Fact
27 May 2019


Ek het onlangs Kaap toe gevlieg vir werk. Nodeloos om te sê was ek nogal moeg na 'n week se vergaderings en kliente sien. Ek kon nie wag om terug te vlieg Jhb toe nie, net om weer in my eie omstandighede te wees en na normaal terug te keer.

Ek sit op die Kaapse lughawe en drink 'n bier terwyl die son sak en ek wag om te board. Ek kyk na al die mense wat heen en weer loop en wonder wat in elkeen se lewe aangaan. ek is nogal een van daai tipe ouens wat vir ure lank na mense kan kyk.

My tyd het toe aangebreek dat ek op die vliegtuig klim......

Ek het nie baie uitgesien na die vlieg nie want ek wou net by die huis kom.

Ek gaan neem toe my sitplek by die 'emergency exit', want kyk, ek is n lang ou en ek sit nie baie lekker in die gewone sitplekke nie. Net toe dit lyk of almal omtrent hulle sitplekke geneem het, sien ek dat die twee sitplekke langs my nog oop is, en vir 'n oomblik dink ek dat die tog 'n lekker vlug gaan wees, want nou kan ek ontspan en skuins draai........

Net toe ek gemaklik begin raak, kom daar 'n vrou van vooraf aangestap in my rigting. Ek kan my oë nie van haar afhou nie want sy is so striking met hoë wangbene, en reguit blonde hare met die sexyste oë....en die mooiste mond...

Sy loop tot by my en sê dat sy by die venster sit. Ek spring op soos dit 'n gentleman betaam en maak vir haar plek om verby my te skuif. Ek kom dadelik agter sy is baie moeg en sy gaan sit met haar kop teen die venster en haar hande gevou. Sy ruik so fokken lekker ek kry dadelik n piel styf. Dit is 'n parfuum wat ek nog nooit in my lewe geruik het nie....ek kan wel dink dat dit baie duur parfuum moet wees. Ek het self die middag na ek gestort het, van my beste reukwater opgespuit... Antonio Banderas se 'Dark Passion'.

Ek sien dat sy glad nie lus is om te gesels nie want sy staar net by die venster uit en maak so nou en dan haar oë toe.

Ek sit toe my earphones in luister maar musiek. Nadat die vliegtuig opgestyg het, moes ek aan die slaap geraak het want ek het wakker geword met my bene ietwat na haar toe gedraai en my kop het in haar rigting gekyk. Dadelik toe ek wakker word, blêr die musiek nog kliphard in my ore en met 'n skok kom ek agter dat ek nog heeltyd met 'n ereksie lê.

Ek merk op dat haar bene na my toe gedraai is, en haar knieg aan myne raak. Onthou daar is 'n stoel oop tussen ons. Haar kop is in my rigting gedraai agteroor met haar oë toe. Vir 'n oomblik lê ek tjoepstil en staar net na haar. Dit gaan onmiddelik deur my gedagtes dat as sy nou moet wakker word en sien ek staar, sy dalk sal dink ek is 'n freak. Haar parfuum oorweldig my gedagtes en ek maak weer my oë toe. Ek dink aan hoe lanklaas ek lekker jagse seks en aanraking gehad het en ek verbeel hoe ek haar in haar nek soen en haar ore saggies nibble. Die reuk van haar parfuum maak dit amper vir my 'n werklikheid.

Skielik voel ek dat sy wakker is en haar been effens wegskuif. Toe ek my oë oopmaak kyk ek direk in haar mooi oë in vas, in wat eintlik net 'n oomblik was, het gevoel soos minute. Ons draai gelyktydig weg en ek hoop nie dat sy dit awkward gevind het nie. Ek sal ook nie weet of sy my meneer dopgehou het terwyl ek geslaap het nie want ek het 'n sweetpakbroek gedra en dit was duidelik sigbaar. Ek moes seker geslaap het vir so uur.

Vir die res van die vlug, speel ek toe op my foon en my gedagtes is in haar broek....af en toe sien ek hoe sy kyk wat op my foon aangaan. Hulle sit ook die ligte af sodat jou oë aan die donker gewoond kan raak.

Anyways, ons land toe op OR Tambo so teen 20h30 en almal wag vir die deure om oop te gaan en af te klim.

Skielik tref dit my dat ek haar nooit weer gaan sien nie. Toe ons in die lughawe loop na die exit, sien ek haar so paar meter voor my loop met haar rugsak op haar rug. Sy het swart tights aan met gym tekkies en 'n hoodie. Sy het die mooiste bene en sexyste loop aan haar wat ek in 'n lang tyd gesien het. Ek loop bietjie vinniger om nader aan haar te kom en nog net een keer daardie parfuum te ruik wat my so katools maak. Sy kyk in my rigting en ons oë lock vir 'n laaste keer. Dis asof sy so skaam glimlaggie gee en my groet. So asof sy iets gesien het wat ek nie van weet nie......

Ek glimlag terug en daar spoel so warm gevoel oor my.

Omdat ek hou van flirt was dit vir my so lekker oomblik gewees, maar ek kan nie help om te dink of sy ook gedink het ek ruik lekker nie? Of dat sy ook na my gekyk het en gedink het wat ek gedink het?

EK het meer vrae as antwoorde maar ek sal haar nooit vergeet nie. Ek glo dis oomblikke van magic! My tipe oomblikke!

Jammer as julle dalk gedink het die storie gaan eindig met 'n blowjob, maar die oomblik wou ek graag met julle deel.

Ek sal daarvan hou om soortgelyke stories te hoor !!

Tags: adventure, arousal, blonde


Comments