leun vorentoe en steek haar hand uit. Ek keer en sê dit was nie ons ooreenkoms nie. Sy smile en sê sy gaan saam met my speel ... Sy maak haar bene oop en ek kan sien dat die wit panties so lekker nat kol het! Ek bekyk M se boude en deurtrekker van hoek tot kant. Ek leun so bietjie nader om haar beter te kan ruik, en ek kan sweer ek ruik haar seks! Sy kreun ’n slag en vou haar regterbeen op. Nou is haar rokkie heeltemal opgetrek, en haar broekie is nou duidelik te sien. Die lig is dof en ek sien sy het ’n bos lekker welige hare wat getrim is vir ’n bikini.
Sy trek die g-string weg en ek sien die mooiste, pienkste, sopnatste en geswelde twee lippies! Haar vingers vlek haar skaamlippe oop en haar hand glip deur die gleuf en ek kan haar jagsheid ruik!
Ek bly myself op en af streel en druk haar hand tussen haar bene en maak hulle wyer oop vir beter toegang tot haarself. Haar vingers is sopnat en glip en gly dan af in die gleuf en sy speel so bietjie by die agterdeur. M lig haar boude hoër op en maak so haarself oop sodat sy haar vingers diep binne-in haar kan druk, en haar ander hand vind ’n opgeswelde klitoris. Met haar vinger (met die knewel van ’n trouring aan) stimuleer sy haar klitoris. Haar asemhaling raak al hoe vinniger, en ek kan voel haar klimaks is nie ver nie. Shit, gaan sy voor my kom?! Dit gebeur nie gereeld nie. Dan trek sy haar hand uit en smile ... sy wil nie so gou kom nie ...
Beide ons asems jaag en ons kan mekaar ruik ... seks is die hele vertrek vol. Ek bly aan my kant en sy aan haar kant. Ons kyk mekaar in die oë en dan vir mekaar se hande en vingers. Ek praat saggies met haar en vertel haar hoe ongelooflik sexy ’n jagse getroude vrou vir my is ... Êrens in die warboel trek sy haar hemp op en ek kan sien hoe haar groot stywe en harde nippels ook kloppend hard is ... Sy rol hulle een vir een met haar hand en ek kan nie my oë afhou van die jellytot-nippels nie. Ook het sy haar sopnat g-string afgetrek en dié sit op haar een enkel omdat haar bene so wyd oop is. Haar oë rol in haar kop en ek sien sy is vinnig op pad. Dan stop sy weer en die g-string val op die tafeltjie ... Ek moes ook al seker tien keer stadiger speel om nie te kom nie. ’n Getroude man se hart kan dalk gaan staan.
Op die ingewing van die oomblik buk ek vorentoe en tel haar broekie op ... dit is sag, nat en warm ... Ek bring dit nader aan my gesig en ruik die skoon, warm, nat en heerlike reuk van volkome vrou – volkome getroude vrou – volkome uiters jagse vrou – vrou! Ek neem die broekie in my hande en vou dit om my hardheid en begin met mening pomp. Sy kyk my in die oë en ek sien ons gaan saam kom! Ek vat haar broekie en vou dit oop ... kyk waar haar nat lippe sou gewees het en toe ontplof ek. Ek skiet strome en strome wit warm kom op die broekie daar waar haar lippies sou wees, verby en oor die tafel, tref haar op die been, maag en teen die bank en muur! Sy kom en kom en kom en kom weer ... terwyl sy saggies prewel ...
Na so ’n halfuur is ons aangetrek ... Ek het die tafel, muurtjie en myself skoongemaak. Sy is gestort en het die mooiste rooi blos op die wange ... Met ’n stewige doppie op ys in die hand trek sy een van haar fantasieë ... Ek glimlag ... dit is haar fantasie om orale seks te kry terwyl sy by ’n tafel sit en nie die persoon onder die tafel sien nie ...
Ons afspraak is Maandag 21 Maart om 12:00 ...