BDSM
05 Apr 2019


(vervolg van Deel 2, gepubliseer op 8 Maart 2019)

Marie wonder of sy moet weier om te buk. Dis die eerste keer dat sy oor ‘n gemakstoel se rugleuning vir hom moet buk. En dit nogal in sy studeerkamer. Liewe aarde, ek wou net oor swieng praat en planne maak daarvoor – en kyk wat gebeur nou! dink sy. Maar Pieter het ferm geklink - liewer nie teëstribbel nie! Hy kan hom dalk vervies en dan is die hele swiengding van die baan. Hy was ‘n paar oomblikke gelede tog so positief ingestel met hul gesamentlike beplanning.

Sy wil nog omkyk, maar Pieter het haar nou stewig aan die nek gevat. Hy druk haar kop omlaag. Haar heupe druk teen die rugleuning van die stoel aan. Sy moet op haar tone staan sodat haar lyf nie ongemaklik op die rugleuning druk nie. Haar hande het afgesak en rus op die sagte bruin leer van die sitplekkussing. Die steil ligbruin hare van haar pixie-haarstyl het by haar ore verby geval en hang voor haar oë. Sy kan net-net deur die spleet van die haarskeiding voor haar gesig, aangehelp deur die paadjie aan die linkerkant van haar kop, die bruin vloermat voor haar sien. Sy’s pynlik bewus daarvan dat haar boude nou die hoogste deel van haar lyf is. Sy wonder of Pieter, daar waar hy staan, die toneel geniet.

Marie se ligpienk rompie span styf oor haar geronde agterstel. “Wat gaan jy nou met my doen,” vra sy benoud.

“Toemaar, jy sal sien.”

Dan voel sy hoe haar man haar rompie agter aan die soom vat. Sy voel hoe hy die agterpant oplig en met sy ander hand aan die sykante die romp hoër en hoër oor haar dye help. Hy trek dit ver op sodat sy voel haar boude, behalwe vir die wit broekie wat sy aan het, is volledig ontbloot. Pieter vou die agterpant vorentoe en frommel dit bymekaar oor haar onderrug. Dan voel sy hoe sy dik vingers onder die middellyf-rek van haar broekie ingly. Hy beweeg hulle van kant tot kant – so asof hy die sterkte van die rek toets. Marie byt op haar onderlip toe sy skielik besef Pieter moet die gaatjie net regs van haar boudespleet in die wit broekie kan sien. En dit was ook so.

“En hierdie gaatjie?” kom dit van hom. Sy skaam haar morsdood. Dis 'n werksbroekie van haar en sy het net nog nie daarby uitgekom om die gaatjie heel te maak nie. Pieter is tog so trots op haar weens haar netheid en ook haar naaldwerkvaardighede. En nou dit!

“Dis ‘n uitsondering, ek wou dit nog hierdie week reggemaak het,” maak sy onoortuigend en mompelend verskoning. Die spoeg wil-wil by haar mond uitloop en sy sluk swaar om dit weg te kry.

“Weet jy dat dit strafbaar is?” kom dit van hom. Sy neem haar voor sy gaan niks meer sê nie – sy kan haarself net verder in die moeilikheid in praat.

Sy voel Pieter vroetel waar die gaatjie sit. Hy het wragtag ‘n vinger deur daardie gaatjie! kom sy met ‘n skok agter. Sy voel hoe sy vinger die broekie aan die gaatjie begin rem en op en af in haar boudespleet begin beweeg. Hy streel haar regterbinnewang deur die gaatjie.

Marie voel hoe Pieter sy vinger meteens uit die gaatjie onttrek. Dan voel sy hoe sy vingers weer onder haar broekie se bo-rek inhaak. Sy voel hoe sy groot hande die broekie aan sy rek geleidelik begin aftrek. Hy doen dit met grasie, so asof die rek moontlik sou kon breek. Geleidelik werk hy die rek na die onderkant van haar boude. Sy voel hoe een van sy gekromde vingers se skerp nael kontak maak met die gevoelige diep vlakke van die binnewange van haar boude. Die broekie se rek begin styf span oor die wyd bultende middeldeel van haar breë, ronde boude. Sy wens hy wil die broek sommer in een haal na onder trek. Sy kan voel Pieter se vingers, steeds stadig in haar boudegleuf na onder skuiwend, vermy versigtig haar ballonknopie. Wat na ‘n ewigheid voel is die pêntie uiteindelik om haar knieë, die posisie wat Pieter in die verlede gesê het die paslikste is. Met haar voete wat hy beveel het skouerwydte uit mekaar moet wees, span die pêntie se rek amper tot breekpunt. Marie voel hoe hy haar nou volledig ontblote boude van bo na onder en van links na regs met sy groot hande streel. Dis maar net voorbereiding vir die houe, weet sy. Die volgende oomblik is Pieter se bekende dik middelvinger tussen haar nat lippies in. Hy soek haar opening. Sy voel hoe die vinger daar inglip. ‘n Paar keer gly dit in en uit. Dan voel sy hoe die vinger haar verlaat.

Sy hoor hoe Pieter sy belt losmaak. Hel, wat beteken dit? wonder sy. Sy hoor aan die rinkeling van die gespe hoe sy sportbroek, seker saam met sy onderbroek, vloer toe val. Dan sien sy skuinsweg oor haar skouer hoe Pieter uit sy broekgoed trap, links beweeg en effens dwars draai. Sy kyk gou weer vorentoe, voordat sy vir oulaas weer agtertoe loer – net betyds om te sien hoe die kop van sy omhoog gaande penis bo die rand van die leunstoel se rugleuning begin uitloer. Die frenulêre driehoekie onderaan sy formidabele kop staan soos haar RAV se gevaardriehoek, duidelik waarskuwend. Ga, dink sy, dis ironies, jy druk my kop omlaag en joune gaan omhoog. Sy wil eers sinies daaroor skimp, maar bedwing haar. Netnou kry ek die pak van my lewe, dink sy.

Weer loerend na agter sien sy Pieter het verder na links beweeg. Die blou T-hemp wat hy aan het se onderrand lê gefrommel in die mik wat sy orent vool met sy onderlyf maak. Sy voel Pieter se hande streel weer oor haar kaal boude. Is hulle nog vir jou mooi en sexy? wonder sy.

“Is jy besig om na my vetkuiltjies se kyk?” wil sy parmantig weet.

“Kyk hier vroumens, ek het nou net mooi genoeg van al jou vrae vandag gehad. Dis tyd dat jy gedissiplineer word.” ‘n Brandende hou van Pieter se groot oop hand kom met ‘n wye swaai op haar linkerboud neer terwyl hy vorentoe leun. Hy leun natuurlik oor sodat hy nie sy pronkende piel raakslaan nie, dink sy half spottend. “Toe, voete verder uit mekaar. Ek wil daai pienk tekkies van jou skouerwydte hê,” beveel hy haar. Sy gehoorsaam, die rek van haar broekie om haar knieë tot breekpunt gespan. En toe weer: kaplaks - hierdie keer op die regterboud. Dit brand soos vuur. “Dit was nommer twee. Tel jy hulle nou verder – hardop,” gebied hy haar.

“Drie,” laat sy haar stemmetjie hoor – kreunend. “Vier,” rond sy die volgende harde wikshou weer seremonieel af. Al verweer wat sy het, is dat haar hande die sagte bruin leerbekleedsel van die stoel stewiger kan vasvat. Sy weet daar is geen uitkomkans as hy sy visier op haar boude ingestel het nie. Sy is honderd persent seker rooi vinger-striemhale ‘versier’ – soos Pieter dit al uitgedruk het – op hierdie oomblik haar agterwerk. En toe die volgende twee houe val weet sy dit gaan weldra nie meer net vingerstreep-versiering wees nie. ‘n Egalige rooi lyk altyd so goed afgerond, het Pieter al by geleentheid gesê.

“So dit was ses,” sê Pieter gou, asof sy nie gou genoeg die telling bekend maak nie. “En vir die swak versorging van jou onderklere, kry jy op die koop toe nog twee.” Marie kerm en kreun toe die houe in vinnige opeenvolging op haar agterstewe neerkom, een op elke boud. “Sewe,” en “agt,” kom dit nou onverwyld van Marie na elke harde slag, bang dat ‘n trae aankondiging van die telling kan lei tot verdere korrektiewe stappe. Dêmmit, hierdie twee was die seerste van die lot!

“So dit was die kersie op die koek,” kom dit veelseggend van Pieter. Marie sien sy orgaan maak ‘n opwaartse stuiptrekking toe hy dit sê. Die druppel wat aan die punt gevorm het skud amper af in die proses.

Sy kom agter hy skuif weer agter haar in. “Is dit nou klaar, kan ek nou regop kom?” wil sy weet.

“Nee is ons is nog lank nie klaar nie,” kom dit ernstig van hom. “Onthou jy my vinger van netnou – hierdie een?” Sy voel hoe hy die graad van haar natheid in haar vagina met sy vinger peil. “Wel, ek het ‘n substituut vir hierdie vinger.” Sy hoor ‘n sjloep-geluid toe hy die vinger uit haar uittrek. Dan voel sy sy penis, sy stywe piel! Dis ‘n kwessie van sekondes voordat sy dit teen haar poesie se opening voel beur. Pieter gaan stadig te werk. Dis asof hy sy eikel teen die opening hou om dit goed deur haar sappe te laat smeer. Asof dit nodig is om ‘n ruimer vogtige omgewing te skep, voel sy hoe hy dit op en af tussen haar lippies beweeg. Die inbeurslag maak dit absoluut duidelik dat iets van veel groter omvang as sy vinger nou betrokke is. Sy kreun kortaf met die volledige inbed van sy orgaan in haar.

Pieter begin haar met passie te stoot. Sy weet nie wat met haar gebeur het nie. Hierdie soort van ding het nog nooit in sy studeerkamer plaasgevind nie. Die vorige kere wat sy geraps is, was in die slaapkamer. En as hy met die plathand-loesery klaar was het hy haar op die bed neergelê en missionêr bygekom, die posisie wat hy sê vir hom die mees besitlike een is. Hierdie is die eerste keer wat hy haar in ‘n staande posisie naai, en dit nogal met haar in ‘n hande-viervoet-posisie. Maar kla daaroor sal sy beslis nie – nie nou nie!

Haar boude het al afgekoel van die striemhale toe die koppelgenot haar oë wasig laat word. Sy kan die titels van die boeke op die rak sentimeters voor haar gesig glad nie meer lees nie. Haar maag begin ruk en sy begin saamtrek. Sy voel hoe Pieter met groter drif in en uit beweeg. Al wat sy hoor is die sjloep-sjloep-geluide van sy bewegende instrument, uiteindelik gevolg deur die geklap-klap van sy heupe teen haar boude. Sy vingers rem hard aan haar heupholtes. Sy kan haar pienk tekkies nie meer skouerwydte uit mekaar hou nie. Haar knieë beweeg knakkend na mekaar en sy voel hoe die broekie afgly tot op haar voete. Haar eie genot kulmineer in ‘n hees, amper sugtende kreun. Dis ‘n kwessie van oomblikke toe sy hoor sy orgasme breek ook oor hom – met ‘n diep kreun soos sy lanklaas uit sy mond gehoor het.

Marie kom regop toe sy voel Pieter het uitgetrek. Sy draai om, haar regterarm gaan om sy nek. Sy soen hom passievol terwyl haar linkerhand sy byna nog volledig stywe vool styf vasvat. “Wat ‘n loesing . . . en ‘n naai!” is al wat sy uitkry toe sy haar mond wegtrek. Pieter sit sy vinger op haar mond, asof hy wil sê sy moenie so praat nie.

Marie trek haar rompie reg, tel haar broekie op en steek hom voor by haar bra in. Dis ‘n kwessie van minute voordat Pieter ook weer ten volle geklee is. Hy stap na sy rekenaar en sluit dit af. Hy vat Marie aan die hand, stap na die deur en sluit dit oop. Albei kyk, soos honde wat vet gesteel het, links en regs of die seuns nie al terug is nie. Hulle stap kombuis toe om iets te drinke te kry.

“As Adri en Deon nie teen volgende Saterdag gebel het nie, weet ek nie so mooi nie,” sê Marie oor die koppie koffie.

“Toemaar, hoe langer hulle vat, hoe meer reg is ons vir hulle,” se Pieter kordaat.

Marie wonder wat hy bedoel.

(word vervolg)