Fact
26 Jun 2017


Dit was ‘n mal dag. Almal vir die vakansie op die plaas. Ooms, tannies, neefs, niggies en die res van die spul. Ek was al vroegdag op (op meer as een manier, want met al die mense daar is daar nie veel tyd en plek om so ’n bietjie seks te hê nie!). In al die gemaal in die huis is dit so dat almal toe wil gaan fliek. Ek doen nie flieks nie, so ek het aangeneem dat ek alleen sal wees. So tussen die groetery heen voel ek dat dit dalk net die ding sal wees as ek heeltemal alleen sal wees. Ek gaan toe na so vyf minute in die gang af en in die badkamer in. Toe ek my hande was, val my oë op die sexy klein nommertjie bo in die wasgoedmandjie. Wowwww! So ’n sexy klein deurtrekkertjie, nogal in blou – my gunstelingkleur. My skoonsus s’n!

Nou ek en sy ken mekaar al sowat twintig jaar. Sy en my vrou was nog altyd goeie pelle, maar ons loer nou al die jare so onderdeur vir mekaar. Beide uit ‘n konserwatiewe huis, so ons loer maar net. Daar was al wel kere dat ons so in die donker teen mekaar geskuur het en ek per ongeluk so bietjie gevat en geskuur het. Een aand by ‘n braai het sy spelerig op my skoot gesit en toe sy voel dinge raak lekker, toe skuur sy so stadig op en af teen my! Sy het duidelik geweet wat sy doen en later gesmile en vir my gesê: “Shit! Jy is ‘n ou groot seun! Maak maar later vanaand my sussie bly, maar as sy dit nie waardeer nie, kom terug na my toe, ek sal dit waardeer!"

Sy is by haar tweede man nadat sy van haar eerste geskei is. Later vind ek uit dat sy op 24 as ‘n maagd getrou het. Sy vertel dat hulle mekaar so bietjie met die hande en monde gehelp het, maar sy is as maagd getroud. Haar eerste man het maar lekker rondgeneuk en hulle is toe uitmekaar. Sy trou toe ‘n ouer man met baie geld wat toe die boer is. Sy is sowat 1,5 m lank, blond met die mooiste blou oë. En vandat sy drie jaar terug op die plaas is, gym sy elke dag en het ‘n stunning lyf. Sy het so nege kilogram gewig verloor, maar die perfekte borste van 36C (en nog nie kinders gehad nie!) en haar sexy agterstewe is nog daar.

Ek voel hoe hard ek is en vat die sexy g-string en wikkel dit so om my kliphardheid. Ek het al ‘n hele paar keer so met haar panties omgevou lekker met myself gespeel. Ek het dit so nodig terwyl ek stadig op en af pomp met my hand. Wat ek darem sal wil gee om haar nou so lekker hard en diep van agter af te spyker! Hel maar dit is lekker, amper te lekker, en ek pomp so bietjie stadiger … lekker … lekker …!

“Wat dink jy maak jy?" kom die woorde soos ‘n emmer yskaswater. Daar staan sy (sy is toe nie fliek toe nie, want sy wou vroeg met die kos begin) en kyk terwyl my natheid al uitloop en op haar g-string blink.

Ek weet ek het nou GROOT probleme en begin: “Dit is nie wat … jy … ek … moenie …" kom uit my mond.

“Ek weet al lank dat jy my onderklere gebruik as jy … jouself help," sê sy. "Moenie stop nie; ek wil hê jy moet aangaan. Wil nog altyd sien hoe trek ‘n man sy … ding! Moenie worry nie; as jy my laat kyk hoe jy speel en kom, sal dit tussen ons bly."

Ek sou dit vir haar gedoen het as sy net gevra het; ons het nie al die drama nodig gehad nie. Ek bly stadig op en af pomp en kyk hoe sy intens kyk terwyl sy haar lippe lek. "Donder, maar jy is groot," sê sy en ek sien hoe haar nippels styf staan onder haar hempie. Mooi is die haartjies opgemaak, lippies rooi en gesiggie pragtig! Sy het natuurlik een van daardie “aangeverfde" jeans wat haar lippies voor so mooi oopvlek. Sy het nie kinders gehad nie, so die nippels is so mooi klein en ferm soos dié van iemand wat veel jonger is. Maar glo my vandag staan hulle soos harde jellytots!

Ek voel geëerd dat sy my as groot beskou. "Wil jy hom nog groter sien raak?" vra ek braaf.

“Hoe gaan jy dit doen?" vra sy.

"Speel jy bietjie met jouself en wys my hoe vinger jy jouself, dan wys ek jou hoe groei hy!"

Voor ek mooi kan besef wat ek nou gevra het, sê sy "Ok!" Sy staan terug en trek stadig haar toppie uit nadat sy al die klein knopies losgemaak het, en toe besef ek eers hoe lus sy is! Haar nippels is so hard dat hulle amper deur die bra sny soos hulle uitbult. Dan kom die jeans ná die knoop eers losgemaak word en sy dan stadig die zip begin aftrek terwyl sy wegdraai en daardie sexy stert na my kant toe wys. Die jeans gly af en stop net sodat ek die klein rooi g-string sien. Sy kyk my in die oë en smile en trek dan die jeans verder af en uit en gooi dit op die vloer. Sy gaan sit op die bad en haar hande gly tussen haar bene in waar sy saggies oor die rooi broekie streel. Haar nippels is so hard dat hulle lyk of hulle enige oomblik deur die materiaal gaan bars. Sy kreun saggies as sy hard en diep met haar hande tussen haar bene ingly. Sy sien hoe my oë sukkel tussen die harde nippels en die koekie. Dan vat sy die gespe en maak die bra los; sy laat hom val, maar haar hande hou die borste toe. Sy smile. "Moenie ophou speel nie!" en vat toe haar hande weg. Bliksem! Die perfekte borste. Die nippels nog steeds kliphard en sy vat haar vingers en rol hulle. Ek moet nou stop, want amper jaag ek by fyndraai verby. Ek gaan sit op die vloer en mis nie een lekker stoot nie. Ek sit so naby ek kan ruik hoe warm, nat en lus sy is.

Sy trek die g-string eenkant toe en ek sien vir die eerste keer die sagte, geswelde, nat, warm lippe waaroor ek al so baie gedroom het. Sag en heeltemal skoon geskeer. Sy speel lekker vinnig en sag met haar klit wat so groot van lekkerte is. Ek speel al stadiger, want ek weet ek gaan binnekort ontplof, want ek kan hoor hoe sy na haar asem snak! Haar ander hand is besig om die klipharde nippels nog harder te maak deur hulle te vryf, met vingers wat met spoeg nat gemaak is. Sy blaas saggies op die puntjies en hulle staan parmantig regop! Haar middelvinger gly in die sopnatheid in en ek sien hoe gooi sy haar kop agteroor.

Ek staan op van die vloer af en loop nader aan haar. Ek het omtrent heeltemal opgehou speel, want dit is nou naby!

Sy glip 'n tweede vinger in en nou begin haar lyf ruk. Sy leun vooroor en uit die bloute gryp sy my aan die hand en trek my nader. Sy gebruik haar vry hand en vat my klipharde voël en sit hom in haar mond! Dit is fantasties as sy daardie rooi lippies en tong gebruik om my eers saggies te lek, soos 'n roomys op 'n warm dag … al op en af … en dan krul haar tong om. Sy lek my van die wortel af op en suig ook een van my vol sakke in en kyk my diep in my oë toe sy my so ver as moontlik insluk. Dit is nie haar eerste keer nie, kom ek dadelik agter! So die mooi mondjie het al baie keer manne in ekstase gehad. Ek sien haar oë begin rol en haar hand gaan al vinniger tussen haar bene!

Die volgende oomblik kom ek, nie net vir die dag nie, maar vir die volle tien dae wat ek al uithou. Die eerste ontploffing is binne haar soet warm mond. Sy trek hom uit en ek skiet nog 'n skoot, wat haar op die wang tref, en dan strome en strome wat daai klipharde nippels en borste tref. Dan gaan sy ook aan die skree toe sy ontplof en ek sien sy ruk en ruk soos sy kom. Sy hou nie terug nie en die plesier weergalm deur die huis.

Sy vee haar gesig en borste af en ek trek haar regop en draai haar om en druk haar teen die badkamermuur vas en voor sy mooi kan besef wat gebeur, trek ek die rooi g-string opsy en stamp ek alles van agter af in en hoor hoe die lug uit haar longe pers! Haar hele liggaam trek saam en word so styf soos yster, en toe begin sy my soos ‘n wilde kat ry! Dinge word wild en sy stamp so hard terug dat ek met my gewig vorentoe moet lê. Ek hoef geen werk te doen nie as sy aanhoudend hard met haar heupe stamp … ongelooflik! Dan kom die woorde hard: "STOP!" Ek val amper agteroor as sy my hande van haar heupe afhaal en omdraai. "Dit is te gou te lekker," sê sy. "Kom ons vat dit eers stadig."

Al deel van die woorde wat vir my sin maak is: "Kom." Ja, dit is al wat ek wil doen! Sy gaan sit sonder 'n woord op die bad en vat my en lek my weer van onder tot bo terwyl haar hand weer tussen haar bene ingaan. Sy lek en proe my stadig en ek word weer harder. Sy French kiss my hardheid en gebruik haar mond en lippe asof dit haar ander lippies is, terg-terg, dan bietjie suig, en hoe langer sy dit doen, hoe dieper suig sy my in haar mond in! Dan weet ek sy sal nou moet stop … en sy glimlag as ek haar effens wegstoot! Sy staan op en my hart gaan staan amper, maar dan buk sy en trek die rooi g-string uit! Ek gaan sit op die vloer en sy kom lê skuins oor my, en sy smile as sy haar vingers deur haar natheid laat gly en haar oë sê, "Kom, nou kan jy my hard spyker!"

Sy sit op my en terwyl sy my in die oë kyk vat sy my en terg haarself deur net so in die opening te speel. Ek wens ek kan weet wat sy dink as ek probeer om dieper in haar in te gaan, maar sy kan ook nie langer wag nie. Sy sak stadig in my in en ek kan in haar oë sien sy is jags verby en dan die laaste entjie sak haar kop agteroor en ek vat een stokstywe nippel in my mond. Sy begin my stadig ry en ek vat haar heupe vas om te help om die spoed te versnel, maar sy hou terug en kyk my in die oë as ek verstaan om dinge stadiger te vat. Dan ontspan ek en sy sak heeltemal diep in … Sy snak na haar asem en ek voel hoe sy bewe van lekkerte terwyl sy heen en weer stoot. Ek voel hoe ek diep, diep binne-in die lekker plekkies bykom. Die uitdrukking op haar gesig en die sagte lekkerkry-gekerm is bevestiging hiervan, asook dat sy my paal ry asof daar nie weer so 'n geleentheid gaan wees nie en al in rondte draai.

Êrens tussenin tel ek haar op sonder om uit haar uit te gaan en dra haar by die een kamer in. Ons gaan aan asof daar geen ander wesens op aarde is nie, en ons probeer elke moontlike posisie en hoek om dit nog beter te maak. Orgasmes vloei een na die ander en op een stadium is sy op haar rug en ek bo-op en ek gee haar alles wat ek nog oor het. Haar bene is styf oor my rug geklem en ons is asof ons een is en ek is besig om met haar een bors te speel en die ander is in my mond met die klipharde nippels wat my teiken is. Sy begin al meer en meer styf trek en ek weet haar volgende orgasme is naby. Sy begin al harder en harder smeek en haar asemhaling is vreeslik vinnig terwyl ons lywe teen groot spoed teen mekaar vas stamp. Sweet loop soos 'n waterval van my af en dit veroorsaak dat die stampgeluide al harder raak en dan is dit sulke tyd! Ek voel hoe ek begin pols en dan skiet ek soos 'n vulkaan as sy begin kom en dit is net een blur soos ons saam ontplof!


Comments