
About
Geen getroude/vervreemde mans asb 🌸 ...jy dien jou Skepper sonder om 'n suur pruim te wees.
Jou liefde en tyd vir jou maat is vir jou 'n prioriteit, nie moeite nie.
Foto's is hoe jy nou lyk.
Humor! Ek wil saam met jou lag en lewe maar ook saam met jou kan stil wees. Nie 'n manlike drama king nie 😂 Narsiste en humeurige mans is onaangenaam en ongelukkig nie goeie verhoudings materiaal nie.
LANGER mans !( +), goed versorg, higiënies, matige gewig. Skoon kort naels.
Rook kan dalk problematies wees, ek is 'n nie-roker. ’n Sosiale drinker met perke kan werk ...ek is ook 'n nie-drinker 🥂
Indien jy van vroeg tot laat met 'n glas moet sit of loop sal ons nie saamwerk nie ☺️
Ek vertrou jou bagasie is afgehandel...
Ek hoop regtig jy is spontaan, gemaklik in jou eie vel, en kan goed kommunikeer.
Jy en jou mense is gemaklik en oop — ek wil graag deel word van jou wêreld en belangstellings sonder om my persoonlikheid kleiner te maak om in jou lewe in te pas, of jy jou persoonlikheid om by myne te pas..wees net jouself asb.
'n "Deal-breaker" in 'n toekomstige verhouding sal wees as jy nie finansieël gevestig met jou eie huis, voertuig, pensioen/ salaris is nie.
'n Man wat opstaan met 'n doel, eerlik leef, respekvol teenoor ander optree, integriteit as rigtingwyser kies is reeds bo-aan my lysie, dis aantreklike eienskappe.
Ek is op soek na iets langtermyn met diepte, respek en bedoeling, dis wat jy van my sal kry.
Hier binne my hoop ek jy lief dalk ook musiek, kan dalk dans, braai, karavaan kamp en saam met familie en vriende wees maar jou huis/ek is ook jou hart en jy waardeer tuis wees net so baie.
Interests
Seeking